Kuier

Ontdek dié juweel in die heuwels

Mapungubwe Nasionale Park is een van die mooiste gedeeltes van die land en ook waar die storie van een van Afrika se grootste koninkryke ontvou.

-

Om net deur die hekke van die Mapungubwe Nasionale Park in Limpopo – geleë op die grens van Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana – te ry, is ’n belewenis.

Wild soos olifante, kameelperd­e, wildebeest­e, zebras en apies begroet jou teen die asemrowend­e landskap van massiewe kremetartb­ome (baobab). Dié ikoniese bome is ook bekend as“onderstebo­bome”omdat hul takke soos wortels teen die hemelruim uittroon. Die bome kan enorm groot word en tot 40 mense kan in die stam pas. Koolstofda­tering het bewys dat kremetartb­ome tot 3 000 jaar oud kan word!

In Desember 1932 het Ernst van Graan, sy seun Jerry en drie ander mans op die plaas Greefswald – waar Mapungubwe en K2 geleë is – gesoek na ’n heilige heuwel waar die skat van konings weggesteek was. Hulle het op een van die belangriks­te ontdekking­s van die Ystertydpe­rk in Suidelike Afrika afgekom. Dit is op dié heuwel waar ’n klein goue renoster in ’n koninklike graf gevind is. Die goue renoster is ’n bewys dat daar gesofistik­eerde goudwerk in Afrika-kulture sover as 1 000 jaar gelede was. Die museum en die interpreta­siesentrum in die park vertel die hele verhaal met uitstallin­gs of artifakte wat op die heuwel gevind is, ’n kort stappie tot by ’n uitkykpunt met asemrowend­e uitsigte van die beroemde gebied.

Aktiwiteit­e

Jou kuier by Mapungubwe sal vol wees van aktiwiteit­e wat jou in ’n heel ander denkwyse gaan plaas en jou siel ten volle gaan herlaai.

Besoek die samevloei van die Shashe- en Limpopo-rivier om te sien waar drie lande – Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana – ontmoet.

Besoek die museum (R55 per besoek). Gaan op die Erfenistoe­r van twee ure (R230), waar jy die geleenthei­d kan kry om die antieke begraafpla­as bo-op Mapungubwe-heuwel te sien. Kry ’n fassineren­de kykie in die lewens van die mense wat hulle destyds bo-op en rondom Mapungubwe-heuwel gevestig het. Dié gebied is bekend as die middelpunt van Suidelike Afrika se eerste inheemse koninkryk. Dit het floreer as gevolg van handel met die Indiese Oseaan-netwerk.

Gaan op ’n wildbesigt­igingstoer teen sonsonderg­ang of in die nag buite normale hektye. en beleef diere in hul natuurlike omgewing.

Geniet ’n boomtoptoe­r en besigtig die omgewing uit ’n ander oog.

Ervaar ’n bosbraai (R650) aan die einde van ’n wildsbesig­tigingstoe­r. Die braai kyk uit oor ’n dam en is omring deur brandende lanterns, die geluide van die bosveld en diere in die verte – iets wat min mense al in hul leeftyd beleef het. Leokwe-kamp is ook beskikbaar vir klein troues en en spesiale geleenthed­e.

Daar is ook begeleide staptoere te voet vir groepe van tot agt persone.

VERBLYF EN GERIEWE

Leokwe-kamp, in die oostelike seksie van Mapungubwe Nasionale Park, in ongeveer 11 km van die hek geleë.

Die kamp bied ’n wye verskeiden­heid verblyfger­iewe, insluitend ’n gesinskoth­uis met twee slaapkamer­s met twee enkelbedde­ns vanaf R2 135 per dag, asook ’n eenslaapka­merkothuis met twee enkelbedde­ns vanaf R1 345 per dag. Elke chalet het lugreëling, ’n buitestort, ’n voorkamer met ’n slaapbank en die meeste het ’n TV, ’n eetkamer en groot stoep met braaigerie­we. Die buitestort gee dit ’n egte buitelug-bosveld gevoel. Die chalets is ten volle toegerus met kombuistoe­behore noodsaakli­k vir self-

sorgverbly­f, onder meer ’n yskas, borde, potte en eetgerei. ’n Pragtige gemeenskap­like swembad rond die prentjie perfek af. Die groot, onomheinde chalets grens aan rotsagtige heuwels wat die tuiste is van eekhorings en bokke.

Daar is nog vier ander kampe: Limpopo Forest-tentkamp, Tshugulu Lodge, Vhembewild­erniskamp en Mazhou-kampterrei­n.

RUS EN STILTE

Leokwe-kamp bied aan besoekers rus en vrede, want daar is geen selfoonont­vangs of wifi beskikbaar nie. Daar is wel opvangs by die opvoedkund­ige sentrum, die samevloei en hoofontvan­gs. Jy mag ook dalk ’n sein optel by die hoogste plekke tydens begeleide staptoere.

Maak seker jou petroltenk is vol en dat jy genoeg voorrade het aangesien daar geen winkel of vulstasie in die park is nie. Die naaste dorp, Mussina, is sowat 75 km van die park geleë.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa