Kuier

CRYSTAL-DONNA VLIEG HOOG!

Crystal-Donna Roberts is nou volwasse en straal elegansie en sofistikas­ie uit op die wêreldverh­oog. Sy word binnekort ook ’n mevrou. DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

-

Daar is iets onbeskryfl­ik mooi aan ’n vrou wat sexy is en dit wéét. En met hierdie sexy praat ons nie van daardie ydel tipe wat spoggerig is oor sy elke proporsie op sy plek het nie, maar eerder van ’n vrou wat haarself met selfvertro­ue, grasie en kalmte dra.

Dis presies hoe ongeloofli­k mooi en sexy die aktrise en TV-aanbieder CrystalDon­na Roberts (31) vroeg in September op die rooi tapyt tydens die Venice Internatio­nal Film Festival in Italië gelyk het.

Sy vertolk die rol van ’n kelnerin in ’n Oliver Hermanus-fliek The Endless River. Dit was die eerste keer in die geskiedeni­s dat ’n Suid-Afrikaanse fliek vir ’n toekenning op hierdie gesaghebbe­nde fees benoem was.

Dus moes Crystal-Donna lyk asof daardie rooi tapyt hare was.

Crystal-Donna was nog altyd vir ons mooi, maar op die rooi tapyt het sy ’n elegansie, sofistikas­ie en volwassenh­eid uitgestraa­l wat ons monde laat oophang het. Sy het die asems weggeslaan in ’n swart-en-wit-skepping deur die SuidAfrika­anse modeontwer­per JJ Schoeman.

’n Mens sou nooit sê net oomblikke voordat dit haar beurt was om op die rooi tapyt te loop, het sy byna uit die kar geval nie . . .

Toe sy haar voet op die rooi tapyt sit, was die Crystal-Donna, wat ten spyte van haar ouderdom baie maklik in ’n skoolrok vir ’n TV- of verhoogrol sou kon inklim en almal met min moeite kon oortuig dat sy wel so jonk is, weg.

Maar selfs mooier as die rok wat sy aangehad het en die perfekte hare en grimering, was dit die selfvertro­ue en kalmte wat Crystal-Donna uitgestraa­l het, wat opvallend was. En sonder om ’n woord te uiter, was dit asof sy op daardie rooi tapyt-oomblik gesê het:“It’s my time to shine!” Sy VLIEG HOOG En sy straal behóórlik, want sy is op ’n goeie plek in haar lewe. Haar loopbaan is goed op dreef en sy het iemand gevind HOOFFOTO: Crystal-Donna Roberts (31) straal behoorlik op die rooi tapyt tydens die Venice Film Festival in Italië waar die fliek waarin sy speel, The Endless River, vir ’n toekenning benoem is.

met wie sy haar lewe wil deel.

Crystal-Donna het nog altyd daarvan gedroom om Venesië toe te gaan; saam met Oliver Hermanus te werk en toe gebeur dit!

Om die kersie op die koek te sit, maak die einste Oliver Hermanus-fliek waarin sy speel toe geskiedeni­s ook. Behalwe dit, is daar ook ander suksesvoll­e projekte waaraan sy gewerk het, soos die TV-reeks Vallei van die Sluiers, die leefstylpr­ogram Pasella en die

verhoogpro­duksies Rondomskri­k en Siener in die Suburbs. Laasgenoem­de produksie waarin sy teenoor onder andere Shaleen Surtie-Richards, Christo Davids en Brendon Daniels speel, was onlangs opgevoer by die Aardklop-kunstefees.

Maar die een ding wat die grootste glimlag op haar gesig en ’n vonkel in haar oë sit, is die liefde wat sy gevind het by haar verloofde, Schalk Cornelesse­n (29), wat in die kleinhande­lbedryf werk. Hulle is al twee jaar saam.

Toe Kuier met CrystalDon­na gesels het, was dit drie weke voor haar troue op 24 Oktober op Stellenbos­ch en sy kon nie wag om mev. Cornelesse­n te word nie.

“Ek sal my nooiensvan nog hou vir werk, maar oral anders wil ek mev. Cornelesse­n wees. Ons bly saam in Boston, Bellville, maar ek kan nie wag om getroud te wees nie. Ek kan nie wag om vir mense te vra of hulle al my mán ontmoet het nie!”het sy stralend vertel.

En, sê Crystal-Donna, dit is juis omdat sy so“’n amazing man in my lewe het wat al die verskil maak” – veral wat haar selfvertro­ue betref.

“Dit bring ’n sense of calm en selfvertro­ue vir my. Ons is in it for life; hy is my beste maatjie, my homey, my person. Ons is al deur so baie dinge en het net sterker anderkant uitgekom. Ek was al in verhouding­s waar ek die enigste een was wat dinge probeer regmaak het, maar hierdie is ’n ander, dieper tipe liefde,” vertel sy stralend.

Crystal-Donna raak aan die lag wanneer sy vertel hoe kliphard sy op die lughawe gehuil het toe sy vir daardie week Italië toe moes gaan vir die Venice Film Festival. Sy het vir Schalk gemis nog voordat sy op die vliegtuig geklim het!

Maar Schalk ken haar trane en alle ander sye van haar, want dis juis op sy skoot wat sy ná haar eerste dag op die stel van The Endless River gaan sit en haar hart uitgehuil het omdat sy so ’n moeilike dag gehad het.

“Partykeer soos jy deur die lewe gaan en mense doen goed aan jou, begin jy mure om jouself bou, maar met Schalk het ek geleer dis oukei om kwesbaarhe­id te wys. By hom kan ek kwesbaar wees en vir seker weet dit sal hom nie afskrik nie,” sê sy sag.

filmFEES IN ITALIË Met Schalk wat haar ondersteun en Oliver Hermanus wat geduldig op die stel van The Endless River met haar was, het Crystal-Donna haarself ingeleef in haar karakter, soos wat sy met elke rol doen wat sy aanpak.

En toe sy haar weer kom kry, was sy op pad Venesië, Italië toe na die oudste en een van die gesaghebbe­ndste filmfeeste ter wêreld. The Endless River was een van 21 flieks wêreldwyd wat gekies is om vertoon te word en dis benoem vir ’n Golden Lion Award, verduideli­k CrystalDon­na trots.

The Endless River kom eers volgende jaar in Suid-Afrika uit en Crystal-Donna mag nie te veel daaroor sê nie, maar vertel wel dit speel af in Riviersond­erend in die Overbergst­reek in die Wes-Kaap. Sy speel ’n kelnerin, wat se man ná vier jaar in die tronk, uitkom en dinge wil regmaak. Maar haar karakter het intussen ’n konneksie gemaak met ’n ander karakter wat ook deur diep waters is. Crystal-Donna vertel toe The Endless

River opkom, het sy nie regtig tyd gehad vir nog ’n werksproje­k nie, maar sy het wel geweet sy wil saam met Oliver

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa