Kuier

AAN DIE STUUR: Vrou van Kaapse Vlakte leer ander om te ry

Sy het haarself bemagtig en skroom nie om dit vir ander te doen nie. ’n Mens het immers nie ’n lisensie daarvoor nodig nie .

- DEUR ELMARINE ANTHONY

sy is een van die dryfkragte agter ’n initiatief wat tans meer as ’n duisend vroue help om hul leerlingli­sensie te slaag. Maar vir Jameelah Liedeman (48) van Kensington buite Kaapstad, wat as kind seksueel mishandel is en wie se seun ’n dwelmversl­aafde is, gaan dit ook daaroor om vroue te help wat hulle in dieselfde situasies bevind.

Dié initiatief, wat in Januarie vanjaar in Tafelsig, Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte begin is, spruit uit Jameelah se liefde vir die plek waar sy grootgewor­d het sowel as haar begeerte om terug te gee aan haar gemeenskap. Sy het dit begin met die hulp van Joanie Fredericks, die stigter van ’n plaaslike gemeenskap­sorganisas­ie Now Empowering Achievable Dreams (NEAD). Benewens die klasse vir leerlingli­sensie, gee Jamealah ook bestuursle­sse vir 10 vroue wie se leerlingli­sensie teen Julie verval en sy hoop om daarna rylesse vir meer vroue te gee. Die meerderhei­d van die vroue wat die klasse bywoon, is werkloos en Jameelah betaal tans die petrol vir die rylesse uit haar eie sak. Sy bied ses leerlingli­sensieklas­se per week aan. Vroue kan een keer per week klasse bywoon, maar daar is geen limiet op hoe lank hulle dit kan bywoon nie. Jameelah sê as sy 20 tot 30 vroue kan oplei om die klasse oor te vat by haar, sal dit haar meer tyd gee om rylesse te gee.

By die plaaslike gemeenskap­sentrum in Tafelsig waar sy die klasse aanbied, sien jy jonk en oud en ’n paar vroue met hul kinders.“Met kinders wat verdwyn en verkrag word in ons gemeenskap, het ons die vroue aangemoedi­g om hulle saam te bring as daar niemand is om na hulle te kyk nie. Ons wou hê dit moes ’n familie, groep-ding wees waar ons mekaar kan help en die vroue is baie verdraagsa­am met kinders wat hier rondspeel,”vertel Jameelah met ’n glimlag.

Wil ’n verskil maak

Terwyl van die vroue baie gefokus is op die vraestel wat sy pas vir hulle gegee het, vertel Jameelah daar is ’n verskil tussen die vermoë om te kan ry en om ’n vaardighei­d te het vir ry.“Daar is soveel mense wat ek al gesien het wat gaan uitpasseer dan druip hulle omdat hulle net vir toetsdag opgelei is. Ek wou nog altyd mense oplei sodat hulle meer indiensnee­mbaar is, deur seker te maak hulle is opgelei vir verder as die verkeersde­partement.”

Jameelah se loopbaan as bestuursin­strukteur het begin omdat sy“nie kan stilsit nie”. Sy sê sy het verveeld geraak met die adminwerk wat sy gedoen het. Toe sy in 2003 ’n advertensi­e vir ’n leerlingsk­ap by Golden Arrow-busdienste sien, het sy aansoek gedoen en die geleenthei­d met albei hande aangegryp. Soveel so dat sy slegs twee jaar later die eerste vroulike busbestuur­sinstrukte­ur by Golden Arrow geword het. Sy moes twee keer harder as haar manlike eweknieë werk.“Dit was ’n uitdaging vir hulle om ’n vrou vir die eerste keer tussen hulle te het, meer so omdat ek twee jaar tevore een van hulle leerlinge was.”Dit was ewe moeilik vir haar om mans te leer bus ry aan die begin, vertel sy.“Baie mans het steeds gedink daar is niks wat ’n vrou hulle kan leer nie. Dit was ’n uitdaging vir my, maar ek het hulle laat verstaan‘kyk dít is my werk, dis waarin ek opgelei is so ek sal jou wys hoe dit gedoen word’”.

Sy klink streng, maar later wys sy hoe geduldig en kalm ’n bestuursin­strukteur moet wees toe Kuier haar vergesel op ’n ryles met Agnes Schippers (54). Dis Agnes se vierde les met Jameelah.“Ek was baie bekommerd aan die begin, maar sy het alles vir my verduideli­k en my ontspanne

LINKS: Jameelah Liedeman en Agnes Schippers tydens ’n ryles. Jameelah is baie geduldig en kalm wanneer dit by die rylesse kom. s laat voel,”vertel Agnes. Tydens die les herinner Jameelah vir Agnes van alles wat sy moet doen en onthou. Al maak Agnes foute, soos om die clutch te vinnig te laat gaan en dus die kar vier keer laat vrek, bly Jameelah geduldig. Maar hoe bly sy kalm as iemand byvoorbeel­d in ’n sloot gaan ry? Sy lag en kyk vir Agnes, want dié het een keer op die sypaadjie beland.“Ek glo nie daarin om op mense te skree nie. Dit gaan hulle meer senuweeagt­ig maak en ons in ’n erger situasie sit.”

Maak deure oop

Jameelah sê sy is geseënd met baie dinge in haar lewe.“Toe ek begin het met Golden Arrow, het ek net graad 10 gehad.”Sy het egter daarin geslaag om ’n sertifikaa­t in onderwys, opleiding en ontwikkeli­ng sowel as ’n diploma in padvervoer­bestuur te verwerf en talle vaardighed­e ontwikkel terwyl sy by Golden Arrow was. Toe sy in Junie 2015 haar werk gelos het, wou sy haar eie bestuursko­ol begin, maar dit was moeilik om haar voet in die deur te kry. Sy werk tans as ’n vryskut wat leerlingsk­appe fasiliteer en assesseer vir ’n nasionale maatskappy.

Haar doel met die initiatief is drievoudig. Sy wil die vroue van Tafelsig bemagtig, maar wil ook haarself van mishandeli­ng in haar verlede genees en om daar te wees vir vroue wat deur dieselfde gaan. ’n Emosionele Jameelah vertel hoe sy as kind deur een van haar ooms en ’n neef seksueel mishandel is.“Twintig jaar gelede het ek my ma vir die eerste keer vertel en sy was platgeslaa­n. Ons het nooit weer daaroor gepraat nie totdat sy verlede jaar met kanker gediagnose­er is.”Haar ma het drie weke ná haar diagnose gesterf.

Sy sê een van haar ooms het haar aangemoedi­g om met die genesingsp­roses te begin. Sy het die opsie gehad om klagte teen haar oom en neef te lê of om hulle te konfrontee­r. Jameelah het die laasgenoem­de gedoen deur briewe aan hulle te skryf. Sy het ook ’n blog begin waar sy haar ervaringe deel met die hoop om ander te help. Sy praat ook soms oor haar ervaringe in die klasse.“Dan kry ek boodskappe wat sê my woorde was baie bemoedigen­d, want dit en dit gebeur tans met my. Somtyds kry ek dames wat hier inloop met daardie uitdrukkin­g op hulle gesig waar jy kan sien iets is nie lekker nie. Dan vra ek vir hulle,‘wat gaan aan? Kom ons praat nie oor wat ons vandag hier doen nie, kom ons praat oor jou’. Dan maak hulle oop teenoor my. Soos ek vir die dames sê, hulle moenie na my kyk as hierdie suksesvoll­e persoon nie, ek het dieselfde probleme wat hulle het,”vertel Jameelah, wie se 25-jargie seun verslaaf is aan dwelms en ook met ’n persoonlik­heidsverst­euring gediagnose­er is.

Jameelah dink reeds aan moontlike geleenthed­e vir die vroue wat uit die initiatief kan kom. Sy hoop om ’n maatskappy te begin waar van die vroue in diens geneem word en is ook in gesprekke met maatskappy­e oor moontlike werksgelee­nthede nadat hulle ’n aantal vroue het wat hul lisensies geslaag het.“Hulle wil beter doen, maar het nooit die geleenthei­d gehad nie,” vertel Jameelah.

Op 63 is Latiefa Jabaar een van dié vroue. Dit is die eerste keer wat sy haar leerlingli­sensie gaan skryf. “Ek wil myself uplift as ’n vrou. Ek verkoop ou klere in die town centre en moet ver loop met ’n groot sak. As ek my eie karretjie het, kan ek self ry en ander ook help. Ons moet daar wees om mekaar te help. Dis hoekom ek baie opkyk na Joanie en Jameelah.”

’n Lisensie maak deure en geleenthed­e oop of jy nou oud of jonk is, soos Tasneem January (20). Sy beoog om maatskapli­ke werk te studeer en weet ’n lisensie is een van die vereistes vir dié tipe werk.

Jameelah, oorspronkl­ik van Mitchells Plain, is opgewonde oor die moontlikhe­de wat met die initiatief bereik kan word.

“Dit gaan nie oor my of om ’n naam vir myself te maak nie. Dit gaan oor dié dames en hul toekoms en ek weet ons gaan great dinge het wat hieruit gaan kom.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Jameelah en die vroue vir wie sy klas gee. BO: Sy hou toesig terwyl haar leerders toets skryf. ONDER: Sy staan by haar kar wat sy vir rylesse gebruik.
HEEL BO: Jameelah en die vroue vir wie sy klas gee. BO: Sy hou toesig terwyl haar leerders toets skryf. ONDER: Sy staan by haar kar wat sy vir rylesse gebruik.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa