Kuier

(h)oor hier!

Ja, dis deel van goeie higiëne om gereeld jou ore skoon te maak. Maar as jy dit nie reg doen nie, kan jy jou ore beskadig. Kenners gee raad. Deur Maretha Botes

-

jy ken daai taai, gelerige gedoente wat by jou ore uitkom as jy daarin grawe. Dit mag dalk gross klink en lyk, maar dis heeltemal natuurlik.

Jy het eintlik glad nie nodig om jou ore skoon te maak nie, want hulle maak in werklikhei­d hulself skoon. As jy egter probleme kry om te hoor of seer ore het, is daar dalk‘n samepakkin­g van was (wax) in jou ore en word dit nodig om dié was te verwyder.

Maar hokaai voor jy sommer self wil inspring om was te verwyder. Die oumense het nie verniet gesê jy mag niks kleiner as jou elmboog in jou oor steek nie. Om met‘n oorstokkie of selfs jou vinger in jou ore te peuter, is moeilikhei­d soek – jy kan jou

ore beskadig. Hoe maak jy skoon? Dr. Willem du Preez, ’n oorspesial­is van Potchefstr­oom in Noordwes, sê as ’n reël moet jy slegs jou ore skoonmaak met ’n waslap wat jy oor jou wysvinger sit. Jy maak slegs die skulp van jou ore skoon. Droog dit dan af met‘n handdoek oor jou wysvinger. Jy kan jou oorskulpe so dikwels as wat nodig is skoonmaak. Dít is oorwas . . . ‘n Normale hoeveelhei­d oorwas is gesond en vervul ’n belangrike funksie om jou ore te beskerm, te smeer en van skadelike bakterieë ontslae te raak. Dit bestaan uit veldeeltji­es, cholestero­l, langkettin­gsure en alkohol. Die meeste van die tyd maak die oorkanale hulself skoon. Daar is aanhoudend ’n stadige beweging van oorwas en velselletj­ies vanaf die oordrom na die oor-opening. Oorwas word aanmekaar met behulp van kou- en kaakbewegi­ngs, van die oorkanaal na die opening beweeg. As jy‘n blokkasie van oorwas teen jou oordrom kry, is dit gewoonlik omdat jy met‘n oorstokkie of ander voorwerp in jou oor gekarring het. Dit stoot slegs die oorwas dieper in jou oor in. Gewoonlik is dit glad nie nodig om oorwas te verwyder nie. Dit stel die binne-kanaal van jou oor bloot aan bakterieë wat die oor vatbaar maak vir infeksies. was en gehoorverl­ies Oorwas wat ophoop en obstruksie veroorsaak, kan tot gehoorverl­ies lei. Gaan sien jou dokter as jy vermoed daar is so‘n probleem.

Oortollige oorwas moet verkieslik deur jou dokter uitgehaal word. Volgens die Gehoorinst­ituut van Suid-Afrika kan jy middels gebruik om die was sag te maak, soos minerale-olie, baba-olie, gliserien of druppels wat jy by jou apteek koop. Dit maak die was sag, wat dan help dat dit makliker uitkom. Só doen ’n dokter diT ’n Dokter gebruik gewoonlik‘n metode wat“syringing”genoem word.

Die oorwas word“uitgespuit”deur‘n water-en-soutoploss­ing te gebruik.

Die oplossing word warm gemaak tot by liggaamste­mperatuur om te voorkom dat jy duiselig word van die prosedure.

Die Gehoorinsi­tuut waarsku egter dat jy nie jou ore moet laat spuit as jy ’n diabeet is, ’n geperforee­rde oordrom het, ’n buisie in jou oordrom of verswakte immuunstel­sel het nie.

Volgens die instituut kan oorwas ook met die hand verwyder word deur ’n spesialis wat miniatuur-instrument­e en ’n mikroskoop gebruik om die oorkanaal te kan sien.

Water en jou ore Hou jou ore droog nadat jy geswem of selfs gebad het deur iets soos Swimseal te gebruik, sê dr. Quinten Fourie, ’n algemene praktisyn van Sasolburg. As jy enigsins vermoed dat daar ’n infeksie is, moet jy swembadwat­er vermy en jou dokter gaan sien. Fourie se raad is om glad nie oordruppel­s in ’n seer oor te sit voordat jy nie by die dokter was nie, want“jy weet nie of jy dalk ’n geperforee­rde (geskeurde) oordrom het nie”. Moet ook nie jou ore met watte toemaak as dit pyn nie, dit kan die infeksie vererger. Vreemde voorwerpe As jou kind (of jy!) dalk ’n vreemde voorwerp in sy oor gedruk het, moet dit liewer deur ’n dokter verwyder word. Du Preez sê organiese goed soos ’n boontjie of bosluis of selfs ’n pit sal swel en die oorkanaal afsluit wat gehoorverl­ies veroorsaak.

Anorganies­e goed soos metaal, glas of ’n klein speelding kan dikwels gelos word en sal uitkom saam met die gewone wasafskeid­ing. Los dit egter slegs as daar nie simptome soos pyn en ongemak is nie, én as jou kind nie aan sy ore sal karring nie Hoor jy “sonbesies”? Tinnitus is wanneer iemand sê hulle hoor sonbesies (of iets anders) in een of albei ore. Gewoonlik is tinnitus skadeloos, sê Du Preez. Daar is nie veel wat hieraan gedoen kan word nie. As die tinnitus net in een oor voorkom en daar is enige ander simptoom, soos doofheid in die oor, pyn, of die gesuis word erger, die klank is kloppend (ritmies ) van aard of jy voel van balans, moet jy jou dokter se raad vra. Dit kan op iets ernstiger dui.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa