Kuier

Antwoorde gegee

-

Smeer bietjie olyfolie oor oop kant van avokadopee­r. Jy kan ook avokadoper­e saam met ’n stuk ui in ’n bakkie hou om langer vars te bly.

S. GREYVENSTE­YN, KUILSRIVIE­R Vir bedsere, smeer Maizena op liggaam en strooi op die laken. CHARLOTTE KRUGER, KIMBERLEY

Vir bedsere, meng ’n houer aqueous cream goed saam met ’n halwe botteltjie tea tree-olie en smeer aan die bedsere. Dit werk.

KARIN, PRINGLEBAA­I

As jy baie skilfers het, voeg een eetlepel koeksoda en een eetlepel suurlemoen­sap en ’n halwe Disprin in jou conditione­r. Los aan vir tien minute elke keer as jy hare was.

SOPHIA ROOI, CERES

Om te keer dat jou avo’s nie bruin trek nie, gooi ’n bietjie suurlemoen­sap oor voordat jy dit bê.

EMILE ADAMS, MAMRE

Vir bedsere, meng een pot 50 g wit Vaseline met twee klein blikkies Vicks. Ek smeer dit aan my ouma se lyf en sy het nie bedsere nie.

MAGDALENA ONTONG, VELDDRIF

Maak net eenpotgere­g en vries. Ek maak vir myself kos, want mens kan maak net waarvoor jy lus is. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Sterkte.

LYDIA MOUTON, PRETORIA

Vryf muwwe vlekke en hardnekkig­e vlekke met ’n koekie wit lyfseep. Vryf dan totdat dit uitkom.

AMELIA MARITZ, VEREENIGIN­G

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa