Kuier

WENK VANDIE JAARSE WENNER!

- AANGEBIED DEUR

Baie dankie vir almal wat in 2017 jul oulike wenke vir ons ingestuur het. Ná ’n geswoeg en gesweet het ons uiteindeli­k die wenwenk van die jaar gekies.

Yolandi de Vos (35) van Port Elizabeth is aangewys as die gelukkige wenner van Kuier se Wenk van die Jaar-kompetisie vir 2017!

Sy stap weg met ’n kontantpry­s van R6 000, geborg deur Dermikelp!

Yolandi se wenk is ook in Junie verlede jaar as die wenwenk van die maand gekies: “’n Leë Kellogg’s-papboks werk goed om in jou kind se rugsak te sit om só sy boeke en flip file netjies te hou en te keer dat die boeke se punte omkrul.”

Sy het met ’n vriendin gesels oor die toestand van haar kind se sak toe sy aan die idee dink.

Sy vertel nou hoef sy minder bekommerd te wees oor haar kind se boeke wat onnet gaan wees. Sy is lief vir bak en lees graag Kuier vir almal se slim wenke. Sy is tans swanger en beplan om baba-bederfies te koop met haar prysgeld.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa