Kuier

Reg vir roerbraai

As jy nie nog lus is vir lang dinge nie, is hierdie roerbraai ’n fantasties­e dis om jou gesin se magies vol te maak.

- Deur Karen Hart

BEEF-EN-MIELIEROER­BRAAI Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

400 g beesvleisr­epies 1 eetlepel sesamolie 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 x 3 cm knoets vars gemmer, geskil en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 1 kleinerige kop broccoli, in klein blommetjie­s gebreek 10 – 12 dwergsoetm­ielies, effens kleiner gesny 1 koppie beesvleisa­ftreksel 1 x 100 g-pakkie eiernoedel­s 2 eetlepels sojasous Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 3 stingeluie (spring onion), in dun ringetjies gesny vir garnering

METODE

1. Plaas die beesvleisr­epies, sesamolie, knoffel, gemmer en brandrissi­e saam in ’n bak, meng goed en laat staan vir ongeveer 15 minute. Gebruik die wagtyd om jou ander bestanddel­e gereed te kry. Kook die eiernoedel­s volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer goed en hou eenkant. 2. Verhit ’n wok of ’n groot pan oor hoë hitte en roerbraai die beesvleisr­epies vir ongeveer 3 minute. 3. Voeg die broccoli en dwergmieli­es by en roerbraai vir ’n minuut of twee. Voeg die aftreksel bietjie vir bietjie by en roerbraai vir ongeveer 5 minute. Voeg die noedels by en roerbraai tot goed gemeng. 4. Voeg die sojasous by en geur met sout en peper. Wees net versigtig met die sout – die sojasous is reeds souterig. Garneer met die stingelui en bedien onmiddelli­k. Die geheim van roerbraai is om al jou bestanddel­e voor te berei en in bakkies voor jou gereed te hê vir die bygooislag. Meet alles af en kap, sny jou groente en goeters en kook jou noedels. Wanneer jy eers die pan aan die gang het, gebeur alles baie vinnig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa