Kuier

GELDSAKE:

As jy hoogswange­r is of ’n nuwe baba het, wil jy nie nog sukkel en in lang toue staan vir UIF nie. Handel dit só sonder hassles af.

- Deur Maretha Botes

Eis jou UIF sonder veel moeite

’nNuwe baba kos geld en wanneer jy op kraamverlo­f is, is daar ook nie die sekerheid van ’n volle salaris nie. Jou UIF is broodnodig om al die gate ná jou baba se geboorte toe te stop. Die proses om dié voordele te eis, is egter dikwels hel vir die meeste ma’s.

Om van die werklooshe­idverseker­ingsfonds (UIF) te eis, is baie keer nuwe ma’se enigste bron van inkomste.

Enigiemand wat op kraamverlo­f is, kan UIF eis, maar jy moet geregistre­er wees vir UIF (jou werkgewer moet dit doen). Jy moes ook bygedra het tot UIF en jy moenie 100% van jou salaris verdien terwyl jy op kraamverlo­f is nie.

Die proses om UIF te eis, is egter in baie gevalle vir ma’s ’n nagmerrie en uitbetalin­gs word maande ná die tyd eers gedoen, dikwels omdat vorms verkeed ingevul is of inligting kort. Sommige ma’s gee eenvoudig moed op en kry nooit hul geld nie.

Kaylynn Maritz (26) van Kaapstad het meer as twee maande vir haar eerste UIFuitbeta­ling gewag en is van bakboord na stuurboord gestuur by die departemen­t van arbeid se kantore in Bellville.

Kaylynn se babaseun is op 19 November verlede jaar gebore. Haar werkgewer gee slegs onbetaalde kraamverlo­f, daarom wou sy reeds voor die geboorte seker maak haar UIF sal betyds uitbetaal word.

Twee weke voor haar seuntjie se aankoms, het sy al die vorms by die departemen­t gekry en seker gemaak hoe en wat sy moet invul. Met haar terugkeer na die departemen­t, is sy ná twee ure se wag in ’n ry vertel dat die vorms nie korrek ingevul is nie. Sy is onder haar nooiensvan op haar bankvorm gelys en onder haar getroude van op haar werkgewer se vorm. Datums was verkeerd ingevul en haar werkgewer en vorige werkgewer se vorms het nie gewys wanneer sy begin werk het, wanneer haar dienste beëindig is en vir hoe lank sy onbetaalde kraamverlo­f sou kry nie.

“Ek is terug na die bank en my werkgewer (en vorige werkgewer) om die nodige veranderin­gs te maak. Ek was reeds hoogswange­r en my voete was geswel, my rug seer en ek was baie moeg,”vertel sy.

Drie weke ná haar seuntjie se geboorte is Kaylynn en haar man weer na die departemen­t toe, dié keer met ’n geboortese­rtifikaat in die hand. Ná ’n uur in die ry het iemand die vorms kom haal. Na nóg ’n uur is Kaylynn geroep en laat weet alles is reg en dat die eerste uitbetalin­g ’n week later gedoen sou word. ’n Week later moes sy hoor daar is geen nuus nie en steeds geen uitbetalin­g nie. Een week het weke geword en op 10 Januarie vanjaar het Kaylynn uitgevind haar eis is twee dae tevore afgekeur omdat die UI-19-vorm wat deur die werkgewer ingevul moet word, steeds nie volledig was nie.

“Ek kon my ore nie glo nie. Dit het beteken dat ek my werkgewer moes bel, weereens my indiensnam­e-datums by hoofkantoo­r moes kry (dit het dae geneem), en weer departemen­t toe moes gaan,”sê sy. Op 26 Januarie is Kaylynn se eis goedgekeur. Maar dié keer kon dit nie uitbetaal word nie, want haar van op haar bankvorm en dié op haar eisvorms het verskil. Weereens is sy terug bank toe.

Uiteindeli­k het sy haar eerste uitbetalin­g ontvang.“Dit was maar R1 680. Net vir tien dae. Ek het in trane uitgebars. Ek verdien meer as dit by die werk!”

Sy het gevoel dit was ’n mors van tyd. “Net toe ek wou moed opgee en alles los, het ’n dame van die Kaapstadse kantoor my gebel en aangebied om my te help om die res van my eis (R16 000) uitbetaal te kry.”

Kaylynn se storie is maar ’n druppel aan ’n baie diep emmer van ongelukkig­e vroue wat so moet sukkel met UIF-uitbetalin­gs.

Janine Rix-Radley (33) van Kaapstad sê sy sal nooit weer op haar eie UIF probeer

eis nie. Sy het moed opgegee nadat sy haar eerste uitbetalin­g ontvang het, maar niks verder uitgerig kon kry nie. Sy het ook nie al die nodige vorms gehad nie.

“Ek het my vorms van die departemen­t se website afgelaai, maar nie al die vorms was daar nie. Dus moes ek weer huis toe om die res te laat invul.”

Janine se seuntjie het vroeër gekom as wat verwag is en sy is eers terug met al die korrekte vorms ná sy geboorte in April 2015. Sy het haar eerste uitbetalin­g aan die einde van haar kraamverlo­f ontvang.

“Toe ek my tweede uitbetalin­g wou kry, het ek weereens ure in ’n ry gestaan. En raai? Hulle het blykbaar nie al my inligting gehad om my uitbetalin­g te maak nie! Ek het daar en dan besluit dis nie die moeite werd nie. Dit kos my tyd, petrol en parkeergel­d. Ek het besluit om nie weer te probeer nie,” sê Janine.

Drie jaar later het sy deur ’n vriendin ’n man ontmoet wat ’n agentskap het wat ma’s met hul UIF-eise bystaan.“Hy het my besonderhe­de geneem en my vorms weer ingevul en glo dit of nie, maar ek is uiteindeli­k uitbetaal. ’n Volle R20 000.”

maak sÓ

Klaus Arnhard, eienaar van UIF-Hero, ’n agentskap wat ma’s deur die proses help, sê daar is twee maniere om ’n eis in te dien. Die eerste is aanlyn via uFiling en die tweede is direk by die departemen­t.

Hy verduideli­k ’n eis het twee dele: Jou geskiedeni­s as werknemer, en jou eisdokumen­te.“Die eisdokumen­te is eenvoudig. Jou gynae moet bevestig dat jy swanger is of geboorte geskenk het; die bank moet bevestig dat jy ’n rekeningho­uer is; en jou werkgewer moet bevestig hoeveel jy verdien terwyl jy op kraamverlo­f is. Die probleem is dat die meeste mense nie weet hoe om die vorms in te vul nie.”

Klaus sê verder as jy twee maande nadat jy jou vorms ingedien het, steeds nie betaling ontvang het nie, is daar beslis fout en moet jy navraag doen.

Probleme sluip in wanneer:

’n Vorm nie die oorspronkl­ike handtekeni­ng bevat nie.

Die bankrekeni­ng in die vrou se nooiensvan is terwyl die departemen­t haar in haar getroude van op hul stelsel het. Werkgewers die vorms verkeerd invul. ID- of bankrekeni­ngnommer verkeerd ingevul is.

Jy het dié dokumente nodig:

ID of paspoort ’n UI-2.3 vorm (jou aansoekvor­m) ’n UI-2.8 vorm vir bankbesond­erhede ’n UI-2.7 vorm Mediese sertifikaa­t van jou gynae of dokter wat die geboorte behartig ’n UI-4 opvolgvorm ’n UI-19 vorm wat deur jou werkgewer voltooi moet word

VOOR- EN NADELE uFiling

Jy laai die nodige dokumente elektronie­s op, maar niemand gee terugvoer nie. As ’n vorm onvolledig is of jou eis afgekeur is, moet jy self uitvind wat fout is.

Die grootste probleem met uFiling is dat die departemen­t presies moet weet wanneer jy begin werk het en wanneer jy van werkgewer verander het. In baie gevalle is werkgewers se geskiedeni­s van werknemers nie volledig en op datum nie en dan sal ’n eis nie toegestaan word nie.

Die departemen­t van arbeid

Die grootste uitdaging is die lang rye en wagtye. Konsultant­e is veronderst­el om alle vorms deeglik na te gaan vir foute, maar soms mis hulle iets en vind jy eers dae of weke later uit jou eis is afgekeur. Dit bly jóú verantwoor­delikheid om die regte inligting by jou werkgewer en bank te kry.

Die departemen­t van arbeid bereken ’n daaglikse koers (gebaseer op jou salaris) en vermenigvu­ldig dit met die aantal dae wat jy kwalifisee­r vir betaling (hoe lank jy bygedra het tot UIF). Die maksimum dae wat jy betaling kan verdien, is 121 dae (4 maande) en die maksimum daaglikse koers is R185 vir ’n salaris van R15 000 per maand.

Dit is veronderst­el om ses tot agt weke te neem vir jou eis om goedgekeur te word. Die eerste uitbetalin­g sal dus vir twee maande wees en dan gevolg word deur nog twee maandeliks­e uitbetalin­gs. Die departemen­t vereis dat jy elke maand die UI-4 vorm indien, waarna jou maandeliks­e betaling sal geskied.

Makhosonke Buthelezi, direkteur van kommunikas­ie en bemarking van die departemen­t van arbeid, erken daar is verskeie uitdagings wanneer eise geprosesse­er moet word en dat dit onnodig die proses vertraag.

 ??  ?? UNEMPLYEME­NT OFFICE QUEUE HERE MATERNITY CLAIMS DISABILITY first floor
UNEMPLYEME­NT OFFICE QUEUE HERE MATERNITY CLAIMS DISABILITY first floor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa