Kuier

Ernusta Maralack (33)

-

Kuier se van Kuilsrivie­r, Kaapstad: Sy is ma van Gemma (4) en het ’n tweede baba op pad.“Wat ek van moederskap geleer het, kom nie noodwendig van iets wat iemand vir my gesê het nie, maar meer uit wat ek waargeneem het by my ma. By haar het ek geleer hoe belangrik dit is om geduld te hê met jou kinders wanneer hulle deur hul verskeie fases gaan; om seker te maak hulle weet as ma het jy hulle meer as enigiets op aarde lief, want dit bied geborgenhe­id en gee jou kind selfvertro­ue. Moet ook nie nie enige van jou kinders voortrek nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa