Kuier

JOU KIND EN SKOOL:

Films kom al van toeka se tyd aan en dit het nie altyd so cool soos nou gelyk nie . . . Charlie Chaplin is veral bekend as ikoon van die stilfilm-era. Charlie word dikwels geassosiee­r met sy gewilde karakter, The Tramp – die man met die tandeborse­l, snor,

- DEUR Shirmoney Rhode

Leer oor die geskiedeni­s van flieks

Dis nou maar eenmaal lekker om met ’n groot boks popcorn en ’n koue koeldrank te gaan fliek of sommer op die rusbank te lê en een by die huis te kyk. Wonder jy ooit oor hoe films ontstaan het? Hoe dit gemaak word en wat die bekendste flieks is wat al ooit gemaak is? Jy hoef nie meer te wonder nie, die antwoorde is almal hier!

1890’s:

Die Franse broers Auguste en Louis Lumière, het die eerste praktiese toestel uitgevind waarmee films opgeneem en vertoon kon word. Dié toestel was beide ’n filmkamera en ’n projektor. Dit het klanklose swart-en-wit films opgeneem. Die eerste filmkamera-projektor is in 1896 na Suid-Afrika gebring.

1894:

William Friese Greene doen aansoek om ’n patent vir sy 3D-uitvindsel te registreer.

1897:

In Mei het die eerste dokumentêr­e film,

The Corbett-Fitzsimmon­s Fight, geregisseu­r deur Enoch J. Rector, verskyn. Dit word as die eerste speelfilm (feature film) beskou omdat dit die langste film was wat toe vervaardig is. Die film het nie klank gehad nie.

1906:

Die wêreld se eerste dramatiese speelfilm verskyn in Australië. Die stilfilm, The story

of the Kelly gang, is minstens 60 minute lank en is deur Charles Tait geskiet en geregisseu­r. Die film word ook beskou as die wêreld se eerste vollengte film.

1911:

Suid-Afrika se eerste vollengte drama-film, The Great Kimberley Diamond Rob

bery, word vrygestel. En kort daarna in 1912 is die eerste amptelike bioskoop in Johannesbu­rg geopen. Die eerste film met klank verskyn in April in New York City.

1937:

Baie beskou Walt Disney se Snow White

and the Seven Dwarfs as die eerste animasiefl­iek, al is daar ten minste sewe films voor dit vrygestel. Disney se fliek is egter die eerste een wat net handanimas­ie (waar alles met die hand geteken is) bevat.

1940:

Green Screen word begin gebruik. Akteurs staan voor ’n kaal en een kleurige muur terwyl hulle toneelspee­l. Só kan daar enige agtergrond ingevoeg word en hulle “enige plek” in die wêreld wees. Dit word ook gebruik vir optiese illusies.

1970’s:

Computer Generated Imagery (CGI) is vir die eerste keer in film in die sci-fi Westworld (1973) gebruik. Hierdie spesiale effekte het ’n groot bydrae gemaak tot die sukses van produksies met groot begrotings soos Close Encounters of the Third Kind (1977), Star Wars (1977)

en Jaws (1977).

1990’s:

Rekenaargr­afika is vir die eerste keer deur Pixar gebruik om die bekende Beauty and the

Beast te maak. Spesiale effekte is verbeter toe studio’s films digitaal begin manipuleer het soos in Terminator 2: Judgment Day (1991) en Jurassic Park ( 1993). Toy

Story (1995) was die eerste film wat heeltemal deur ’n rekenaar geanimeer is.

2000 – :

Die millennium het baie vooruitgan­g in tegnologie meegebring. Blu-ray discs en IMAX-teaters word ontwikkel. Sedert die 2000’s kan films en TVprogramm­e op slimfone, tablette en rekenaars gekyk word. ’n Mens kan selfs films en programme stream deur dienste soos Netflix te gebruik.

pre-produksie

Die idee vir ’n film kan byvoorbeel­d deur ’n filmvervaa­rdiger of regisseur voorgestel word. Soms word boeke aangepas vir verfilming. Wanneer die idee vasgestel is, word ’n storie daar rondom geskep. Sodra die storie finaal is, word skrywers gehuur om die draaiboek te skryf.

Verfilming

Dis tydens die proses van verfilming waar die storie lewe kry. Baie toerusting word gebruik om die film te maak. Hier sorg die bemanning vir die volgende vyf dinge: stel of plek, beligting, klankopnam­e, kamerabewe­gings en die optredes van akteurs. Die fliek kan óf in film óf met digitale kameras geskiet word.

POST-PRODUKSIE

Die regisseur gee opwinding en die stemming wat die gehoor tydens die film moet ervaar. Spesiale effekte word bygevoeg voordat die materiaal vir redigering gestuur word. Die klank word gesinkroni­seer en die agtergrond­musiek word bygevoeg. • Die eerste Oscars is in 1929 toegeken. • Suid-Afrika het 2 Oscars gewen, Charlize Theron vir Best Actress in Monster in 2004 en Tsotsi in 2006 vir Best Foreign Language Film. • Tatum O’Neal was op 10 die jongste Oscarwenne­r en Christophe­r Plummer op 82 die oudste. • Katherine Hepburne is die aktrise wat die meeste Oscars gewen het (4) en Meryl Streep is die meeste • kere benoem (14). Die Oscar-beeldjie weeg meer • as 3 kg. Net Peter Finch (1977) en Heath Ledger (2009) het al ’n Oscar ná hul dood gewen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa