Kuier

STAMPMIELI­EPOEDING

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

2 koppies gaar stampmieli­es 3 koppies melk 2 eetlepels botter ½ koppie suiker 4 eiers ¼ teelepel neutmuskaa­t (nutmeg), gerasper 2 eetlepels appelkoosk­onfyt 1 eetlepel suiker (ekstra)

METODE

Plaas die stampmieli­es in ’n kastrol en giet die melk oor. Bring die mengsel tot kookpunt oor matige hitte. Verlaag die hitte en laat vir 15 minute liggies prut terwyl jy gereeld roer om seker te maak dat dit nie aanbrand nie. Klits die botter en suiker saam. Voeg 2 van die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Skei die ander twee eiers. Hou die wit eenkant vir later en voeg die 2 eiergele ook by die botter-en-suiker mengsel. Roer die stampmieli­e-enmelkmeng­sel en neutmuskaa­t by. Meng goed en skep in ’n gesmeerde oondvaste bak. Bak vir 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 180oC. haal uit die oond en stip met appelkoosk­onfyt. Klits die eierwitte totdat stywe punte vorm en voeg die eetlepel suiker geleidelik by. Skep die meringue op die poeding en smeer mooi egalig sodat die hele poeding bedek is. Bak vir nog 20 minute of totdat die meringue mooi goud van kleur is. WENK: Bedien met vla of vars vrugte in seisoen.

Kleintyd het ons stampmieli­es met botter en gouestroop geëet. Hierdie poeding laat my na daardie dae terugverla­ng. Karen Hart

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa