Kuier

VOORBLADST­ORIE: Sexy Chris Jaftha praat oor sy pad na sukses

Hy het hard gewerk om uiteindeli­k sy droom te bewaarheid en al het dinge moeilik gegaan, het hy vasgebyt, want hy weet wat hy met sy lewe wil doen. En nou kan ons nie genoeg van die wonderlike Chris kry nie!

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Hy is altyd onberispel­ik aangetrek en met sy sjarmante persoonlik­heid en betowerend­e oë, is dit maklik om verlief te raak op Christophe­r Jaftha. Maar vir hierdie TV-aanbieder, akteur en model is sy voorkoms nie belangrik nie. Hy wil eerder bekend wees vir hoe hy mense laat voel en die standaard van die werk wat hy lewer. Chris (34), soos die meeste mense hom noem, is bekend vir sy werk as teaterakte­ur en aanbieder op die glansprogr­am Top Billing, maar deesdae bekoor hy kykers elke Sondagaand saam met Tracey Lange as een van die dinamiese aanbieders van M-Net se nuwe dansprogra­m, Dancing with the Stars South Africa. Baie kykers was lekker verbaas toe hy alreeds in die eerste episode moves gewys het soos ’n wafferse profession­ele danser. Maar dis omdat die man kán dans. Voor hy sy verskyning op die kassie gemaak het, was hy ’n profession­ele danser.

Chris is uiters aantreklik en dis maklik om sy selfvertro­ue vir arrogansie te misgis. Maar jy kom vinnig agter daar is ’n diepte aan hom wat nie noodwendig altyd eerste raakgesien word nie omdat ’n mens so teen sy perfekte gelaatstre­kke vaskyk. En anders as wat ’n mens sou glo, het Chris se looks in sy loopbaan al tot sy nadeel gestrek, omdat hy tien keer harder as ander moes werk om te wys hy het talent en kry nie net werk oor sy mooi gesig nie.

groot deurbraak

Chris sê hy het amper tien jaar gewag vir die lewe wat hy nou geniet as aanbieder, akteur en model. Hy het vir jare net hier en daar klein rolletjies gekry en in ’n stadium gedink hy gaan nooit sy groot deurbraak in die vermaakbed­ryf kry nie. Hy het egter aangehou en hard gewerk totdat die wiel ’n paar jaar gelede vir hom begin draai het.

Hy het uiteindeli­k ’n rol in die teaterprod­uksie Saturday Night Fever losgeslaan en daarna het groot produksies soos High School Musical, Footloose, Mamma Mia, Dreamgirls en West Side Story gevolg. Maar sy groot TV-deurbraak was toe hy as

aanbieder op SABC3 se Top Billing begin werk het.

“Top Billing het my ’n huishoudel­ike naam gemaak en dit is waar mense my regtig leer ken het. Al was ek voorheen in ’n reeks kykNET-flieks en in baie bekende teaterprod­uksies, het mense my nie so goed geken soos wat hulle my nou ken nie. Dit ( Top Billing) het deure vir my oopgemaak,”sê Chris.

En nou is hy waarskynli­k op een van die grootste realiteits­treffers op Suid-Afrikaanse TV en dit pas hom soos ’n handskoen danksy sy eie dansagterg­rond. Chris is ook ’n groot aanhanger van die Amerikaans­e weergawe van Dancing with the Stars, so vir hom was dit ’n eer om hierdie geleenthei­d te kry om die Suid-Afrikaanse weergawe aan te bied. Hy het ook die kans om weer te dans met albei hande aangegryp.

“Ek is die eerste aanbieder in die reeks se geskiedeni­s om saam met die dansers te dans. Ek het dit verskrikli­k geniet en ek dink baie mense was verbaas om te sien ek kan dans en dit het dit vir my nóg lekkerder gemaak. Ek hou soms daarvan om mense te skok. Dit is goed om mense op hul tone te hou,”sê hy laggend.

dankbaar

Ek hou soms daarvan om mense te skok. Dit is goed om mense op hul tone te hou. Christophe­r Jaftha

Chris mag vandag sukses geniet en aanhou om daardie leer te klim, maar hierdie outjie wie se wortels in Westbury en ook Eldoradopa­rk, Johannesbu­rg lê, weet waarvandaa­n hy kom en waardeer die lesse wat hy in daardie gemeenskap­pe geleer het. Hy vertel veral sy ouers, Bridgette en Fabian, het ’n groot rol gespeel in hoe hy en sy twee broers, Marcellus (37) en Tyler (30), uitgedraai het. En nes Chris sukses ken, weet hy ook wat dit is om vir lang tye nie werk te hê nie. Hierdie is “donker tye”, sê Chris, maar sy familie is en was nog altyd sy grootste ondersteun­ers.

Hy word ernstig dog dankbaar wanneer hy oor hierdie onderwerp praat. ’n Mens kan sien dit lê hom baie na aan die hart.

“Dit moes so moeilik vir my ouers gewees het om my te ondersteun en aan te moedig (in daai donker tye). Geen ouer wil hê hul kinders moet

swaarkry nie en my ouers het dikwels vir my gevra of die vermaakwêr­eld vir my is en elke keer sê ek net, dit is waar ek moet wees. Dit is hoe ek ’n verskil in mense se lewens kan maak,”sê hy passievol.

Oor waar hy grootgewor­d het en sy ouers se invloed, sê Chris albei gemeenskap­pe (Westbury en Eldoradopa­rk) het baie probleme met misdaad, dwelms en geweld en tieners kan maklik daarby ingetrek word. Maar hy sê sy ouers het hulle van kleintyd af by gemeenskap­swerk en die kerk betrokke gekry om hulle uit die kwaad uit te hou. Dis hoekom hulle nie op die verkeerde pad beland het soos baie van die kinders in hul buurt nie.

Met hoe sy lewe en loopbaan tot dusver verloop, glo Chris hy is glad nie spesiaal nie en dat daar niks is wat hom anders as enigiemand anders maak nie. Hy het net die geleenthed­e gebruik wat vir hom gegee is en hard gewerk om die beste daarvan te maak.

“Baie mense dink ons het gemaklik grootgewor­d en dat dinge altyd maklik was, maar dit is glad nie die waarheid nie. Dit het ook maar soms swaar gegaan, maar my ouers het baie hard gewerk om vir ons ’n goeie lewe te gee en kanse te gee wat hulle nie gehad het nie,”sê hy.

Chris voeg by:“Ons sukses is aan hulle te danke, want hulle het vir ons as kinders al die gereedskap gegee wat ons nodig gehad het om die regte besluite te neem. Hulle het ons baie gelei, maar die besluit was steeds altyd ons s’n aan die einde van die dag. As ons werk om ons beste weergawe te wees, glo ek ons sal almal iets kan doen om iemand anders te help.”

’n Ander belangrike les wat sy ouers hom geleer het, was om uit te vind waarvan jy hou. Chris ook nie bang om iets te probeer en te misluk nie. Hy glo jy moet leer uit jou foute en vinnig weer opstaan indien iets nie uitgewerk het nie. Dis hoe hy alles in sy lewe en loopbaan aanpak.

Ouer en wyser

Tyd is ook ’n wonderlike ding, het Chris geleer, want hoe ouer hy word, hoe meer gemaklik is hy met wie hy is en die werk wat hy doen.

Aan die begin was hy baie meer bewus van wat mense van hom sê en wou hy nooit hê mense moet sleg dink van hom nie. Maar hy het besef jy gaan nooit almal gelukkig kan maak nie en al is daar steeds mense wat dink hy is arrogant of kry slegs werk omdat hy ’n mooi gesig het, pla dit hom nie meer nie.

Hy is nie meer skaam nie en aanvaar al die negatiewe en positiewe dinge wat saam met sy werk kom. Sy fokus is nou op dit wat meer belangrik is.

Hy wil sy platform gebruik om goed te doen en mense se lewens te verbeter. Dit het ’n rukkie gevat vir hom om dit te besef, maar nou is dit duidelik dat media en vermaak een van die grootste bedrywe is om mense te inspireer en lewens te verander. Hy mag dit dalk nie op die manier doen soos sy ouers nie, maar hy voel hy kan ’n verskil maak terwyl hy sy passie uitleef.

“Dit moet nooit net oor geld, roem, vroue, mans of die partytjiel­eefstyl wees nie. Ja, dit is alles deel van die bedryf, maar dit is belangrik dat jy nie in die hype vasgevang word nie. Dit kan binne ’n sekonde verdwyn. Maak ’n verskil deur dit wat jy doen en hoe jy mense laat voel.

“Ek probeer altyd om te kyk waarvoor ek my platform kan gebruik en die bewaring van wild en seelewe en bloedskenk, is

twee dinge wat baie na aan my hart lê. As ek een persoon se lewe kan verander, het ek my werk gedoen. Maar dit hoef nie altyd groot goed te wees nie. Jy kan iemand se dag verander deur klein dinge te doen soos om te glimlag, ’n sak te dra of met ’n vreemdelin­g te gesels.”

Chris sê hy is dankbaar vir al die geleenthed­e wat hy elke dag kry, maar hy weet dit kan enige tyd weggeneem word, want nie enige van sy werke is permanent nie en terwyl hy aan die een werk, moet hy reeds die volgende ding begin soek. Maar hy probeer om in die oomblik te leef en hoop om eendag op die grootskerm te wees.

Maar vir nou is hy gelukkig en hoop om homself elke Sondag dieper tot in mense se harte te dans.

En ongelukkig vir ons Kuier- dames is hierdie mooi man nié beskikbaar nie – en dis al wat hy vir nou daaroor gaan sê.

Jy kan iemand se dag verander deur klein dinge te doen soos om te glimlag. Christophe­r Jaftha

 ??  ?? LINKS: Christophe­r Jaftha bied Dancing with the Stars South Africa saam met Tracey Lange aan.
LINKS: Christophe­r Jaftha bied Dancing with the Stars South Africa saam met Tracey Lange aan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa