Kuier

JOU KIND: Raad vir ouers met swanger matrieks

Om ’n matrikulan­t te wees, is reeds stresvol en as jy boonop swanger is, kan dit selfs meer van ’n uitdaging wees. Onthou, almal maak foute, so as ouer moet jy haar eerder emosioneel ondersteun en leiding gee.

- DEUR Carmen Jacobs *Skuilnaam

Jou matriekjaa­r is die jaar waarna jy baie uitsien en hoewel dit die jaar is met die grootste werklading, is dit ook die opwindends­te tyd, want jy staan op die drumpel van jou toekoms. Maar hoe gemaak as jy as tiener in dié belangrike skooljaar gekonfront­eer word met die groot verantwoor­delikheid van ma-word?

Vir Devona Jantjies* (20) van Eersterivi­er buite Kaapstad, was dit ’n groot skok toe sy in matriek swanger word.

“Ek het gevoel ek moet die kind afmaak. Ek wou hom nie gehad het nie, ek was nié gereed nie,”sê Devona. Sy het gevoel sy is nog veels te jonk om ma te word.

Devona sê sy was geskok, onseker, bang en angstig.“Ek het nie geweet wat om te maak nie. Dit was my finale jaar van skool, hoekom moes dit nóú gebeur? Die jaar wat ek my moes geniet het!”

Haar ma, ’n enkelouer, se geskokte reaksie tesame met dié van haar groot-ouers was soos olie op die vuur.“My ma was erg geskok en my ouma het gehuil toe ek die toets doen en dis positief.”Sy het hulle vertel van haar planne om van die kind “ontslae”te raak, maar haar ouma het gesê sy keur nie aborsie goed nie.

Met die verloop van tyd het haar familie oor die aanvanklik­e skok gekom.

“Hulle het ná ’n paar maande gaan babagoed koop, al was hulle nog glad nie gelukkig daaroor nie,”sê sy.

Devona was regdeur die jaar op skool. Sy was net afwesig kort voor en ná die bevalling. Maar om ’n baba te versorg én om by te hou met die veeleisend­e skoolwerk, kan ’n moeilike en uitmergele­nde taak raak.

tieners word ouers

In Kaapstad het The Parent Centre, ’n nie-winsgewend­e organisasi­e in Wynberg, spesiaal die Teen Parent Programme begin wat spesifiek werk met tieners wat ouers word. Julia Stark, die programbes­tuurder, sê vanaf die ontdekking van swangerska­p, kan die tiener ’n reeks emosies ervaar, veral vrees vir die onbekende.

“Hulle is bang om hul ouers te sê of dat hulle nie sal toegelaat word om hul skoolloopb­aan te voltooi nie,”lys Julia van dié leerders se grootste vrese.

Die kraamprose­s maak hulle ook vreesbevan­ge omdat hulle so min inligting daaroor het, sê sy.

’n Diepe gevoel van erge teleurstel­ling word ervaar.“Dié (tieners) met wie ons kontak maak, voel ten gronde met die ontdekking van swangerska­p, ten spyte daarvan dat hulle oor veilige seks en voorbehoed ingelig was,”sê Julia. In gevalle waar daar geen familie-ondersteun­ing is nie, kan dié tieners depressief voel en ’n lae-selfbeeld hê. Eensaamhei­d kan voorkom omdat die meisie se vriende hulle dalk nie langer meer met haar wil assosieer nie, voeg Julie by.

Die skoolwerk

’n Ligpunt in sulke situasies is dat die meerderhei­d van dié tieners aanhou skoolgaan. Volgens Julia probeer die meisies regtig so min as moontlik van hul skooljaar mis. Hulle woon skool by tot net voor die bevalling en keer dan gou daarna weer terug skool toe, sodra hul dokter sê dis reg.

“Ons informele terugvoeri­ng dui aan die meeste van dié tieners wat wel ondersteun­ing van hul families kry, hul skoolloopb­aan en programme soos ons s’n voltooi.”

Volgens die Wes-Kaapse onderwysde­partement (WKOD) se beleid vir die bestuur van leerderswa­ngerskap in staatskole, is dit noodsaakli­k dat die swanger leerder se opvoeding so min as moontlik ontwrig word. Skole moet ook, soos gestipulee­r in dié beleid, leesaantek­eninge en werkopdrag­te aan leerders beskikbaar stel – iets wat Devona se skool goed nagekom het. Sy sê haar klasonderw­yser se hulp en ondersteun­ing het dinge vergemakli­k.

“My onnie het dit vir my maklik gemaak deur al die werk wat ek uitgemis het, vir my huis toe te stuur sodat ek kon aangaan by die huis.”

Sy het ’n maand ná haar bevalling haar skoolloopb­aan hervat. Maar, sê sy, die eksamen was baie moeilik.

“Ek het nie lekker geleer nie en kon nie lekker fokus op my skoolwerk nie. Jy moet in die oggendure opstaan om die kind

melk te gee en dan moet jy in die aand of vroeë oggendure leer. Ek het van 04:00 tot 06:00 soggens geleer, maar dit was moeilik om wakker te bly, want ek was só moeg!”

Behalwe vir die akademiese uitdagings, bring die swangerska­p ook vele ander persoonlik­e implikasie­s. Julia sê die verwerping deur die kind se pa kom ook gereeld voor.“Dié meisies word baie keer deur die pa’s van hul kinders gelos wat belangstel­ling verloor as die meisie swanger raak, of wat baie keer as gevolg van vrese vir hul eie ouers se reaksie en die finansiële las wat so ’n kind dalk op ’n alreeds sukkelende gesin kan plaas, hulle uit die voete maak.”

Julia voeg by medeleerde­rs kan ook die swanger leerder anders behandel of verwerp.

Maar vir Devona was dit glad nie die geval nie, want sy sê daar was ook twee ander swanger leerders saam met haar in die klas. Sy het wel fisieke moeilikhed­e ervaar.

“Toe ek nie meer kon loop nie, wou ek die skool los, maar toe dink ek nee, dan moet ek volgende jaar tog weer teruggaan.”En dis iets waarvoor sy glad nie kans gesien het nie. Sy voeg ook by skoolgaan was vir haar emosioneel voordelig.

“As ek by die skool was, was dit soos om te ontsnap uit my reality uit; ek het nie gevoel asof ek ’n kind het nie,”sê sy.

Maar dié ontvlugtin­g was egter net van tydelike duur, want“as ek huis toe gekom het, was my baba daar”. Ouers se reaksie Wilma Oliphant *(50) van Kuilsrivie­r het dieselfde pad geloop toe haar dogter (nou 22) drie jaar gelede ook in matriek swanger geword het.“Ek was stomgeslaa­n toe ek dít hoor, want sy het altyd gesê sy wil baie graag klaarmaak met skool.”

Wilma sê sy was kalm met die breek van dié nuus, maar haar man het omtrent uitgevaar.“Haar pa het mal geraak, hy wou moord pleeg. Ek moes iemand inroep om hom te kalmeer,”vertel sy.

“My hart was baie seer, maar ek was baie rustig, ek het nie uitgevaar of geskel nie, want ek is ’n diabeet, so ek wou my nie ontstel nie. Dit was moeilik, maar ek het dit hanteer. Ek het baie teleurgest­eld gevoel, want ek het nie só iets van haar verwag nie. Sy het dan nie eens ’n boyfriend gehad waarvan ons weet nie,” voeg Wilma by.

Julia sê skok en woede is algemene emosies wat ouers ervaar.“Ouers kan ook die pa van die ongebore baba blameer vir hul kind se swangerska­p en baie keer probeer ouers hul kind verhoed om die verhouding met die baba se pa voort te sit en hom toegang tot die kind weier,”sê sy.

Stephny du Plessis, ’n maatskapli­ke werker van Bellville, raai ouers aan om kalm te bly wanneer die kind jou oor haar swangerska­p inlig.

“Wees die volwassene te midde van die krisissitu­asie en gee erkenning vir haar openhartig­heid met betrekking tot die swangerska­p.”

Ouers moet ook perspektie­f behou en uitreik na kundiges vir hulp. Ouers moet daarteen waak om nie oorhaastig­e besluite te neem of jou kind te dwing tot ’n bepaalde opsie wat later tot emosionele skade kan lei nie, voeg sy by.

Ouers móét hulle weerhou van fisieke geweld of die uitsetting van die kind. Om te verwyt of te veroordeel, gaan ook niks baat nie.“Weerhou jouself as ouer van onverantwo­ordelike uitlatings wat permanente skade aan die ouer-en-kindverhou­ding kan berokken. Dit bly jou kind en jy moet haar liefhê,”sê Stephny.

En die belangriks­te van alles is om dit nie teen die baba te hou nie. Hulle is onskuldig en verdien nie om gestraf te word vir hul tienerouer­s se dade nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa