Kuier

MIELIE-EN-UIE-TERT

WATERWYS-RESEP!

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater

Vir die vulsel

1 eetlepel botter 2 eetlepels olie 3 middelslag uie, gehalveer en in dun halfmaantj­ies gesny 1 eetlepel, gekapte sprietuie (chives) 1 teelepel paprika Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 koppie melk of room 4 eiers 1 x 400 g-blik geroomde mielies 1 koppie cheddarkaa­s, gerasper

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies- bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200oC vir 10 miniute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant.

Maak die vulsel: Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die uie daarin tot sag en deur-skynend. Roer die chives deur en geur met paprika en sout en peper. Klits die melk (of room) en eiers saam en roer die geroomde mielies en kaas by. Geur met sout en peper na smaak. Giet die mengsel in die kors en bak vir 40 – 50 minute of tot byna heeltemal gestol in ’n voorverhit­te oond van 180⁰C.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa