Die storie oor ’n Suid-Afrikaanse universiteit wat glo per ongeluk R14 miljoen in plaas van R1 400 in ’n student se rekening inbetaal het, het almal aan die gons gehad. Teen die tyd dat die fout agtergekom is, het die student reeds meer as R800 000 spandeer. Dít was
Kuier- lesers se reaksie:
Ek het al so iets oorgekom, net nie met so baie geld nie! My bonus was so ’n paar jaar terug twee keer inbetaal. Ek het dit onmiddellik rapporteer, want ek het geweet dat as ek dit gebruik, sal ek dit moet terugbetaal en die maatskappy sou in elk geval met die rekonsiliasie die fout optel. So, honesty is the best policy! CHAMAGNE CLOETE
Ek spend dit! Was dit dan mý fout dat hulle my so baie geld gegee het? Ek sal ook niks terugbetaal nie; hulle moet leer om te kyk voor hulle doen! LIZAAN JACOBS
Sit dit in ’n notice account. Gebruik niks. Wanneer wie ook al ná maande hul fout agterkom en geld terugeis, wel, dan gee ek net hul bedrag terug. By daai tyd het dit mos al lekker rente getrek. JEROME PIENAAR
She must pay back the money. Sy’s mos nie die president van die land om sulke klas geld te verdien nie. Sy’s op universiteit, hoop sy leer gou daar is nie salf vir domheid nie! Lmkl! MAC PETERSEN
Jy kan die student nie kwalik neem nie. Studente is gewoonlik platsak. So . . . as jy skielik geld het . . . raak mal! JOLENE DU PREEZ
Ek het in September 2015 R14 400 food allowance van WRSETA gekry, maar het eers hoofkantoor toe gebel. Daar het hulle verduidelik dat dit Januarie tot September se paaiemente is wat aan my betaal was, so mens moet maar eers seker maak! VENUS ROXETTE SASS Dis nie haar skuld nie. Die persoon wat verantwoordelik is vir die finansies is die een wat fouteer het. Enige persoon sal van die geld gebruik maak wat in hul rekening beland. TASWALD WILLIAMS
Kuier het ook onlangs ons agtste verjaardag gevier en Kuier- lesers het ons hartlik geluk gewens!
Aan Kuier, baie geluk met jul agtse verjaardag. Mag julle vorentoe nog netso baie groei. Julle is voorwaar die beste tydskrif! SHERLENE MAARMAN
Baie geluk, Kuier, met jul verjaardag. Mag julle van krag tot krag gaan met al jul interessante leesstof, inspirasies, verhale en lekker resepte. Mag God elkeen van jul
Kuier- span seën. Vandat Kuier die eerste keer verskyn het, het ek dit gekoop. LAROCHELLE CUPIDO
Geluk, Kuier! Agt jaar is nie agt dae nie. Dit wil gedoen wees. Bou voort op al die mooi stories en lekker resepte. Moet nog die nuwe Combo ook koop. ROELLIEN JOHNSON