antwoorde gegee
Om die spatare en are op jou bene te verbloem, smeer concealer daarop.
Elize Visagie, Florida
Vir oliemerke op sement, gooi koeksoda op en daarna witasyn. Los vir ’n rukkie en was af met warm water.
Rachel Adams, Atlantis
Om honde van jou grasperk af te hou, sprinkel weekliks cayenne pepper daaroor. Herhaal wanneer dit gereën het.
Leanda Meyer, George
Om geelvlekke van kledingstukke te verwyder, maak ’n pasta van suurlemoensap en sout en smeer dit aan die vlek. Hang dit in die son om te droog te word. Was
daarna soos gewoonweg. Nanie van der Merwe, Uitenhage
As jou wenkbroue dun of min is, smeer olyfolie aan om dit dikker te maak.
Aulbany Dyers, Somerset-Wes
Smeer ’n bietjie pine gel op hardnekkige vetkolle op klere. Hou dit vir vyf minute aan en was dan in die wasmasjien soos gewoonlik. Dit werk op omtrent enige vlek. Suzette Lakay, Wellington
Om kougom op klere te verwyder, kook asyn en gooi dit op die kougom. Vee dit dan af met ’n skoon borsel. Die kougom behoort dadelik af te kom.
Regina Hoofd, Grabouw