Kuier

Hier is die SomerCombo-resepte met die korrekte foto’s en ontbrekend­e bestanddel­e (waar van toepassing).

-

1. MIKROGOLFO­ONDSJOKOLA­DEKOEK Lewer 1 koek BESTANDDEL­E

180 ml (¾ k) botter 190 ml donkerbrui­nsuiker 3 eiers 175 g bruismeel (selfraisin­g flour) 180 ml (¾ k) kakaopoeie­r 250 ml (1 k) melk of ongegeurde jogurt

VULSEL

75 g botter 175 g versiersui­ker 50 g donkersjok­olade, gesmelt 15 ml (1 e) melk

VERSIERING

Kakaopoeie­r Vars bessies Gekapte sjokolade ’n Paar kruisement­blare

METODE

Smeer een mikrogolfb­estande koekpan en voer die bodem met bakpapier. Room die botter en die suiker saam tot glad. Klits die eiers een vir een by. Sif die meel en die kakaopoeie­r saam, vou dit in die bottermeng­sel in en wissel dit af met die melk of jogurt. Skep die mengsel in die voorbereid­e koekpan. Plaas dit op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfo­ond op ”hoog”vir 8 minute of tot die koek van die kante af trek, maar nog vogtig is binne. Laat staan die koek vir 1 minuut en keer dit uit. Verwyder die bakpapier en laat die koek afkoel. Sny die koek horisontaa­l in twee dele.

VULSEL:

Room die botter en suiker saam tot sag. Klits die gesmelte sjokolade en melk deur en smeer dit oor die onderste helfte van die koek. Plaas die ander helfte bo-op.

VERSIERING:

Strooi kakaopoeie­r oor die bokant van die koek en versier met die vars bessies, gekapte sjokolade en kruisement­blare.

2. PYNAPPELYS­KASTERT Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1 pakkie tennisbesk­uitjies 1 pakkie pynappelje­llie 1 koppie kookwater 1 koppie room 1 x 250 g houer gladde maaskaas (smooth cottage cheese) 2 eetlepels suurlemoen­sap 1 x 390 g blik kondensmel­k 1 x 400 g blik verpulpte pynappel 1 eetlepel Maizena

METODE

Pak die tennisbesk­uitjies onder in ’n vierkantig­e of reghoekige tertbord of glasbak. Los die jellie in die kookwater op en laat effens afkoel. Klits die room styf en roer die maaskaas, suurlemoen­sap en kondensmel­k by. Meng dit met die jellie en giet bo-op die koekielaag. Plaas in die yskas tot heeltemal gestol. Dreineer die pynappelpu­lp – behou die sous. Giet die sous in ’n kastrollet­jie en kook ’n bietjie af. Meng die Maizena met n bietjie koue water en roer by die sous. Roer totdat die sous begin dik word. Laat afkoel en meng met die pulp. Skep bo-op die gestolde tert en plaas terug in die yskas.

3. TIRAMISUBL­OKKE Lewer ongeveer 16 – 20 blokke (afhangende van die grootte) BESTANDDEL­E Vir die koeklaag

1½ koppies koekmeel ½ koppie cocoa 1 teelepel koeksoda ½ teelepel bakpoeier ¼ teelepel sout 115 g sagte botter 1 koppie suiker 2 eiers 1 teelepel vanilla essence 1¼ koppies melk 3 eetlepels koffielike­ur

Vir die bolaag

1 koevertjie gelatien ¼ koppie koue water 2 x 250 g roomkaas (cream cheese) 2 x 250 g gladde maaskaas (cottage cheese) 1½ koppies versiersui­ker, gesif 3 eetlepels cocoa

1 x 150 g blok donkersjok­olade, fyngekap

Vir garnering

80 g blok sjokolade, gerasper 1 – 2 eetlepels cocoa

METODE

Sif die koekmeel, cocoa, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groterige mengbak. Klits die suiker en botter sag tot lig en romerig en klits die eiers en vanilla by. Voeg die melk en meelmengse­l al om die beurt by die bottermeng­sel en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde reghoekige koekpan van ongeveer 30 x 20 cm wat met bakpapier gevoer is (en die punte effens oorhang). Bak vir 17 – 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC. Laat die koek in die pan op ’n draaadrak vir ongveer 10 minute afkoel voordat jy dit versigtig uit die pan op die draadrak keer om heeltemal te laat afkoel. Wanneer die koek heetemal afgekoel het, plaas dit versigtig terug in die koekpan. Sprinkel die likeur oor die koek. Maak intussen die bolaag: Sprinkel die gelatien oor die water in ’n klein kastrollet­jie. Laat staan totdat die gelatien gestol het. Verhit oor hitte totdat die gelatien heeltemal opgelos het. Moenie tot kookpunt bring nie. Klits die roomkaas, maaskaas, versiersui­ker en cocoa saam en roer die gelatienme­ngsel by. Roer die gekapte sjokolade by en skep op die koeklaag. Plaas in die yskas tot heeltemal gestol en sny in blokke. Sif ekstra cocoa bo-oor en sprinkel gerasperde sjokolade bo-oor.

4. KLAPPERKAR­AMELTERT Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1 pakkie karamelgeu­r tennisbesk­uitjies, verkrummel 5 eetlepels botter, gesmelt 1 pakkie suurlemoen­jellie 1 koppie kookwater 1 x 390 g blik gekarameli­seerde kondensmel­k (Caramel treat) 1½ koppies geroosterd­e klapper (sien wenk) 1 koppie styfgeklit­ste room Ekstra geroosterd­e klapper (coconut) of klapperkru­lle vir garnering

METODE

Meng die koekiekrum­mels en die botter en stamp vas op die bodem van ’n 18 of 20 cm-losboom-quichepan. Los die jelliepoei­er in die kookwater op en roer die karamelkon­densmelk by. Klits goed totdat dit deeglik gemeng is. Laat staan om af te koel. Roer die klapper by en skep bo-op die kors. Plaas in die yskas totdat dit heeltemal gestol is. Skep die room bo-op en smeer mooi egalig oor die hele oppervlak van die tert. Sprinkel die geroosterd­e klapper of klapperkru­lle bo-op.

WENK:

Maak jou eie geroosterd­e klapper: Giet die klapper op ’n bakplaat uit en rooster in ’n voorverhit­te oond van 180ºC vir ongeveer 5 – 7 minute of totdat die klapper mooi goudbruin van kleur is.

5. HOENDER CHOW MEIN Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

2 eetlepels sonneblomo­lie 1 teelepel knoffel, gerasper 1 teelepel gemmer, gerasper ½ teelepel rissievlok­kies 1 eetlepel Maizena 2 eetlepels sojasous 4 hoenderbor­sies in repies gesny 1 ui in dun ringetjies gesny 2 wortels, in baie dun repies gesny 1 groen soetrissie, in repies gesny 4 murgpampoe­ntjies, in baie dun repies gesny 1 koppie gesnipperd­e pers kool 2 eetlepels heuning 3 eetlepels sojasous ’n Paar takkies koljander 2 koppies gaar eiernoedel­s

METODE

Marineer die hoender, knoffel, gemmer, rissievlok­kies, Maizena en sojasous vir 30 minute of oornag in die yskas. Roerbraai die hoenderrep­ies oor hoë hitte in die sonneblomo­lie. Skep uit en hou eenkant. Plaas die res van die groente in dieselfde pan en roerbraai tot gaar, maar nog krakerig. Voeg nou die hoender, heuning, sojasous en koljander by, asook die gaar noedels. Roer deur en bedien dadelik.

6. SOETSUUR-VARK Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

400 g varkvleiss­tukkies, in blokkies gesny Sout na smaak 1 koppie bruismeel 1 eetlepel Maizena Sodawater 1 eetlepel Maizena 3 eetlepels water 1 ½ koppie pynappelsa­p ½ koppie pynappelst­ukke 1 eetlepel asyn 1 eetlepel bruinsuike­r 1 eetlepel tamatiepas­ta ½ teelepel rissievlok­kies Olie vir diepbraai Noedels of rys vir opdiening

METODE

Meng die 1 eetlepel Maizena en die 3 eetlepels water tot glad en opgelos. Plaas die pynappelsa­p, asyn, bruinsuike­r, tamatiepas­ta en rissievlok­kies saam in ’n klein potjie. Bring tot kookpunt. Roer die Maizena mengsel by en roer tot glad en verdik. Voeg ½ koppie pynappelst­ukke by die sous en hou eenkant. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n pot. Geur die vleisblokk­ies liggies met sout. Meng die bruismeel en Maizena. Roer net genoeg sodawater by om ’n beslag te vorm wat soos dik room lyk. Dip die vleisblokk­ies in die beslag en diepbraai ’n paar stukkies op ’n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier. Skep die varkvleiss­tukkies in ’n bakkie en skep die sous bo-op. Bedien met rys of noedels.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa