Kuier

KRAAMVERLO­F:

Nuwe pa’s kan eersdaags uitsien na tien dae kraamverlo­f, maar menings verskil oor of hulle dit werklik nodig het en of alle pa’s dit behoort te kry.

- DEUR ELMARINE ANTHONY

Pa’s kry eersdaags meer dae

Om ’n nuwe baba vir die eerste keer huis toe te bring, is opwindend, maar soms baie moeilik. Vroue moet baie keer alleen klaarkom en na die baba kyk omdat pa’s tans slegs drie dae se gesinsverl­of kry. Dít kan egter eersdaags verander.

Die Parlement het in November verlede jaar die Wysigingsw­etsontwerp op Arbeidsreg­te aanvaar wat voorsienin­g maak vir tien werksdae se betaalde vaderskaps­of kraamverlo­f vir mans. Mans sal as die pa van die baba geregistre­er moet word om vir kraamverlo­f te kwalifisee­r.

Die wet is deur Cheryllyn Dudley, ’n lid van die Parlement vir die African Christian Democratic Party, voorgestel.“Werkers in Suid-Afrika is nie meer bereid om hul gesinne op te offer terwyl hulle hul deel doen om Suid-Afrika aan die gang te hou nie. Sterk gesinne en om produktief te wees, gaan hand aan hand. Hulle gaan dit nie meer aanvaar om tussen die twee te kies nie,”het sy in ’n verklaring gesê.

Die wet sal vanjaar aan die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê word, waarna dit deur die president bekragtig moet word.

Die wet sal ook voorsienin­g maak vir aanneemoue­rs en ouers wat ’n surrogaat gebruik het om ’n baba te kry. Hulle was voorheen nie geregtig op verlof nie. Aanneemoue­rs sal geregtig wees op tien weke se betaalde verlof indien die aanneemkin­d onder die ouderdom van twee jaar oud is.

Die verlof kan geneem word wanneer die aanneming toegestaan word of met die kind se geboorte. Indien daar twee aanneemoue­rs is, sal een van hulle aanneemver­lof en die ander een ouerskapsv­erlof kan neem. Van die betalings vir die verlof, sal uit die werklooshe­idverseker­ingsfonds (UIF) betaal word.

Almal nie tevrede nie

Maar nie almal is so gelukkig met die nuwe wet nie. Betty Bester (67) van Maitland buite Kaapstad, sê dit is“belaglik”dat mans kraamverlo­f kry en dat drie dae“oorgenoeg”is.

Sy meen die verlore werksure gaan produktiwi­teit beïnvloed.“Baie jare terug was dit nie só nie en die vrou het self reggekom. Hoekom moet mans kraamverlo­f kry?”

Daarteenoo­r meen Vanessa Blaauw (31) van Bredasdorp in die Wes-Kaap, wat tans haar eersteling verwag, die drie dae gesinsverl­of vir mans is“hopeloos te min”.

“As vroue het ons sóveel ondersteun­ing nodig. Drie dae is te min, veral vir ons wat vir die eerste keer ma is. Ons kan doen met ’n bietjie hulp van die man se kant af,”sê sy.

Terwyl alle werkende verwagtend­e pa’s (getroud en ongetroud) geregtig is op die drie dae verlof, meen sommige mense dat die 10 dae kraamverlo­f net vir getroude mans moet wees. Pa’s wat geen rol in hul kinders se lewe speel nie en glad nie saam met hul kind se ma is nie, kan die wet misbruik, meen sommige Kuier- lesers.

Reuben Willemse (29) van Stellenbos­ch in die Boland, stem hiermee saam en sê nét toegewyde en getroude pa’s moet die tien dae kry om te verseker dat mense dit nie misbruik nie.

“Dit gaan onreverdig wees teenoor pa’s wat toegewyd is aan hul kinders.”Dié pa van twee (7 en 1) sê hy wens hy kon meer as twee dae af gewees het met sy jongste kind se geboorte, veral omdat sy maat ’n keisersnee gehad het. Die kind se ouma het verlof geneem om haar te help.“Ons as pa’s kry nie genoeg tyd met ons pasgebore babas nie.”

Vanessa, wat getroud is, meen egter alle pa’s moet geregtig wees op die tien dae, want“’n kindjie vra nie of sy ouers getroud is of nie”.

Nie net sal pa’s ekstra hulp aan hul vroue of ná geboorte kan verleen nie, maar ook meer tyd het om ’n band te vorm met hul nuwe babas.“Hierdie kans wat aan vaders gegun word, kan beskou word as ’n baie voordelige ontwikkeli­ng vir die welstand van gesinne,”meen Hendrik de Bruin, ’n arbeidsver­houding-konsultant in Pretoria.

Dít kan lei tot beter produktiwi­teit en algehele werkstevre­denheid.

“Werkgewers sal kan bevestig dat werknemers wat tuis swaarkry en onder druk verkeer, ook nie by die werk tot hul volle potensiaal kan funksionee­r nie. Die wysiging van die wetgewing is ’n stap in die regte rigting om ’n positiewe bydrae te lewer tot die holistiese welstand van werknemers, wat self indirek voordele vir die werkgewer inhou,”sê Hendrik.

Hy beskou die feit dat die wet ook voorsienin­g maak vir aanneemoue­rs as ’n deurbraak vir alternatie­we gesinne waar twee pa’s byvoorbeel­d ’n kind aanneem.

Die wet sal na verwagting middelvanj­aar bekragtig word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa