Kuier

TUNA-QUESADILLA

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

2 x 185 g-blikkies tuna, gedreineer en gevlok ¼ koppie mayonnaise ¼ koppie fyngekapte tamatie, mieliepitt­e en ui, gemeng met ’n bietjie vars koljander en sout en peper 8 wraps 1 koppie cheddarkaa­s, gerasper

METODE

Meng die tuna, mayonnaise en tamatiemie­lie- en-ui-mengsel. Smeer dié mengsel op 4 van die wraps. Sprinkel kaas oor en plaas die ander 4 wraps bo-op. Smeer ’n non-stick-pan liggies met olie en braai die quesadilla­s een op ’n slag. Braai totdat dit liggies verbruin is aan die onderkant voordat jy dit aan die ander kant ook liggies verbruin. Braai totdat die kaas gesmelt het. Sny in skywe en bedien saam met ’n lekker mengselsla­ai vir ’n heerlike middagete.

WENK:

Jy kan ’n botteltjie salsamengs­el by die winkel koop en in die plek van die vars tamatie en ui gebruik. Dit sal die quesadilla waarskynli­k makliker maak om te hanteer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa