Kuier

Apps vir ma’s

-

Where’sMy’Droid:

Het jou foon al ooit soek geraak in jou huis toe dit op silent was? Where’sMy’Droid kan jou foon se luitoon weer aanskakel en jou foon laat lui sodat jy dit maklik kan vind. Dit kan ook jou GPS gebruik om jou foon se koördinate te kry.

Feed Baby Tracker App:

Die eerste paar maande met ’n nuwe baba is oorweldige­nd om die minste te sê! Wanneer laas het hy geëet? Hoeveel? Hoe lank slaap hy al? Is dit te lank? Wanneer laas het jy sy doek omgeruil? Feed Baby Tracker help jou hiermee.

MMGuardian Parenting App:

Hierdie app help jou om vinnig jou kind se foon op te spoor op jou maps app. Dit kan ook jou kind se foon sluit of ontsluit. En nee, jou kind sal dit nie sommer kan uninstall nie, hy sal ’n kode nodig hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa