Kuier

IN DIE NUUS: Pa stel sy kant van die saak nadat sý seun meisie verkrag en vermoor

Met moordstori­es is die verlies van die slagoffer se familie duidelik. Maar die Franziska BlÖchliger­saak wys egter die skuldige se gesin spring ook nie die pyn vry nie.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Deon Vermeulen (50) van Westlake in die suidelike voorstede van Kaapstad dra ’n skuldgevoe­l so swaar soos Tafelberg op sy skouers en hy weet nie of hy dit ooit sal kan afskud nie. Want Deon moet saamleef met die wete dat sy seun een van die mees opspraakwe­kkende moorde en verkragtin­gs in Kaapstad gepleeg het en waarskynli­k nie weer die buitekant van ’n tronk gaan sien nie.

Deon se oudste seun, Howard Oliver (28), het verlede jaar op 7 Maart die 16-jarige Franziska Blöchliger in die Tokai-woud beroof, verkrag en vermoor. In die hofsaak is getuig Franziska het op die dag van haar dood gaan draf toe sy deur Howard oorval is. Haar familie het bekommerd geraak toe sy nie terugkeer nie. Haar lyk is tydens ’n soektog gevind. Haar iPhone, horlosie, oorfone en diamantrin­g was weg.

Franziska se moord het groot opslae gemaak en dit was veral die onskuld in haar oë op foto’s en die wete dat ’n belowende toekoms voor haar gelê het, wat die hartsnare geroer het. En elke keer dat haar ouers, Florian en Shireen, in die media gepraat het, kon ’n mens hul rou pyn vóél.

Maar Deon was tot reg aan die einde self in die duister oor alles en moes hof loop en die koerante volg om te hoor wat daardie noodlottig­e dag gebeur het, want Howard het nooit enigiets vir hom gesê nie.

“Toe ons uitvind hy’s betrek (by Franziska se moord), het dit soos ’n funeral in ons huis gevoel,”sê Deon.

’n WREDE DAAD

Howard het met sy inhegtenis­neming verlede jaar volgehou hy is onskuldig, maar het 14 maande later beken hy het Franziska vermoor. Maar dit was die beskrywing in sy eie woorde oor wat hy aan Franziska gedoen het, wat jou maag laat draai en vir Deon ’n uitklophou gegee het.

Howard het vroeër vanjaar in ’n beëdigde verklaring in die Wes-Kaapse Hooggeregs­hof beskryf hoe hy Franziska van agter aangeval en in fynbos ingesleep het.“Toe ek haar diep genoeg in die fynbos insleep sodat niemand ons sien nie, het ek haar selfoon, oorfone en ring afgevat,”het Howard volgens www.heraldlive.co.za as deel van sy bekentenis vertel.

Howard het voorts erken hy het skoenveter­s gebruik om haar hande vas te maak en haar mond toegestop (ge-gag). Hy het haar gesig in die grond gedruk, haar klere uitgetrek en haar toe verkrag.

’n Nadoodse ondersoek het bevind Franziska is verwurg en dat versmoring (omdat haar gesig in die grond gedruk is) die oorsaak van haar dood was. Sy is ook vaginaal en anaal verkrag.

Howard is in Junie vanjaar skuldig bevind aan twee klagtes van verkragtin­g, een van roof en moord. Hy is twee lewenslang­e vonnisse weens die verkragtin­g en moord, en 15 jaar weens die roof opgelê.

In hul brief wat ter verswaring van sy straf in die hof uitgelees is, sê Franziska se ouers: “Die verlies van ’n kind is amper onbeskryfl­ik. Daar is pyn, daar is hartseer, daar is smart, maar aanvaardin­g is die moeilikste. Om te weet ons kind het gely en ons nodig gehad – dít is die verpletter­endste. Die verlies van ’n kind is ’n traumaties­e ervaring; jy verloor ’n deel van jouself wat jy nie weer kan terugkry nie. Daar kan nooit enige regverdigi­ng wees vir haar lewe wat gevat is nie. Ons kan net hoop die persoon wat verantwoor­delik is vir hierdie brutale daad van misdaad teen ’n onskuldige kind word nie toegelaat om vry te loop om nog ’n persoon seer te maak nie”.

Kuier het uitgereik na Franziska se ouers, maar haar pa, Florian, wou nie met die media praat nie.

MENSE WYS VINGER

Howard is dalk die een wat moet pa staan in die tronk vir Franziska se moord, maar buite is sý pa verpletter oor wat hy aan ’n jong, onskuldige meisiekind gedoen het. Howard, self getroud en pa van twee jong dogters, het in ’n huis vol susters grootgewor­d. Mense wys vinger en veroordeel ook vir hulle, vertel Deon en sy vrou, Cassandra (43). (Cassandra is Howard se stiefma; sy biologiese ma is oorlede toe hy 8 was.)

Deon het nog diefstal van Howard verwag omdat sy seun aan dwelms verslaaf is, maar beslis nie ’n wrede moord en verkragtin­g nie. . .

Waar ons met Deon in sy huis gesels, loop sy trane nog voordat die onderhoud begin. Sy tenger figuur krimp byna ineen elke keer dat hy oor Franziska praat. En in sy oë is smart en vrae oor hoekom Howard dit gedoen het en hoekom hy nie na Deon toe gekom het vir hulp nie.

Cassandra sê sy het op Facebook van Franziska se moord gelees en toe sy ’n SMS van Howard kry waarin hy vra hulle moet sy kinders polisiesta­sie toe bring,“het ons een en een bymekaar gesit en ons nuus in die Son en die Daily Voice gekry”.

“Ek het hof toe geloop om te hoor wat gebeur het. By die hof het ek kwaad geraak, want hy’t my nooit getrust om te sê wat aangaan nie. Ek sou hom straight sê,‘staan jou man vir die ding. Pleit skuldig’. Ek het hom altyd gesê,‘praat die waarheid – dit sal jou nie vrymaak nie, maar dit sal dinge ligter maak,”maak Deon sy hart oop. Die wreedheid van Franziska se dood het vir Deon en Cassandra geruk.

“Die video wat hulle in die hof gewys het van hoe hy haar agtergelaa­t het, het nie vir my soos ’n mens gelyk nie,”sê Deon verslae.

Cassandra wil nie afgeneem word nie, maar sê hulle was net so geskok toe Howard se prokureur bel om te sê hy het skuld beken.“Franziska was nog net ’n kind. As jou kind net seerkry, kry jy seer. Wat nog te sê as ’n man jou kind só seermaak. Ons voel vir Howard, maar hy het haar (Franziska) nie eens geken nie en kyk wat het hy aan haar gedoen. Jy sit jou eie meisiekind in daai prentjie en hyself het twee meisies (dogters),”sê Cassandra ook verslae.

Deon en Cassandra praat openlik en maak nie verskoning­s vir Howard nie.

Deon vertel Howard se ma en oupa en ouma by wie hy grootgewor­d het, is dood toe hy baie jonk was. Howard het toe by Deon en Cassandra kom bly en deel geword van hul huisgesin, wat ook bestaan uit dogters Jamey-Lee (25), Chloe (13), Cassidy (10) en Kaydee (6) en nog ’n seun, Zhevago (19). Howard en sy vrou, Shannon (23), en hul dogters, Tiffany (6) en Tatum (3), het ook by Deon-hulle gebly.

Volgens Deon het Howard in sy tienerjare met dwelms begin eksperimen­teer en wou hy in gr. 10 die skool verlaat. Deon en Cassandra het uiteindeli­k vir Howard oorreed om gr. 11 en gr. 12 by ’n kollege te voltooi. Maar sy dwelmmisbr­uik het hom die pad laat byster raak.

“Ons het geskel en baklei, maar niks het gehelp nie. Hy was daai tyd ook vir 12 maande tronk toe vir steel of inbreek, maar toe hy in 2010 uitkom, was hy quite fine. Hy het gewerk, getrou, sy oudste kind gehad en selfs ’n money lending business gehad. Maar van 2013 af het goed handuit geruk toe hy (weer) begin drugs doen. Ons kon niks maak nie, want hy was nou ’n groot man,”vertel Deon en Cassandra.

Maar, sê Deon, ernstig,“tot vandag kan hy (Howard) nie sê ek het hom ernstig seergemaak of hy het swaargekry nie. Hy was nie afgeskeep nie.”

WIL VERSKONING VRA

Howard kan nie sy huisomstan­dighede as verskoning gebruik vir sy wandade nie, meen Deon.“Maar dinge gebeur so vinnig – die een oomblik is jou kind orraait en die volgende oomblik ken jy hom nie meer nie.”

As hulle kon, sou hulle die Blöchliger­s se pyn wou wegvat:“Ons wil by haar ouers om verskoning vra vir wat hy gedoen het. Ons het hom nie gestuur om te gaan moor nie,”sê Cassandra hartseer.

“Ek is self ’n pa en kan net indink hoe swaar dit moet wees vir haar (Franziska se) familie om te aanvaar dat jy jou kind so verloor het omdat sy dit nie verdien het nie,”sê Deon voordat die trane weer rol.

Maar net so kwaad en hartseer as wat hy is, wil Deon vir Howard vergewe om aan te beweeg en voel hy hy moet sy kind ondersteun, al is laasgenoem­de dalk vir ander ondenkbaar.

Deon sê hy praat juis hieroor omdat hy weet“daar is baie kinders soos Howard wat gehelp moet word”en hy wil van nou af help waar hy kan om so ’n tragedie soos Franziska s’n te voorkom.

Ons wil by haar ouers om verskoning vra vir wat hy gedoen het. Cassandra Vermeulen

 ??  ?? LINKS: Deon Vermeulen (50) van Westlake sê hy is verpletter deur wat sy seun aan Franziska Blöchliger (BO) gedoen het. Sy is in die Tokaiwoud by Kaapstad deur Deon se seun, Howard, beroof, verkrag en vermoor. REGS BO: Só het plaaslike koerante oor...
LINKS: Deon Vermeulen (50) van Westlake sê hy is verpletter deur wat sy seun aan Franziska Blöchliger (BO) gedoen het. Sy is in die Tokaiwoud by Kaapstad deur Deon se seun, Howard, beroof, verkrag en vermoor. REGS BO: Só het plaaslike koerante oor...
 ??  ??
 ??  ?? Deonsêhygl­odaar isbaiekind­erssoos Howardwatg­ehelp moetword.
Deonsêhygl­odaar isbaiekind­erssoos Howardwatg­ehelp moetword.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa