Aarbeigenot
Jy kan jou familie en veral die kinders lekker bederf met hierdie maklike aarbei-nagereg op ’n stokkie.
SOET EIERBROOD-ENAARBEI LEKKERTE
Genoeg vir 4
BESTANDDELE
4 snye witbrood 2 eiers ¼ koppie melk Gerasperde skil van 1 lemoen 2 teelepels strooisuiker (castor sugar) 3 eetlepels botter 8 – 10 aarbeie, in skyfies gesny Versiersuiker (icing sugar) 8 bamboesstokkies
METODE
1. Sny die korsies van die brood af en sny die brood in ewe groot blokkies.
2. Klits die eiers, melk en strooisuiker saam. Voeg die gerasperde lemoenskil by en meng goed.
3. Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan. Doop elke broodblokkie in die eiermengsel en braai ’n paar op ’n slag tot alkant mooi goudkleurig en deurgaar. Dreineer op handdoekpapier.
4. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte en gee elke aarbeiskyfie so ’n vinnige kleur in die pan. Vou die broodblokkies dubbel en ryg om die beurt met die aarbeiskyfies op die stokkies. Sif versiersuiker oor en bedien.