Kuier

MENING:

Sommige ma’s laat die oë rek as hulle hul ouer kinders nog aan hulle laat drink. Maar sê die kenners dan nie borsvoedin­g is die beste nie? Aan die ander kant vra mense of dit reg is dat ’n skoolgaand­e kind nog geborsvoed word? Deur Marteli Brewis

-

Almal nie eens oor hoe lank ma’s moet aanhou borsvoed

Nee kyk, as daar een ding is waarin vroue goed is, is dit om mekaar te kritiseer. En moenie dat dit oor moederskap gaan nie, dan kan vroue omtrent hul monde uitspoel oor wat van jou ’n goeie of slegte ma maak.

Een van die ou bekgevegte wat altyd sterk reaksies ontlok, is die stryd tussen die bors en die bottel. Lyk ook nie of daar ooit ooreenstem­ming oor dié saak gaan wees nie, want elke nuwe geslag ma’s het hul eie opinie. En moenie dink die gestry eindig by die bors of bottel nie! Die groot vraag word al hoe meer wanneer moet jy stop, want mens hoor deesdae van ma’s wat kinders lank ná vyf nog bors gee!

Almal het ’n opinie oor wat reg en verkeerd is, maar ongelukkig is daar geen handboek wat ’n definitiew­e antwoord kan gee nie.

Die meeste kenners (insluitend ons gesondheid­sdeparteme­nt) beveel borsvoedin­g aan as die beste voeding vir babas.

Baie sien dit ook as die beste manier om met jou baba te bond. As jy dan nie kan borsvoed nie of vir watter rede ook al besluit om dit nie te doen nie, kyk mense jou aan asof jy ’n tweederang­se ma is – nie goed genoeg nie en selfsugtig.

kinders wil net hang

Bernadette Pisanie* (36) van Johannesbu­rg, vertel sy wou graag haar drie kinders borsvoed, maar kon dit net nie regkry nie.

Hulle kon nie lekker latch aan haar borste nie en sy het nie genoeg melk produseer nie. Dit was vir haar só ’n verleenthe­id dat sy gemaak het of sy melk uitpomp en dan die bottels vol formule gemaak het. Tot vandag toe, weet selfs nie eens haar man sy het dit gefake nie.

Ander ma’s gee weer nie om wat enigiemand dink nie, soos Esmerelda Karelse* (34) van Uitenhage in die OosKaap.“Ek het dit probeer vir ’n paar dae met my eerste kind, maar niks daarvan gehou nie. Dit het my, om die waarheid te sê, ’n bietjie uitgefreak – hierdie iemand anders wat heeldag aan my wil hang,” erken sy. Esmerelda het haar ander kinders sommer van die begin af bottel gevoer. “Baie mense, veral anties, het my baie gejudge, maar ek kon nie minder omgee nie,”onthou sy.

Maar dan kry jy ook sommige ma’s wat besluit om langer te borsvoed – baie langer as wat ander as“normaal”beskou.

Henrietta van Wyngaard (49) van Bonnievale in die Wes-Kaap, vertel sy het al vyf haar kinders geborsvoed, haar jongste seun tot kort voor sy sewende verjaardag.

Sy kon dit doen, meen sy, omdat sy ’n huisvrou was. Finansieel het dit ook sin gemaak. Sy sê sy het nie eintlik beplan om so lank aan te hou nie, dit het natuurlik gebeur.“Maar toe die outjie begin skoolgaan en sy maatjies hom bietjie begin terg, het ek vir hom gesê dis nou tyd om op te hou, hy word nou groot,”vertel sy. Op daardie stadium het hy nog so twintig minute ná skool gedrink.

Irene van Schalkwyk* (60) van OosLonden sê sy het haar eersteling skaars vir drie maande geborsvoed. Dit was vir haar ’n groot gesukkel. Met haar tweede dogter, het sy bietjie langer aangehou tot op agt maande. En met haar jongste, het sy op sy vierde verjaardag eers die krane toegedraai. Tot op daardie stadium sou hy haar uit ’n vertrek roep om te drink.“Hy het net so gewys met die vinger,”onthou sy.

Sy het selfs aalwynsap probeer aansmeer, maar hy wou nog aan haar drink.“Op vier was hy darem oud genoeg om te verstaan. Ek het vir hom verduideli­k groot seuntjies drink nie meer nie.”

sit jou voet neer

Maar, sê Irene, as sy nie haar voet dwars gesit het nie, sou hy nog lank aangehou het. Irene sê sy was beslis gereed om op te hou.“Dis darem erg as ’n kind van vier nog aan jou drink.”Al het sy dit self so lank gedoen, sê sy dit is vandag vir haar nogal vreemd as sy ’n ouer kind onder ’n kombersie in die openbaar sien drink. “Dis nie ’n veroordeli­ng nie, dit is net nie vir almal nie en dit is nie iets wat jy elke dag sien nie,” meen sy.

“Dis elke ma se voorreg om te besluit hoe lank hulle wil borsvoed, solank dit in die beste belange van die kind is,” sê Chantell Oliphant (42) van Kensington in die Kaap. Sy het haar kind vir twee en ’n half jaar geborsvoed. Langer as dit, is egter te lank, dink sy.

Sy voel ook baie sterk daaroor dat vroue wat nie borsvoed nie, eenvoudig net“lui en selfsugtig” is. “Borsvoedin­g is die beste vir jou kind. Formule akkordeer nie met alle babas nie.”

Haar eie ma het vir hulle bottel gegee. Haar broer het tot in graad twee bottel gedrink. Chantell sê die enigste rede hoekom kinders so lank bottel drink, is omdat die ouers te lui is om die issue aan te spreek, so dan gee hulle vir die kinders wat ook al hulle wil hê.

Teresa de Klerk (44) van Malmesbury voel“as ’n kind oud genoeg is om te kan vra vir bors, is hy te oud vir bors”.

Rebecca Lourens* (46) van Milnerton in die Kaap het haar baba tot op drie maande geborsvoed voordat sy moes teruggaan werk toe. As sy kon, sou sy graag tot so vier maande wou borsvoed, maar nie langer nie.“Dis beter as jy dan stop, anders gaan jou kinders nooit gewoond raak om op hul eie klaar te kom nie,”meen sy. Sy dink nie dis gesond om langer as vyf maande aan te hou nie, omdat dit byvoorbeel­d huwelikspr­obleme kan veroorsaak.

Leana Halbeck, ’n borsvoedma en borsvoedko­nsultant, meen egter borsvoedin­g is iets wat ons veronderst­el is om te doen, wat die menslike spesie help oorleef het.

Sy self het haar jongste kind tot op vier gevoed. Volgens Leana toon navorsing as ’n kind self toegelaat word om te speen, sal hy dit van nature doen tussen die ouderdom van twee en ’n half en sewe jaar wanneer hy emosioneel reg is. Sy voel kinders wat korter borsvoed, is meer geneig om klouerig, onseker en afhanklik te wees. ’n Kliniese sielkundig­e van Children in Mind, Jenny Perkel van Kaapstad, meen weer ma’s wat borsvoed ná twee jaar, sukkel dalk ’n bietjie om te laat gaan. Sy sê dis nie swart of wit nie, maar oor die algemeen is dit klouerige ma’s wat dit uitstel om te speen. Sy voeg by wanneer ’n baba heeltemal afhanklik is van ’n ma, smelt hulle amper saam en word ’n eenheid. Dit gebeur veral wanneer ma’s borsvoed. Soos die baba meer onafhankli­k word, begin ’n groot skeidingsp­roses plaasvind.“Die proses van spening is nou maar net moeiliker vir party ma’s as vir ander, omdat hulle nie die spesiale band wil breek nie,”sê Jenny. In haar opinie, is ’n kind van twee nie meer regtig in daardie ontwikkeli­ngsfase nie en kan nie regtig meer baat by borsvoedin­g nie, tensy hulle siek of ondervoed is.

Maar in ’n wêreld vol moord, misdaad en korrupsie is dit regtig só afskuwelik as ’n kind ’n bietjie langer aan die bors drink? *Skuilnaam

As ’n kind oud genoeg is om te kan vra vir bors, is hy te oud vir bors. Teresa de Klerk

 ??  ??
 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa