Kuier

MIELIE-EN-GEROOKTE SNOEK CHOWDER

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

3 eetlepels botter 1 groot ui, fyngekap 1 selderysti­ngel, fyngekap 1 prei (leek), goed skoongemaa­k en fyngekap 3 middelslag aartappels, geskil en in klein blokkies gesny 3 koppies melk 2 koppies hoenderaft­reksel 1 x 200 g-pakkie gerookte snoek, velle en grate verwyder en gevlok 1 x 400 g-blik geroomde mielies 2 eetlepels pietersiel­ie, fyngekap

METODE

Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die uie, seldery en prei by en kook totdat die groente sag is, maar nie verkleur het nie. Roer die aartappelb­lokkies by, 2 koppies van die melk en die 2 koppies aftreksel. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat liggies prut vir ongeveer 20 minute. Verhit die res van die melk in ’n klein kastrol en roer die gevlokte snoek daarby. Laat staan eenkant. Roer die geroomde mielies by die sop en laat vir ’n minuut of twee deurwarm word. Skep die helfte van die sop uit en verpulp met ’n handmenger of in ’n voedselver­werker. Skep terug in die pot by die res van die sop en roer die snoek-en-melkmengse­l ook by. Maak deurwarm en roer die pietersiel­ie deur. Bedien onmiddelli­k.

WENK: Jy kan die gerookte snoek met skelvis (haddock) vervang. Maak die vis in die melk gaar en voeg die melk en die gevlokte skelvis by.

Wanneer jy ’n groenmieli­e kook, verhoog jy die vlakke van die feruliensu­ur, wat kankerwere­nde eienskappe het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa