Kuier

LAE LIBIDO:

Jou lae libido of moegheid tussen die lakens het dalk baie meer met jou gesondheid te doen as wat jy dink.

- DEUR marteli brewis

Wat om te doen as die lus min is

Dit was ’n laaang dag. Jy staan in die kombuis en skil uie vir aandete. Dan moet die kinders ook nog aandag kry. Al wat jy wil doen, is eet en gaan slaap. Manlief loer met dáái glimlag om die hoek en skuif tot agter jou. Jy rol jou oë, want jy weet wat hy wil hê. Jy weet ook hy gaan dit nie vanaand kry nie . . .

Geen mens is altyd lus vir seks nie. Maar dis een ding om af en toe net té moeg te wees en iets heeltemal anders wanneer jy heeltyd so uitgeput is dat jy nie kans sien nie of dit bloot nie vir jou lekker is nie. Daar skuil dalk ’n gesondheid­srede agter laasgenoem­de en dán moet jy so gou moontlik ’n dokter gaan sien. Voel koud in die bed Rochelle Willemse* (31) van Pretoria, vertel dis ’n aaklige gevoel om in ’n liefdevoll­e verhouding te wees, maar niks fisies te wil hê nie.“Ek het begin dink daar is fout met my of dalk met ons verhouding. Hoe kan ek so lief wees vir iemand en dan in een aspek van ons verhouding so koud en afgestomp voel?”het sy gewonder.

Vir haar was seks net ’n taak. Die meeste van die tyd sou sy eerder skottelgoe­d wou was of admin op datum kry as tussen die lakens rondrol. Nie net het haar libido weggekwyn nie, maar sy was dikwels oormoeg, het skielik migraines en woedeuitba­rstings begin kry en selfs gewonder of sy dalk depressief is.

Raadop het Rochelle vir dr. Elna Rudolph, ’n mediese dokter, seksuoloog en kliniese hoof van My Sexual Health, besoek. Sy het ’n hormoonpro­fiel-bloedtoets laat doen en uitgevind haar testostero­onvlak was baie laag. Dit het haar moegheid en lae libido verduideli­k.

Elna het bepaal dit was moontlik Rochelle se voorbehoed­pil. Sy het dadelik opgehou om dit te gebruik en binne net ’n paar dae het sy weer soos haar ou self begin voel.

Volgens Elna is daar ’n paar gesondheid­sprobleme wat kan lei tot lae seksdrang. In haar ondervindi­ng, is die pil egter verreweg die hoofoorsaa­k.“Alhoewel dokters graag sê dat dit nie die libido kan beïnvloed nie, is dit beslis ’n groot oorsaak,” sê sy.

Die pil verlaag of blok ’n vrou se natuurlike testostero­on, wat dan haar behoefte of lus en vermoë om ’n orgasme te kry, beïnvloed.

Elna verduideli­k verder dat testostero­on met ouderdom verlaag, veral in menopouse. Dit is iets wat getoets en behandel kan word.

Elna sê ander oorsake van lae seksdrang is:

Omtrent enige mediese toestand kan dit beïnvloed soos depressie, spanning, moegheid, angs, enige hartproble­me, cholestero­l, skildklier­probleme, blaasprobl­eme, kanker, pynkondisi­es soos artritis en fibromialg­ie, en senuweekon­disies soos veelvuldig­e sklerose.

Elna sê sy sien baie pasiënte vir wie seks pynlik is en daarom ’n lae libido ontwikkel.

Seksuele mishandeli­ng of trauma kan ook tot ’n lae seksdrang lei.

’n Streng geloofsgeb­aseerde opvoeding of ’n negatiewe seksopvoed­ing, soos wat die meeste Suid-Afrikaners gehad het.

Verhouding­sprobleme, lae selfbeeld en ’n lae seksuele selfbeeld.

As jy nie veilig en geliefd voel in jou verhouding nie, gaan jy nie lus wees vir seks nie.

Elna sê navorsing wys die gemiddelde paartjie het net drie keer per maand seks. Haar opinie is dat dit heeltemal te min is. “Ek beveel gewoonlik aan dat paartjies een keer deur die week liefde maak en een keer oor ’n naweek. Dit is ’n goeie begin!”

Jy kan dit oorkom

Elna stel voor as jy dink jy sukkel met lae libido, moet jy jou testostero­onvlakke laat toets by ’n dokter wat weet hoe om dit te behandel. Verder raai sy jou aan om op te hou om die pil te gebruik en eerder ’n intra-uterine apparaat (toestel in die uterus soos Copper-T of Mirena) te gebruik. Indien jy op anti-depressant­e is, maak seker jy is op die regte een wat dit nie nog erger maak nie. Indien dit in die sielkundig­e kategorie val, sien ’n sielkundig­e wat ’n seksuoloog is. mans se lae seksdrang Ons almal weet wanneer jou man ’n dop te veel ingehad het, hy ’n“whiskey willy” het wat maak dat hy lus is, maar nie kan nie. Tog is dit nie die enigste rede hoekom die man in jou lewe dalk in die slaapkamer sukkel nie. Dr. Elmari Mulder Craig, gesertifis­eerde seksuoloog en verhouding­sterapeut, verduideli­k daar is verskeie sielkundig­e en emosionele redes waarom ’n man sy rug op jou sal draai.

“Wanneer ’n man enige tipe seksuele issues ervaar soos byvoorbeel­d erektiele disfunksie, voortydige ejakulasie, vertraagde ejakulasie of pyn tydens seks, kan hy geneig wees om seks te vermy, veral as hy nie die vrymoedigh­eid het om dit met sy vrou te bespreek of profession­ele hulp te kry nie,” sê sy.

Volgens Elmari is dit tragies, want daar is soveel medikasie en terapie wat die situasie in ’n japtrap kan red.

Iets soos erektiele disfunksie is ook ’n belangrike aanduiding van fisiese gesondheid of moontlike probleme. Die nuutste navorsing toon dat erektiele disfunksie ’n hartvatsie­kte binne 2 – 5 jaar kan voorspel! Sy stel voor jy probeer jou man oorreed om jul huisdokter te besoek.

Elmari verduideli­k verder dat depressie

een van die belangriks­te oorsake van ’n lae libido is. Sekere medikasies soos onder meer antidepres­sante, bloeddruke­n cholestero­l-medikasie kan dit ook veroorsaak.

Elmari sê spanning is ook deesdae al hoe meer algemeen onder jonger mans en dit lei tot probleme. Sy waarsku ook mans ervaar dikwels hul vroue is seksueel afsydig. Daai gevoel van“sy het net met my seks omdat sy voel sy moet”of“maak gou, dan kan ek omdraai en slaap”is genoeg om enige man af te sit.

Vroue wat dikwels hul mans emosioneel afbreek, hom laat voel hy is nie goed genoeg of belangrik nie en hom genoeg keer ’n koue skouer gee, gaan hom verwerp laat voel dan gaan sy drang afneem of hy ’n seksuele disfunksie kry.

Nog ’n probleem is dat paartjies te veel seks het en te min vry (foreplay)! Dit kan tot ’n gebrek aan emosionele intimiteit lei – julle doen nie meer lekker dinge saam nie, flirt nie meer met mekaar nie en voel nie meer close soos in die ou dae nie.

Een van die oorsake waaroor niemand wil praat nie, meen Elmari, is ook pornografi­e. Dit maak jou afgestomp en skep hoë verwagting­e wanneer een maat verwag dat die ander een pornografi­e moet naboots.

Elmari verduideli­k dat die kwaliteit van jul sekslewe, afhang van die kwaliteit van jul verhouding buite die slaapkamer. As julle nie van mekaar hou of vir mekaar omgee nie, hoekom sal julle wil seks hê?

die vlamme

Elmari sê daar is bereken dat daar elke vyf sekondes ’n liefdesrom­an verkoop word. Volgens die Amerikaans­e The Journal of

Sex Research het navorsing getoon vroue wat gereeld fantaseer (soos tydens die lees van hygromans), meer gereeld seks het en meer pret tussen die lakens het.

Dr. Jireh Serfontein, ook van My Sexual Health, sê dis belangrik om nie toe te laat dat lae libido konflik en huwelikspr­obleme te veroorsaak nie. Sy sê ’n paartjie se libido is nooit dieselfde nie, maar as jy die meeste van die tyd jou oë rol of sukkel om in die bui te kom, is dit ’n probleem.

Haar raad is om tyd te maak vir mekaar. Seks, selfs beplande seks, is beter as geen seks. En vat jou tyd! Foreplay is belangrik.

Probeer iets nuut, ’n nuwe speelding, ander posisie of op ’n ander plek (dit hoef nie altyd die slaapkamer te wees nie).

Probeer seks in die oggend (testostero­onvlakke is die hoogste in die oggend, so dit sal makliker wees vir albei om in die bui te kom).

En kommunikee­r! Mense is grootgemaa­k om te glo seks is ’n taboe topic. Kom daaroor, vir jou eie beswil.

“Die belangrike ding is om met mekaar te praat en op dieselfde bladsy te kom. As die verwagting­e nie dieselfde is nie, kan dit groot teleurstel­ling veroorsaak,”meen Jireh.

’n Gesonde sekslewe is die sement van ’n huwelik. Daarom is dit so belangrik om kwaliteitt­yd saam te spandeer – wat soms onmoontlik klink in vandag se besige lewe. Elmari stel voor julle beplan tyd saam, skep rituele van saamwees.

So waarvoor wag jy? Trek daai sexy nighty aan en laat waai!

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa