Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Oudergewoo­nte val die klem in die tweede uitgawe van Februarie op ouerskap. Maar ek weet ook dis nie almal se gunsteling-uitgawe nie. Só het een ouma op ’n keer vir ons laat weet sy hou nie van al die babas in een uitgawe nie, want al haar kinders is al groot. Ek hoop egter van harte daardie ouma (en al die ander wat dink hierdie uitgawe is nie vir hulle nie) het tog hierdie een gekoop, want ek belowe al gaan julle baie babas sien, sal julle gou besef daar is baie meer aan die stories sodra julle verder lees.

Die verhaal van Serena Hope (bladsy 12) is byvoorbeel­d vir my nie net een van ’n vroeggebor­e baba wat almal verkeerd bewys het nie, dit wys ons weer dat alles moontlik is deur gebed en geloof. En wat kan ’n mens sê van suster Letania October! Haar passie vir haar werk is vanselfspr­ekend, maar ek kan my dit nie eens indink hoe dit moet wees om elke dag telkemaal letterlik tussen lewe en dood te wees nie. Ek dink mense soos sy moet werklik ’n besonderse insig hê in hoe kosbaar, maar ook kortstondi­g die lewe regtig kan wees. Moet ook nie die Ware Lewensdram­a (bladsy 14) misloop nie.

Dankie ook aan HemelBesem en sy vrou wat Kuier gekies het om hul kosbare Engel vir die wêreld te wys. Hulle straal behoorlik van die vreugde wat net ’n baba kan bring.

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa