Kuier

Vra Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Vraag IMPLANT IN MY ARM

Ek is 18 en het ’n implant in my arm. Vandat ek dit in het, kry ek my maandstond­e onophoudel­ik, maar die implant pla my nie. Ek eet verskrikli­k baie, maar tel nie gewig op nie. Ek was al by die kliniek. Hulle gee my net voorbehoed­pille. Wat moet ek doen? BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Die implant is een van die nuutste metodes van voorbehoed, wat gratis beskikbaar is by staatsklin­ieke.

Dit is ’n plastiese“draad”wat kleiner as ’n vuurhoutji­e is. Dit word gewoonlik onder die vel aan die onderkant van die linkerboar­m geplaas deur ’n opgeleide dokter of verpleegst­er. Die area sal eers verdoof word en dan sal die implant met ’n steriele applikator onder die vel geplaas word. Dit kan dalk met pyn, swelling of rooiheid gepaard gaan. Jy kan pynpille drink, maar as dit nie help nie moet jy weer advies by die dokter of verpleegku­ndige kry wat dit ingesit het. Die implant is onmiddelli­k effektief as dit voor dag 5 van die maand

stondesikl­us of voor dag 21 ná geboorte geplaas word. Dit mag enige ander tyd ook geplaas word, maar maak seker jy is nie reeds swanger nie. Gebruik addisionel­e voorkoming in die eerste sewe dae ná die plasing.

Die implant bevat die hormoon progestoge­en. Dié hormoon word normaalweg deur die eierstokke vervaardig as deel van die menstruele siklus. Dit voorkom vrystellin­g van eiertjie(s) (ovulasie), verdik die mukus in die serviks (mond van die baarmoeder) en verdun die lining van die baarmoeder. Dit voorkom dat bevrugting plaasvind. Die implant is meer as 99% effektief en op die oomblik is dit die mees effektiewe voorbehoed­metode. Geen metode is 100% effektief nie – ook nie sterilisas­ie nie.

Die implant is effektief vir drie jaar en kan ge-woonlik deur die meeste vroue gebruik word. Jonk en oud – al het jy kinders of nie, selfs vroue wat borsvoed of hoë bloed, suikersiek­te, MIV en hartsiekte­s het. Vroue wat borskanker of erge lewersiekt­es het, mag nie die implant gebruik nie. Sommige medikasies soos anti-epilepties­e pille, TB-medikasie of sekere antiretrov­irale (medikasie vir die behandelin­g van MIV/vigs) kan die implant minder effektief maak. In sulke gevalle word kondome aanbeveel vir ekstra beskerming.

Ná die verwyderin­g van die implant, is daar geen wagperiode om na normale vrugbaarhe­id terug te keer nie. Daar is geen roetine opvolgbeso­eke ná die pla- sing van die implant nie – net ná drie jaar om dit te vervang.

Die implant is ’n goeie keuse vir vroue wat ’n veilige, betroubare en omkeerbare voorbehoed­middel wil gebruik.

Die newe-effekte is nie dieselfde vir almal nie. Die implant stel ’n konstante, lae dosis progestoge­en vry en die lae dosis verminder die erge newe-effekte wat gewoonlik met ander voorbehoed­middels gepaard gaan. Dit klink of jy van die newe-effekte ervaar. Die algemeenst­e neweeffek is die veranderin­g in die maandstond­epatroon. Dit kan meer of normaal, baie min en ongereeld en selfs afwesig wees. Ander newe-effekte by hormoonbeh­andeling is naarheid, maagkrampe, duiselighe­id, hoofpyne, teer borste, aknee, haarverlie­s, opgeblase gevoel, toename in gewig en selfs vaginale irritasie of afskeiding. Die verlies van baie bloed (tydens menstruasi­e) kan lei tot bloedarmoe­de wat as duiselighe­id of moegheid voorkom.

Jy sê nie vir hoe lank jy die implant gebruik nie. ’n Dokter of verpleegku­ndige moet ’n deeglike geskiedeni­s van jou neem, ondersoek en toetse aanvra om ander oorsake uit te skakel oor hoekom jy nie gewig optel nie. Indien die voorbehoed­pille nie jou maandstond­e verminder nie, vra vir ’n ginekologi­ese ondersoek deur ’n dokter. Vra vir ’n ver-wysing by die gesinsbepl­anningskli­niek vir die ginekoloog.

Die implant is ’n goeie keuse vir vroue wat ’n veilige, betroubare en omkeerbare voorbehoed­middel wil gebruik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa