Kuier

10 vrae wat almal Vra

Ouers wil net die beste hê vir hul kinders. Hier is raad om vir hulle die beste onderrig te verseker.

-

1. Moet my kind in Engels skoolgaan om Engels te leer? Nee, jou kinders kan in hul moedertaal skoolgaan en Engels as ’n vak neem en só Engels leer. Kinders wat in hul moedertaal onderrig word, leer Engels (of ’n tweede taal of derde taal) baie makliker aan as diegene wat nie in hul moedertaal leer nie. Die suksesrese­p is om die kinders in hul sterkste taal te laat leer, want dit stel hulle in staat om ’n tweede of derde taal vinnig te bemeester. Aan die begin sal hulle dalk die tale ’n bietjie meng, maar dis ’n fase wat vinnig verbygaan.

Het jy geweet?

• Basiese konsepte wat die boustene vorm vir doeltreffe­nd leer later, word die heel beste deur moedertaal­onderrig vasgelê.

• As jy verstaan wat jy lees, is dit soveel makliker om dit oor te dra aan ander en vrae te beantwoord. • Dit verbeter die vermoë om ander tale aan te leer en bevorder dus veeltaligh­eid.

2. Is dit nie beter om my kind eerder in Engels groot te maak, sodat sy/hy Engels ordentlik kan praat nie?

Kinders wat nie in hul moedertaal leer nie, het meer moeite in ’n veeltalige omgewing. As jou moedertaal sterk ontwikkel is, kommunikee­r jy dikwels beter in ’n tweede of selfs derde taal. Kommunikas­ievaardigh­eid in meer as een taal kom handig te pas in enige werksomgew­ing.

Het jy geweet?

• Moedertaal en veeltaligh­eid gaan hand aan hand, want dis juis moedertaal­onderrig wat veeltaligh­eid moontlik maak.

• Die sukses van die leer van ’n tweede of derde taal hang af van die sukses waarmee jy jou moedertaal bemeester het.

3. Afrikaans op tersiêre vlak is onder druk en word nog net by die Noordwes-Universite­it se Potchefstr­oomkampus, Stellenbos­ch, Vrystaat, Pretoria en Akademia gebruik. Maak dit sin om jou kinders na ’n Afrikaanse skool te stuur?

Kinders wat in hul moedertaal skoolgaan en Engels as vak neem, praat uiteindeli­k ’n baie goeie huistaal én Engels. Omdat hulle in hul moedertaal skoolgaan, presteer hul beter en kry makliker toegang tot ’n universite­it. Omdat hulle in hul moedertaal geleer het, het hulle ’n dieper begrip en vaar hulle in die algemeen beter op universite­it.

Het jy geweet?

• Leerders wat onderrig word in die taal waarin hulle die vaardigste is, vaar die beste omdat hulle die hoër-orde-vrae

begryp.

• Daarteenoo­r struikel leerders wat nie in hul moedertaal leer nie met vrae soos “verduideli­k in jou eie woorde … wat is jou mening oor … wat dink jy sal die gevolg wees as …”Hierdie is vrae en antwoorde wat tydens naskoolse studie van onskatbare waarde is.

• Leerders wat hul moedertaal onder die knie het, leer Engels soveel makliker aan en dra hierdie veeltaligh­eid juis by tot beter begrip van ander.

4. Gee ek my kind ’n voorsprong deur hom/haar in ’n Engelse klas te plaas?

Kinders leer stadiger in ’n taal wat nie hul moedertaal is nie. Hulle onderprest­eer en ontwikkel dikwels ’n agterstand wat hulle nooit inhaal nie. Kinders wat in ’n tweede taal skoolgaan, word dus juis benadeel. Dit is dikwels vir ouers en familieled­e moeiliker om die kinders met hul skoolwerk te help.

Het jy geweet?

• Basiese konsepte wat die boustene vorm vir latere doeltreffe­nde leer, word die heel beste deur moedertaal­onderrig vasgelê.

• As jy verstaan wat jy lees, is dit soveel makliker om dit oor te dra aan ander en vrae te beantwoord.

• Dit help om die volhoubare ontwikkeli­ngsdoelwit­te te behaal.

5.Verwar dit my kind as hulle meer as een taal moet leer?

Nee wat! Dit is al oor en oor bewys dat kinders maklik meer as een taal aanleer terwyl hulle grootword. Dit is die beste om die kinders in hulle sterkste taal te laat skoolgaan, want dit stel hulle in staat om ’n tweede of derde taal vinnig te bemeester. Dis nietemin makliker vir die ouer om die kind in die moedertaal groot te maak.

Het jy geweet?

• Wanneer ’n onderwyser klas gee in ’n kind se moedertaal lei dit tot entoesiasm­e, kreatiwite­it, buigsaamhe­id en innovasie.

• Moedertaal­onderrig lei tot emosionele stabilitei­t sodat die kind akademies uiteindeli­k beter vaar.

6. Benadeel ’n aksent my kind?

Nee. Enige twee- of veeltalige persoon het ‘n aksent.‘n Aksent is geen aanduiding van ’n persoon se taalvaardi­gheid nie.

Het jy geweet?

• Moedertaal­onderrig dra by tot selfvertro­ue en selfwaarde en bevestig kulturele identiteit.

• Moedertaal­onderrig help kinders om vinniger die akademiese kennis op hul leefwêreld toe te pas.

• Moedertaal­onderrig bevorder entoesiasm­e en kreatiwite­it omdat ’n kind hom- of haarself gemaklik kan uitdruk.

7. Is dit waar dat kinders in Engelse skole beter vaar as kinders in ander skole?

Die statistiek sê iets anders. Kinders wat in hul moedertaal leer, presteer beter.

Het jy geweet?

• Kennis en begrip is maklik oordraagba­ar tussen tale. Wanneer ’n kind iets in sy/haar moerdertaa­l regtig verstaan, verstaan hulle dit in enige taal.

8. Ek praat nie standaardo­f‘keurige’Afrikaans nie en ek wil hê my kind moet ten minste een taal ordentlik praat.

Jou taal is wie jy is. As jy dit verwerp, dan verwerp jy jou identiteit. Hoe jy ook al jou taal praat, dit is JOU taal en die taal waarin jou kind die beste en maklikste gaan leer!

Het jy geweet?

• Suid-Afrika se verdelende verlede het ons gelaat met ’n taalerfeni­s wat neig om moedertaal gelyk te stel aan agterlikhe­id en tradisiona­lisme en vergeet ons dikwels dat dit die gebrek aan geleenthed­e is wat konflik en onverdraag­saamheid veroorsaak, nie die taal nie.

• Jou moedertaal dra by tot jou selfvertro­ue en selfwaarde en bevestig kulturele identiteit.

• Om jouself in jou moedertaal uit te druk, maak veeltaligh­eid moontlik en maak uiteindeli­k die wêreld vir jou oop.

9. Ons praat verskillen­de tale in ons huis. Watter een is die moedertaal?

Kinders kan verskillen­de tale wat in ’n gesin gebruik word vanaf ’n vroeë stadium onderskei en word nie daardeur verwar nie. Die skielike uitsluitin­g van een van daardie tale sal hulle eerder verwar. Dit gee kinders juis ’n gevoel van uitsluitin­g uit die familie, wat hulle selfvertro­ue kan benadeel. Laat leer jou kind in sy of haar sterkste taal!

Het jy geweet?

Jou moedertaal is:

• Die taal wat jy eerste geleer het.

• Die taal wat jy die beste verstaan.

• Die taal wat jy die meeste gebruik.

10.Waarom is moedertaal­vaardighei­d so belangrik?

Iemand wat hom-/haarself goed kan uitdruk, is meer selfversek­erd.‘n Kind wat twee tale magtig is, het nog meer selfvertro­ue, aangesien vaardighei­d in twee tale voordelig is in ’n multikultu­rele land soos Suid-Afrika – in die werksplek en op sosiale vlak.

Het jy geweet?

Veeltalige kinders:

• Het meer geleenthed­e in Suid-Afrika en in die wêreld.

• Is onbevooroo­rdeeld en meer ontvanklik vir verskillen­de kulture en perspektie­we.

• Het ’n meer praktiese ingesteldh­eid, omdat hulle die vermoë het om deur kommunikas­ie ander mense te help.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa