Kuier

TUNAKERRIE

-

WENK: Jy kan gewone of jasmynrys ook gebruik. Bruin rys sal net so goed werk as jy ’n meer veselryke opsie verkies.

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 1 rooi brandrissi­e, naatjies en pitjies verwyder en fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 x 3 cm-stuk vars gemmer, geskil en gerasper of baie fyn gekap 1 van elk groen, rooi en geel soetrissie, witgedeelt­es en pitjies verwyder en in repies gesny 2 – 3 teelepels matige kerriepoei­er ½ koppie hoenderaft­reksel 3 koppies gaar basmati-rys 2 x 185 g-blikkies tuna, gedreineer Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ’n Handvol varsgekapt­e koljander Geroosterd­e amandelvlo­kkies vir garnering

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomp­an of -kastrol en braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die soetrissie, knoffel, brandrissi­e en gemmer by en braai vir nog ’n paar minute totdat die groente begin sag word. Roer die kerriepoei­er en die aftreksel by en laat vir 5 minute liggies prut. Voeg die rys en tuna by en meng goed. Laat vir 5 – 7 minute lank liggies kook totdat alles deurwarm is. Geur met sout en peper en roer die koljander deur. Skep uit in ’n mooi opdienbak en sprinkel die amandelvlo­kkies bo-oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa