Kuier

SIELKUNDIG­E IMPAK

-

Volgens Candice Cowen, ’n kliniese sielkundig­e in Johannesbu­rg, is dit nie ongewoon vir iemand om daaglikse herinnerin­ge ná ’n traumaties­e gebeurteni­s te hê nie. Sy sê die feit dat Flippie elke dag verby die ongeluksto­neel moet ry, kan tot verdere angstighei­d lei. Dié angstighei­d sal vererger as die een ook aan PTSD (posttrauma­tiese stresverst­euring) ly, veral as dit nie gediagnose­er word of behandel is nie.

“Hy ervaar dalk simptome van PTSD, kwaadheid en gevoelens van walging (teenoor homself),”meen Candice. Sy beskryf dié emosies as normaal en kan verwag word gegewe die aard van die ongeluk. “Nietemin, as die busbestuur­der nie toepaslik deur die emosionele proses en na aanvaardin­g en vergifnis werk nie, gaan hy dalk vassit in die angstighei­d, skuldgevoe­lens en skaamte. Die mees toepaslike ding vir hom is om ’n vorm van sielkundig­e hulp te kry.”

Vergifnis is belangrik vir iemand om emosies soos kwaadheid in die pa se geval en skuldgevoe­lens in Flippie se geval, te laat gaan. “Aanvaardin­g en vergifnis het bemagtigen­de, genesende en positiewe elemente en help individue om ’n trauma te verwerk sodat hulle kan aangaan met hul daaglikse lewens.”

Wat die Schoemans betref, is die rippeleffe­k en stres op die gesin weens die ongeluk, volgens Candice, glad nie verbasend nie. Die fisieke beserings beteken nie net bykomende finansiële uitgawes nie, maar ook bykomende versorging vir Rohain. Dit kan beduidende stres, frustrasie, kwaadheid en angs veroorsaak, sê Candice. Die feit dat die pa nou twee werke doen vir ekstra inkomste, beteken hy is minder by die huis wat weer ’n negatiewe impak op verhouding­s, insluitend hul huwelik kan hê.“Hoe die gesin die voorval as individue en as gesin saam hanteer, gaan afhang van hul veerkragti­gheid. Hulle het dalk bykomende emosionele ondersteun­ing van familie en vriende nodig en verdere hulp van maatskapli­ke werkers of sielkundig­es.”

Volgens Candice ly Morné dalk aan PTSD en kan hy ook profession­ele hulp benodig.

Sy sê wanneer mense skuldig voel, wil hulle gewoonlik dinge beter of reg maak. Morné weet dalk nie hoe om dinge reg te maak nie, wat hom hulpeloos of angstig kan laat voel. Die angstighei­d kan lei tot ongewone gedrag soos om meer sensitief en huilerig te wees. Dit kan ook sy eet- en slaappatro­ne, konsentras­ie en sy gedrag teenoor ander mense affekteer. Hy kan ook fisiese pyne soos maagkrampe of hoofpyne weens die trauma kry. Dít kan almal tekens wees dat hy hulp nodig het om die trauma te verwerk.

Hoe kan sy ouers hom help?

Help hom om sy emosies te identifise­er – indien hy sukkel om dit te verwoord, gee hom name van gevoelens. Stel hom gerus dat hulle daar is vir hom. Praat met ander familieled­e en sy onderwyser­s sodat hulle hom ekstra ondersteun­ing kan bied. Troos hom fisies met dinge soos drukkies. Laat hom toe om oor sy trauma te praat – dit gee sy ouers die geleenthei­d om empatie teenoor hom te toon.

’n Ongeluk, veral wanneer ’n lewe so drasties soos Rohain en sy gesin s’n verander is, kan verrykende gevolge hê.

Maar soos die kenner sê, dis belangrik om profession­ele hulp in te kry en dat vergifnis baie kan help met al die partye se emosionele herstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa