Kuier

geurige soetbrood

Hierdie broodjie is lekker vir teetyd en perfek om voor te sit vir onverwagte gaste om aan te peusel.

- Deur Karen Hart

SUURLEMOEN-EN-ROOSMARYNB­ROOD Lewer een middelslag brood BESTANDDEL­E Vir die brood

5 eetlepels sagte botter 1 koppie strooisuik­er (castor sugar) 2 eiers 450 ml bruismeel (selfraisin­g flour) ½ teelepel sout ½ koppie melk Gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 eetlepel varsgekapt­e roosmaryn (of 1 teelepel droë)

Vir die stroop

½ koppie strooisuik­er Sap van 2 ryp suurlemoen­e 1 takkie roosmaryn (As jy nie het nie, laat dit heeltemal weg.)

METODE

Vir die brood: Klits die botter, strooisuik­er en eiers saam. Sif die bruismeel en sout saam. Roer die meelmengse­l en melk om die beurt by die bottermeng­sel. Roer die suurlemoen-skil en roosmaryn by. Skep die mengsel in ’n gesmeerde, standaardg­rootte broodpan wat met bakpapier gevoer is. Bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 45 – 60 minute of totdat ’n tandestokk­ie skoon uitkom wanneer dit in die middel gedruk word. Vir die

stroop: Meng die bestanddel­e vir die stroop in ’n klein kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is sodra jy die brood in die oond sit. Laat die stroop staan terwyl jy vir die brood wag om te bak. Prik die brood oral oor met ’n vurk en giet die stroop oor die warm brood. Laat die brood in die pan staan om heeltemal af te koel voordat jy dit uithaal.

WENK: Die brood is heerlik net so, maar as jy nou regtig ’n bietjie oordaad soek, kan jy dit met roomkaas en heuning bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa