Kuier

Facebook

-

Ons trek al na die einde van die maand van liefde toe, maar ons wou hoor by

Kuier- mense hoe hulle geweet het hul man of maat is“die een?”

Sy sagte, kissable lippe, sy stil, opregte siel, sy liefde en respek vir sy ma, vir my. Ek het hom eerste gesoen, hy was skaam . . . Ek is verlief soos ’n jong puppy wou net daai sagte lippe bykom. 25 jaar getroud, hy soen nog altyd so lekker!

JUDY GOVENDER, KAAPSTAD

Hy was my dogter se buurman en ek het sommer geweet hier kom ’n ding! Oe! En daai sexy blou ogies en blonde hare van hom . . . En hy was so plat op die aarde. Ek het geweet nou het ek my man gekry. Ons is al byna 26 jaar saam.

SUSANNA KRUGER, KRUGERSDOR­P

Ons het mekaar as jong mense leer ken. 20+ jaar later ontmoet ons weer by ’n troue, sewe maande later is ons getroud. Hy verstaan my. Hy gee my ruimte, is my beste vriend, my skindermaa­tjie, die mens wie altyd my“back”het. MAYGENE DE WEE, KAAPSTAD

Ons het bevriend geraak toe my seun drie jaar oud was en ek single was vir twee jaar. Die manier hoe hy met my kind was, het ek geweet hy is die een.

LA-ROCHELLE COGILL PETERSEN, BISHOP LAVIS

Ek wag nogsteeds. Ek was nog nooit voorheen getroud nie, maar hulle sê mos elke pot het sy deksel, so ek sal maar nogsteeds wag. LOL! My vriende sê ek is te independen­t en dit skrik mans af.

SHERLENE MAARMAN, KAAPSTAD

Baie mense droom hulle wen die Lotto. En ons wou weet as Kuier- lesers die Lotto wen, wat die eerste ding is wat hulle sal koop?

Ek wil wegraak vir ten minste ’n maand. Sal ’n nota los: “Ek het die Lotto gewen, moenie my soek of die SAPD bel nie, ek sal julle bel wanneer ek al my geld belê het.”

DENVOR W. FARAO, KAAPSTAD

’n Vliegtuigk­aartjie vir ’n naweek weg waar water nie ’n probleem is nie. Dan sal ek in ’n bad lê en nugter dink oor wat om te doen met die geld.

LIZETTE DE WAAL, CLAREMONT

Koop vir my en my bestie tickets vir Emo Adams se 30 year show en ’n ticket vir die Cape Town Jazz Festival. Gaan ons travelling expenses vanaf Namibië aansienlik verminder. Meer geld om op shopping te spend. Reality check: Net ander mense wen die Lotto.

JESSYCA ABRAHAMS, KAAPSTAD

Niks. Gaan alles in die bank sit om eers oor die skok te kom. Dan gee ek vir familie elkeen ’n paar rand, vir ’n paar liefdadigh­eidsplekke, ek betaal my skuld klaar en los die geld wat oor is net daar. Gaan dan aan op my salaris, sal nie my werk bedank nie.

JOAN ROSENBERG, GOEDVERWAC­HT

’n Faksmasjie­n om vir my baas my bedanking te faks.

MARIAAN HERBST, KAAPSTAD

Ek sal eers trek, ander huis koop, karretjie aanskaf en ’n sopkombuis oopmaak. MARILYN DE BRUYN, KAAPSTAD

Ek sal my ma se huis groter bou. Ek skuld haar baie, maar dit sal haar hart baie bly maak. Koop sommer ’n kar ook. Laat sy ophou die treurige treine ry. ANDREA LEVONTÉ REYNEKCE, KAAPSTAD

Kuier het sowaar leesstof vir Afrika! Ek het myne sommer in een dag klaar gelees, so hou ek van leesstof – veral die real life verhale. Mense met uithouverm­oë maak dit interessan­t. Puik leesstof!

CINDY PAULSE, KAAPSTAD

Tot die skoonmaker­s het hy met respek behandel ( Prof spog met sy drie dog(k)ters, 7 Februarie 2018). Prof is ’n baie bedag- same, opregte gentleman. Ek glo sy dogters sal regte ladies in hul professie wees.

ROZ LESCH, MONTEVIDEO

Ek raak benoud as ek dink ons water is so min ( Dag Zero kom nader, 24 Januarie), want ek is so gewoond baie water drink per dag. Ek dra my deel by om water te bespaar en een van my tips is, in die toilet hou ek ’n klein drom vir my toiletpapi­er, want as jy twee keer per dag flush is daar nie so baie papier in die toilet wanneer jy flush nie. Probeer dit.

AMY VAN DER POEL, BELHAR

Het ons regtig soveel onnodige goed nodig ( Op van kos(tes), 7 Februarie 2018)? ’n Gesonde persoon kan dink aan maniere om van die huis af ekstra te verdien.

ELDENE GOOSEN, VANRHYNSDO­RP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa