Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir vuil skoenveter­s, doppies wat byna onmoontlik is om oop te maak en wenke om ontslae te raak van lastige insekte.

- AANGEBIED DEUR

Ek gebruik die bruin papiersakk­e waarin ons wegneemete­s kom, om my panne uit te voer as ek vrugtekoek bak. Dit werk ook goed as ek my oondpan uitvoer vir beskuit. J. BINNEMAN, WESTDENE Sprinkel ’n bietjie sout in die pan as jy iets braai om te keer dat die vet spat. SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS

As jou strykyster aangebrand het, laat dit warm word, sit af en spuit met Doom. Neem skoon staalwol en vryf liggies. Sit weer aan en stryk op ’n ou handdoek tot dit weer skoon is.

SAARTJIE HENDRICKS, SOMERSET-OOS

Wanneer ek groente skil, werk ek oor ’n sakkie. Die sakkie bly daar tot die kos byna klaar gekook is. Dan is al die afval maklik om te verwyder. Ek knoop dit net en gooi dit dan in die drom, siedaar!

DAWN, KRAAIFONTE­IN

As ’n doppie te styf is en jy kan dit nie oopmaak nie, sit dit onderstebo in ’n bietjie kookwater. Jy sal dit onmiddelli­k oopkry.

ANN VAN ROOYEN, PAARL

Trek ou telefoongi­dse oor met mooi materiaal en gebruik as potstaande­rs vir warm geregte.

JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

Maak taai vleis sag deur ’n bietjie kitsgis (yeast) oor te strooi gedurende gaarmaakty­d.

DELORES STANLEY, TSITSIKAMM­A

Gebruik ’n halwe koppie meel om deeg van jou hande af te vryf wanneer jy klaar geknie het en om deegbak skoon te maak. Dit spaar water.

ZELDA MCKAY, KIMBERLEY

Koop skoene in die middag wanneer jou voete effens geswel is. Sodoende verhoed jy skoene wat te knap sit.

ANSIE FERREIRA, GANSBAAI

As jou kop baie sweet, kan jy babapoeier in jou kop vryf. Dit help vir die sweet en die jeuk. Wend ook aan jou voorkop indien jou hare oor jou voorkop hang.

SHARON COLLINS, KIMBERLEY

Meng een koppie Griekse jogurt met een koppie bruismeel vir ’n lekker en maklike pizzadeeg.

SANDRA DANIELS, BISHOP LAVIS

Sukkel jy om jou skoenveter­s weer wit te kry? Neem ’n klein houer met deksel (glaspotjie of ou pilhouer) wat groot genoeg is vir die veters. Plaas die veters in die potjie. Gooi een teelepel Jik en twee druppels opwasmidde­l in. Gooi die houer tot driekwart met water, maak die houer styf toe en skud vir ’n paar sekondes (10 – 20) afhangend van hoe vuil die veters is. Laat staan vir 4 – 5 minute. Haal veters uit, spoel in skoon water, hang op om droog te raak en dan het jy spierwit veters.

J. BOK, SALDANHA

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa