Kuier

Help jou kind só

-

Deesdae is kinders se skoolsakke so swaar dat dit tot ernstige rug- en postuurpro­bleme kan lei. Hier is wenke om jou kind te help:

Werk kussinkies aan die straps om die swaar gewig op hul skouers te verlig. As jy nie genoeg tyd het nie, kan masking tape tydelik werk.

Help jou kind een keer per week om die sak uit te pak en alle onnodige goed uit te haal.

Kry ’n ekstra sakkie vir kosblikke en waterbotte­ls as wat jy alles in die sak probeer prop.

Pak die sak sodat die gewig eweredig versprei word en goed nie skuif terwyl jou kind beweeg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa