Kuier

gaan op safari

Ontspan in gerief in die bos en besigtig wild van naderby in die Mopani-kamp by die Kruger Nasionale Park.

-

’nTrop olifantkoe­ie met hul kalfies wei net enkele meters van die roete wat lei na die Mopanikamp. Getrou aan hul rol as versorgers en beskermers, hou hulle ’n wakende oog oor die omliggende bosse vir enige bedreiging vir hul kalfies. Eenkant drentel ’n olifantbul onrustig rond, angstig vir ’n kans om by een van die olifantkoe­ie aan te lê.

Omtrent ’n kilometer weg is twee kameelperd­e speels besig om met hul nekke ’n grasieuse paringsdan­s uit te voer.

’n Ontspannen­de rit

Ons bevind ons in die noordelike deel van die Kruger Nasionale Park, op pad na die Mopani-ruskamp, geleë naby die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek in die Limpopo-provinsie. Die kamp is ’n baie gewilde bestemming vir toeriste en natuurlief­hebbers en as jy gelukkig is, kan jy die Groot Vyf al te siene kry kort nadat jy deur die Phalaborwa-hek is, sowat 75 km van die kamp.

Die skilderagt­ige roete na die Mopanirusk­amp bied nie net pragtige natuurskoo­n nie, maar ook ’n oorvloed ander bekende diere om te besigtig soos sebras, wildsbokke en vlakvarke. Genoeg om diereliefh­ebbers na hul asems te laat snak en safari-groentjies na Google te dryf om die diere te identifise­er!

’n Algemene gesig is kameelperd­e wat aan bome se boonste blaartjies knibbel, troppe wildebeest­e wat hul dors in die Letaba-rivier les of renosters wat in die son baai.

Die kamp is geleë in ’n deel van die Kruger Nasionale Park wat oorheers word deur struikagti­ge plantegroe­i en mopaniebom­e, wat die grootste deel van olifante en mopaniewur­ms se dieet uitmaak.

Die kamp bied ook ’n asemrowend­e uitsig oor die Pionierdam wat ryk is aan voëllewe en ’n paradys vir voëlkykers is.

Gerieflike verblyf

Die ingang tot die kamp is baie verwelkome­nd en die area is afgesper van die res van die park om onwelkome nagtelike besoekers uit jou hut of kothuis te hou.

Daar is ’n verskeiden­heid akkommodas­ie beskikbaar en almal is toegerus met die nodige geriewe om gerieflike verblyf te verseker, soos elektrisit­eit, lugversorg­ing en braaigerie­we.

Die akkommodas­ie-eenhede kan onderskeid­elik van 2 tot 8 persone huisves en het rietdakke, klipmure en -plaveisel wat perfek met die bosveldomg­ewing saamsmelt. Elke eenheid het ’n kombuis, toegerus met eetgerei, breekware en kookgerei, asook ’n vrieskas in elkeen en mikrogolfo­ond in sommige. Afhangend van die tipe akkommodas­ie wat jy kies, sal die kombuis binne die eenheid self of buite op die stoep wees. Elke eenheid het ’n stort of bad met lopende warm water. Die groter eenhede het ook ’n sitkamer met ’n TV. •

Die gastehuis bestaan uit vier aparte eenhede, elk met slaapplek vir twee persone. Dit het ’n aparte sitkamer/TVkamer, eetkamer, kombuis, braai-area en ’n sentrale punt waar ’n gesellige bosveldvuu­r saans gemaak kan word. Dit is omhein om privaathei­d te verseker en is die grootste akkommodas­ie-eenheid in die kamp. •

Boulders is ’n groot rietdakhui­s met baksteenmu­re wat ’n in-die-bos-gevoel verseker, maar met al die geriewe waaraan jy gewoond is. Dit bestaan uit enkel- en dubbelslaa­pkamers, badkamers, ’n volledig toegeruste kombuis met toebehore, sitkamer, eetkamer, kroeggerie­we en ’n stoep

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa