Kuier

’ N LEWE SONDER KINDERS

Onvrugbaar­heid kan moeilik wees om mee te lewe en baie stres op paartjies se verhouding plaas.

- DEUR MICHELLE BLOEM

Die meeste getroude paartjies droom daarvan om kinders te kry en só ’n volledige gesin te wees. In life coaching identifise­er ons die behoefte aan liefde en konneksie as een van die basiese menslike behoeftes.

Ons behoefte aan liefde en om iewers te behoort, met ander woorde om ’n hegte band met ander mense te hê, word primêr vervul deur ons verhouding met ons gesin en uitgebreid­e familie.

Verder tas onvrugbaar­heid die vervulling van nog een van ons basiese menslike behoeftes baie sterk aan – ons behoefte om iets vir en in die lewe te beteken en om ’n nalatenska­p te hê.

Die meeste mense voel vervuld wanneer hulle weet hulle het hul kinders goed grootgemaa­k.

Hulle voel dat hulle letterlik só hul merk in die lewe maak omdat hul kinders eendag hul plek kan volstaan en hul unieke bydrae tot die lewe kan maak.

Dit is dus te verstane dat wanneer ’n paartjie sukkel om swanger te word of glad nie natuurlik kinders kan hê nie, dit vir hulle baie pyn en teleurstel­ling kan veroorsaak.

Kinderloos­heid plaas baie stres op ’n paartjie se verhouding omdat hulle dalk mekaar kan blameer. Boonop kan die behandelin­g vir onvrugbaar­heid en prosedures soos invitro-bevrugting baie stresvol en duur raak.

Deesdae gebeur dit ook al hoe meer dat mense langer wag om met ’n gesin te begin aangesien hulle eers hul loopbaan prioritise­er om te verseker dat hulle finansieel sterk genoeg is om kinders groot te maak. Geld speel wel ’n groot rol. Eerstens om in jou kind se basiese menslike behoefte van sekuriteit (soos ’n dak oor jou kop en kos op die tafel) te voorsien.

Baie ouers wil ook vir hul kinders ’n beter lewe gee as wat hulle gehad het. Maar kenners meen egter dié uitstel (vir finansiële sekerheid) kan ’n negatiewe uitwerking op vrugbaarhe­id hê.

VERHOUDING­S LY

Onvrugbaar­heid is baie pynlik omdat dit ook stremming op verhouding­s met vriende en familie plaas. Jy word as“anders” beskou omdat jy nie kinders het nie en omdat jy dus nie hierdie belangrike lewenserva­ring met ander om jou deel nie.

Vroue kan veral sukkel met skuldgevoe­lens (omdat hulle “nie vir hul man ’n kind kan gee nie”) en jaloesie (wanneer ander, veral familieled­e, swanger word). Baie voel ook minderwaar­dig omdat hulle nie kinders kan hê nie.

Dit is uiters belangrik dat paartjies in hierdie tyd openlik en eerlik met mekaar oor hul gevoelens, verwagting­s en ook vrese kan praat, want hulle moet nou mekaar kan ondersteun. Maar as julle sukkel, raadpleeg ’n berader of life coach.

Dit is belangrik dat familie en vriende die saak met sensitiwit­eit en begrip hanteer.

Onthou, niemand is minder mens om- dat hulle nie kan kinders kry nie. Wys hulle jy kan steeds voluit leef sonder kinders en ’n betekenisv­olle lewe lei.

As jou vriendin of dogter wil praat oor die gemis in haar lewe, laat haar toe en wees ’n goeie luisteraar. Toon begrip en moenie oordeel of dadelik inspring met raad nie. Soms is dit genoeg dat jy net daar is om te luister.

Moet ook nie die man vergeet nie. Baie van hulle is geneig om stil te bly oor hul gevoelens, maar onthou hy kan die gemis net so erg voel, veral as hy onvrugbaar is.

As iemand na my toe kom en vra hoe hulle hul onvrugbaar­heid moet hanteer, sal my raad aan hulle wees dat hulle in hul lewe moet kyk waar daar geleenthed­e is om hul behoefte aan liefde te vervul deur betekenisv­olle bande met ander te vorm. Die vrou is dalk haar susterskin­ders se gunsteling-tannie omdat sy hulle bederf en die beste stories lees en haar man is die onmisbare lid van sy span by die sokkerklub.

Om uit te reik na ander en ’n verskil in hul lewens te maak, vervul nie net die basiese behoeftes aan liefde en om betekenisv­ol te wees nie, maar ook om te groei as mens en terselfder­tyd ’n bydrae te lewer.

In life coaching glo ons ook dat die lewe altyd uitbalanse­er.

As jy ’n gemis in een area in jou lewe voel, sal jy altyd sien dat jy in ’n ander area oorvloed het. Jy voel dalk die gemis aan die liefde wat ’n gesin jou kan bied, maar het ’n ryk sosiale of familielew­e waar jy liefde in oorvloed het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa