Kuier

HOOFKOS:

Die slim mense beweer die gesonde omega-olies in tuna bly beter behoue wanneer tuna in water ingelê word en nie in olie nie.

-

Maak die lekkerste geregte met tuna

Met ’n blikkie tuna of twee kan jy ver kom. Hou altyd een in jou koskas en jy sal nie onverhoeds betrap word nie. Jy kan van ’n snoephappi­e tot ’n hele maaltyd optower. Deur Karen Hart

TUNA- EN-AARTAPPELS­LAAI Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E Vir die slaaisous 650 g jongaartap­pels, in die lengte gehalveer met skil en al 1½ koppies gekerfde groenbone 200 g jongspinas­ie 8 kersie- of mini-rosatamati­es, gehalveer 1 x 185g-blikkie tuna, gedreineer 100 g feta, in blokkies gesny ’n Handvol swart olywe Vir die slaaisous 4 eetlepels olyfolie 1 eetlepel appelasyn 1 teelepel Dijon-mosterd 1 teelepel heuning Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 eetlepel varsgekapt­e pietersiel­ie Suurlemoen­wiggies vir garnering METODE Plaas die aartappelh­elftes in ’n kastrol met soutwater en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat liggies prut vir ongeveer 8 – 10 minute tot net-net sag. Voeg die boontjies vir die laaste 3 minute van die kooktyd by. Dreineer en hou eenkant. Rangskik die jong spinasie op ’n mooi slaaibord en volg met die aartappels en boontjies. Sprinkel die tuna bo-oor en meng liggies met ’n vurk. Rangskik die tamaties, feta en olywe bo-op. Meng die bestanddel­e vir die slaaisous en giet booor. Garneer met die suurlemoen­wiggies. WENK:

Jy kan ’n eetlepel pesto met 4 eetlepels olyfolie meng en gebruik in plaas van die slaaisous.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa