Kuier

TUNALASAGN­E

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

8 eetlepels botter 1 ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, fyngekap 3 groterige preie (leeks), goed skoongemaa­k en in dun ringe gesny 3 stingeluie (spring onion), fyngekap 1 eetlepel sprietuie (chives), fyngekap 2 eetlepels varsgekapt­e pietersiel­ie Gerasperde skil van 1 suurlemoen 6 eetlepels koekmeel 1 koppie warm hoenderaft­reksel 3 koppies warm melk 2 x 185 g-blikkies tuna in water, goed gedreineer Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 200 g lasagnevel­le 1 koppie broodkrumm­els 3 eetlepels parmesaan

METODE

Verhit die botter in ’n kastrol en plaas uie, knoffel, preie, stingeluie en spriet- uie daarin. Bedek die kastrol en kook vir ongeveer 10 minute tot die groente begin sag word. Voeg die pietersiel­ie en suurlemoen­skil by en kook vir nog ’n minuut of twee. Roer die koekmeel by en meng goed sodat dit nie klonte vorm nie. Voeg die aftreksel en melk geleidelik by en roer totdat die mengsel begin dik word. Roer die tuna by en geur met sout en peper. Skep ’n paar lepels van die mengsel onderin ’n gesmeerde oondbak en versprei egalig oor die bodem. Rangskik ’n laag lasagnevel­le bo-op. Skep van die ’n derde van die oorblywend­e tunamengse­l bo-op, volg met ’n laag pasta. Herhaal en eindig met ’n laag tunamengse­l. Meng die broodkrumm­els en die parmesaan en sprinkel bo-oor. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 45 – 50 minute. Laat effens afkoel voordat jy dit bedien met ’n heerlike vars slaai.

WENK: Ek hou ’n bak kookwater byderhand en doop die lasagnevel­le een vir een daarin voordat ek dit in lae pak. Dit maak dat die pasta meer egalig gaar word wanneer dit in die oond bak. Ek gebruik ’n skêr om die velle, sodra dit uit die kookwater kom, te knip sodat dit mooi langs mekaar in die bak pas. Moenie dat jou velle oor mekaar lê nie. – Karen Hart

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa