Onderskryf deur Clientèle 5 GOEIE REDES WAAROM JY ‘N PROKUREUR BENODIG
Nie net misdadigers het ‘n prokureur nodig nie. Jy of ‘n familielid kan dalk in ‘n moeilike regsituasie beland of die slago er van misdaad of onregpleging word. Hierdie dinge gebeur gedurig. Regsversekering met Rights24 is ‘n bekostigbare alternatief vir tradisionele regs rmas. Vyf algemene redes waarom mense prokureurs nodig kry:
1 MOTORONGELUKKE OF MOTORVERWANTE SAKE
Daar is ongeveer 14,25 miljoen motors op ons paaie, waarvan slegs 35% verseker is.* Dinge kan, en sal verkeerd loop – dit is deel daarvan om ‘n motor te besit of te gebruik. Motorvoertuigongelukke. Derdeparty-versekeringseise. Probleme met ‘n motorwerktuigkundige. Motorkoop of -verkoop. Dispute met ‘n versekeringsmaatskappy. Dit is maar ‘n paar gevalle waar ‘n prokureur die verskil tussen ‘n moeilike, duur regsgeding of ‘n vinnige, effektiewe uitkoms kan maak. (* Times Live, 22/06/2016)
2 KONTRAKTUELE DISPUTE
Of dit ‘n huurverwante dispuut, ‘n verkoopsooreenkoms of ‘n kontraktuele ooreenkoms is, laat jou prokureur dit nagaan. Sodoende kan jy latere regsprobleme en -kostes vermy. Gewoonlik kan ‘n prokureur ‘n konsultasiefooi van tot R3,000 vra. ‘n Bekostigbare Rights24 regsversekeringsplan sal aan jou kwaliteitdiens teen ‘n nominale maandelikse fooi bied.
3 ONBETWISTE EGSKEIDING
Egskeidingsyfers is hoër as ooit tevore in Suid-Afrika, met meer vrouens as mans wat egskeidings inisieer.* Dit is ‘n ongelukkige realiteit wat deur alle siviel- of tradisioneel-gebonde pare in die gesig gestaar kan word. In so ‘n traumatiese situasie sal dit die beste wees om die saak aan jou prokureur oor te laat. ‘n Onbetwiste egskeiding kan binne ‘n kwessie van weke sonder buitensporige hoë kostes geskik word. Jou prokureur sal die dokumentasie hanteer en saam met jou hof toe gaan. Met regsdekking kan dit so maklik soos dit wees. (*Stats SA, 09/02/2016)
4 ARBEIDSAKE
Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is 36,4%.* As jy of jou familielede werk, is regsbeskerming in ons huidige omstandighede noodsaaklik. Of dit onbillike afdanking, CCMA-verwysing, of diskriminasie in die werkplek is, laat jou prokureur die saak namens jou hanteer. ‘n Konfrontasie met, of ‘n dispuut tussen jou en ‘n medewerker of jou werkgewer kan emosionele en regskomplikasies inhou. Prokureurs is opgelei om hierdie sake ferm en op die regte wyse te hanteer. Moenie die risiko loop om jou werk in ‘n onsekere ekonomiese klimaat te verloor nie. Kry regsdekking. (*Trading Economics, 2/06/2016)
5 SKULDINVORDERING EN SWARTLYSTING
Volgens navorsing oor skuld in Suid-Afrika, skuld Suid-Afrikaners tot soveel as 75% van hul inkomste aan krediteure.* Voorts is verbruikers ook blootgestel aan gewetenlose leningsverskaffers en onbillike praktyke deur kleinhandelaars. Beskerm jouself teen onbillike swartlysting. (*Business Tech, 28/06/2016)