Kuier

Die Olifant

-

Die Afrika-olifant is die wêreld se grootste en swaarste dier op land. Dalk moet die olifant die“koning van die diereryk”genoem word! Olifante se ore alleen kan tot 20 kg weeg en hulle word tot 3,3 m hoog. ’n Olifant se slurp is soos ’n aangepaste neus wat baie sensitief is en selfs water onder die grond kan opspoor. Daar is 50 000 spiere in ’n olifant se slurp. Olifante is oorvloedig in Suid-Afrika en jy kan groot kuddes met tot ’n honderd olifante in die Krugerwild­tuin sien. Olifante is hoogs sosiale diere en koeie regeer. ’n Kudde sal tipies ’n matriarg hê met groot kulturele kennis wat die kudde lei, dit onder beheer hou en rigting en pas aandui. ’n Volwasse olifant kan tot 300 kg gras, bas, takke en blare op een dag vreet. Verder kan hulle tot 200 liter water op een slag drink. Jong olifantbul­le verlaat die kudde wanneer hulle tieners word. Hulle wei alleen, vorm ’n‘bachelor-kudde’of hulle soek na ou enkelbulle wat hul kudde verlaat het. Maar ’n moeder-dogterband kan tot 50 jaar duur. ’n Olifant is vir 22 maande swanger en sal dikwels ander kalfies in die kudde aan haar laat suig. Oor die algemeen kry hulle elke 3 – 4 jaar een kalf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa