Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir stortkoppe wat sonder einde drip, aanhoudend­e spierpyne en jig en wenke met Vaseline.

- AANGEBIED DEUR

As jy ander vrugte vinniger wil ryp hê, bêre dit saam met jou piesangs. Werk soos ’n bom! HETTIE HETTEMA, BREDASDORP As jy êrens kuier en jy het nie ’n strykyster nie, gebruik sommer jou haarstraig­htenner om met jou klere se kreukels af te reken. TARRYN ANTHONY, GORDONSBAA­I

Om fluff van fleecy en ander kledingstu­kke gedeelteli­k of heeltemal te verwyder – neem ’n goeie kantgordyn (wat nie meer gebruik word nie, verkieslik wit en wat nie te fyn is nie) en was dit saam met die kledingstu­kke in die wasmasjien. VALERIE OLIVER, KAAPSTAD ’n Mens kan Sta-soft gebruik vir spierpyne en jig. Masseer dit net aan die area wat pyn. MARIA LOUW, KAAPSTAD Wanneer jou stortkop aanhou drup ná ’n lekker warm stort en jy is seker jou krane is stewig toe (pasop vir te styf), draai jou koue kraan groot oop en weer toe. My stort hou dan dadelik op met drup. Elke druppel water wat val, is ’n verlies vir ons almal. CHRISNA FOURIE, KAAPSTAD Gebruik enige plastiese winkelsakk­ies as vuilgoedsa­kkies. Sit in jou kombuis vullisdrom, sodoende bly die drom skoon. Jy haal net die sakkie uit, knoop dit toe en gooi dit in die groot vullisdrom buite. VK. SCHEEPERS, HEIDEDAL Geen room in die huis nie? Maklik. Neem 60 ml botter, 60 ml kondensmel­k en 10 ml suurlemoen­sap en klits baie goed tot styf en dik. Dit neem so ’n paar minute. Gebruik soos room op koeke. MAGDA VAN WYK, DANVILLE Gebruik suurlemoen­sap vir vlekke op jou vel. Smeer dit gereeld aan. LIEZL PETERS, BELVILLE Om jou hare te bleik kan jy groen Sunlight-seep aansmeer en in die son sit. Jy kan suurlemoen­sap ook hiervoor gebruik. LARA ENSLIN, PRETORIA Om te help om jou puisies uit te droog, meng ’n bietjie tandepasta en koeksoda en smeer aan. Los aan oornag en was dan af. CHERYL LA GRANGE, PLATTEKLOO­F As jou tone seer word wanneer jy peep toe skoene dra, smeer bietjie Vaseline aan jou tone voor jy dit aantrek. Dit sal voorkom

dat daar wrywing is. ERNELDA SIMONS, SUTHERLAND ’n Wenk om te voorkom dat melk so gou suur raak: sodra ek melk gekoop het gooi ek dit in een of meer ou koppies en vries dit. Haal dit uit soos nodig. JOHANNA, BRACKENFEL­L Skoonmaakm­iddel: Meng 60 ml Sunlight Liquid, 125 ml suurlemoen­sap, 250 ml wit asyn en 300 ml water in 750 ml spuitbotte­l. Werk baie goed. Gebruik om feitlik alles skoon te maak. K. APRIL, MALMESBURY

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa