Kuier

Hallo Kuiermense

-

Die nuwe jaar is hier en ek kan nie wag om te sien wat 2016 alles vir ons gaan bring nie. As dit egter net ’n bietjie soos verlede jaar is, kan ek sommer baie verrassing­s voorspel!

Maar niemand weet regtig wat vir ons voorlê nie, al waarvoor ons kan hoop is die krag en genade om dit deur al die hoogteen laagtepunt­e te maak. Een ding waarop jy wel hierdie jaar kan staatmaak, is dat jou gunsteling-tydskrif steeds elke tweede week propvol interessan­te leesstof sal wees om jou te inspireer.

Ons wil dinge sommer op die regte noot afskop met ons nuwe rubriek, My getuienis, waarin ons lesers die geleenthei­d gee om in hul eie woorde te vertel hoe God in hul lewe ingegryp het. Ons hoop hierdie stories bring hoop en vertroosti­ng aan diegene wat dit die nodigste het en moedig ons lesers aan om hul verhale te deel en op dié manier dalk die boodskap kan bring aan iemand anders wat moed verloor het.

Hierdie uitgawe skiet glad nie tekort aan inspireren­de booskappe nie. Bianca Botha (bladsy 16) se storie wys dat geen situasie ooit te desperaat is om uit te ontsnap nie terwyl William Smith en Jody Clarke ons weer leer hoeveel jy kan regkry met ’n positiewe ingesteldh­eid.

Soos gewoonlik met ons eerste uitgawe van die jaar het ons hope raad vir ouers en kinders wat terugkeer skool toe. Ook ons beeldskone voorbladge­sig, Mej. SuidAfrika Liesl Laurie, vertel ’n inspireren­de verhaal van hoe sy destyds skoolboeli­es moes oorkom en haar selfbeeld moes herbou om bo uit te kom. Sy het uiteindeli­k die boelies verkeerd en haarself reg bewys en wil vandag hierdie positiewe boodskap aan ander jong meisies oordra. Kom ons maak ook ’n punt daarvan om positiwite­it oor ons kinders uit te spreek!

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa