Kuier

VERMAAK: Mrs J van Suidooster wys jy’s nooit te oud om sukses te bereik

Ons het haar as Mrs J leer ken en al het Theresa se drome laat in haar lewe waargeword, is sy nog lank nie klaar nie.

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

dit het haar meer as drie dekades geneem om haar droom uit te leef om ’n akteur te wees, maar op die ouderdom van 65 sê akteur Theresa Sedras, die kykNET-sepie Suidooster se Mrs J, die lewe begin nou eers opwindend raak!

Theresa is al sedert die ouderdom van 18 in die bedryf, maar tot onlangs is sy nog as ’n amateur beskou. Sy het eers 10 jaar gelede die deurbraak van amateur tot profession­ele akteur gemaak en selfs toe was sy nog nie in ’n televisier­ol soos waarvan sy al jare lank gedroom het nie.

Sy wou ’n rol op die kassie speel wat haar uitdaag, opgewonde maak en as mens ook sou laat groei. Nou het sy dit uiteindeli­k! Theresa, wat die grootste gedeelte van haar loopbaan op die verhoog deurgebrin­g het, het al haar droom opgegee toe sy op 62 die geleenthei­d kry om Mrs J te speel.

belangrike rol

Suidooster, wat in die Kaap afspeel en vervaardig word, is nou in sy derde jaar op kykNET en het baie vinnig gewild geword. En Theresa se Mrs J-karakter was nog altyd sentraal tot die storielyn. Mrs J se huidige storielyn, dié van ’n kankerlyer, laat kykers ook elke aand na die tissues gryp. En almal bid saam met haar TV-dogters, Bridgette (Denise Newman) en Lee-Ann (Portia Joel), dat sy gaan oorleef. En hier by Kuier weet ons alte goed dat kanker al menige Kuier

leser en Suidooster- kyker se lewe vir ewig verander het.

Toe Theresa van Kuilsrivie­r in die noordelike voorstede van Kaapstad, hoor haar karakter gaan kanker kry, wou sy graag die storielyn met waardighei­d en egtheid aanpak. Sy het deur die Here se genade nog nooit self ’n familielid aan kanker verloor nie, maar sy weet hoe moeilik die siekte vir die pasiënt en hul familie is. Dus was dit vir haar baie belangrik om haar heeltemal in die rol in te leef en vir mense te laat glo haar karakter is besig om te sterf. As ’n mens na die kykersreak­sie kyk, is sy definitief op die regte spoor en wonder mense nou al vir maande of Mrs J haar stryd gaan wen.

As jy net na haar karakter se voorkoms en houding gekyk het, sou jy regtig dink Theresa is ’n kankerlyer. Maar Theresa sê terwyl sy baie bly is mense reageer so goed op haar vertolking, kan sy nie al die eer daarvoor neem nie. Want hoewel niemand in haar familie al ooit kanker gehad het nie, is haar dogter, Olivia Palm (44), ’n verpleegst­er in die onkologiea­fdeling van Groote Schuur-hospitaal.

Toe sy die storielyn sien, het sy haar onmiddelli­k gebel en gesê,“Jou mammie moet nou siek word en jy gaan my moet help”.

“Ek het vir haar gesê dit is haar speciality en ek wil graag hierdie strorielyn met waardighei­d aanpak. Dit wat sy doen, is altyd vir my so ongeloofli­k. Haar werk

As mense dink dat my vertolking van Mrs J se siekte goed is, dan beteken dit dat ek my doel bereik het. Theresa Sedras

is regtig vir haar belangrik en dit kom ’n mens baie vinnig agter wanneer jy hoor hoe mense oor haar praat,”sê Theresa trots.

“Jy weet, by begrafniss­e bedank hulle altyd die personeel wat die persoon versorg het as hulle by ’n hospitaal gesterf het. ’n Vriendin het eendag na my toe gekom en gevra of die suster Palm wie almal so bedank, nie my dogter is nie. Ek het vir haar gesê dit is en toe sê sy maar sy was al by drie begrafniss­e waar mense haar bedank het vir die goeie werk wat sy doen.”

Theresa het haar dogter daaroor gaan uitvra en Olivia het skaam bevestig dat dit wel sy is. Maar volgens Theresa is dit presies hoe sy verwag het haar dogter sou reageer, want vir Olivia is dit nie ’n werk of ’n loopbaan nie. Dis haar calling en vir hierdie trotse ma is die manier hoe haar dogter haar werk benader, absoluut ongeloofli­k. So sy het geweet Olivia sou die perfekte persoon wees om haar te kan help. “Ek het vir haar stap vir stap verduideli­k wat nou met Mrs J gaan gebeur. Sy het vir my baie mooi laat verstaan wat op elke stadium nou eintlik besig is om te gebeur en ons het saam daardeur gewerk,”sê sy.

“Sy het vir my baie mooi met alles reg gehelp en ná ’n episode het ek vir haar gevra om daarna te kyk. Ek wou weet of ek dit reg doen en of ek fake lyk. Vir my was dit baie belangrik dat ek dit elke keer moes regkry vir die mense wat regtig hierdie stiekte beveg omdat ek niemand wou beledig nie.”

Theresa sê sy was baie bly dat sy hierdie ondervindi­ng met haar dogter kon deel, want vir haar was dit ’n groot storie om aan te pak en iets wat vir haar dogter ook baie belangrik is.

Sy lag ’n bietjie wanneer sy vertel selfs hul predikant en haar dogter se kollegas en kankerpasi­ënte wou weet of sy regtig siek is en gaan sterf. Hulle was verstom om te hoor dat Theresa nie regtig ’n kankerlyer is nie.

Theresa is dankbaar vir al die boodskappe en reaksies van kykers teenoor Mrs J se siekte en haar vertolking daarvan.

Sy sê wanneer mense dink dat sy die rol goed vertolk het, is dit vir haar ’n groot kompliment.

“Ek wou net justice doen aan die storielyn en die mense wat daardeur geraak word. As mense dink dat my vertolking van Mrs J se siekte goed is, dan beteken dit dat ek my doel bereik het.”

nooit opgegee nie

Voor hierdie karakter oor haar pad gekom het, het sy al vrede daarmee begin maak dat sy dalk nooit in ’n groot sepie sou speel nie. Maar dat dit nou juis op hierdie stadium van haar lewe gebeur het, is vir haar spesiaal. Dit het haar laat besef dat daar wel ’n behoefte is vir akteurs van haar ouderdom en dat sy nog ’n lang en interessan­te loopbaan kan hê. Dit het haar ook gewys dat jy nooit moet ophou glo in jou drome nie.

“’n Paar jaar gelede was daar nie so ’n groot aanvraag vir ouer akteurs nie, maar nou maak hulle rolle vir ons en omdat daar so min van ons is, beteken dit daar is baie meer werk vir ons,”sê sy terwyl sy lekker lag.

Theresa se liefde vir optree, het by haar ouers begin. Sy het in Soutrivier in die Kaap grootgewor­d. Haar ouers het self in teaterprod­uksies opgetree en sy onthou hoe sy as kind oorval was met emosie elke keer wanneer sy hulle in aksie gesien het. Sy het self later in kerkproduk­sies begin optree.

Sy het in ’n tyd grootgewor­d waar daar nie baie geleenthed­e en groot rolle vir akteurs van kleur was nie. Volgens haar moes jy maar vat wat jy kon kry en baie van hulle het aanvaar dat hulle maar gelukkig moet wees met die kleiner rolle.

Maar nou is daar sepies soos Suidooster wat ons mense se stories vertel en deur akteurs van kleur gespeel word. Theresa gaan sommer in karakter in wanneer sy opgewonde hieroor gesels.

’n Mens kan sien Mrs J lê haar baie na aan die hart en vir hierdie rede is dit glad nie verbasend dat sy op die oomblik die kanker-storielyn van Mrs J met soveel respek hanteer nie.

Theresa sê terwyl sy nie seker is wat die toekoms inhou nie, is sy bly sy kan elke dag haar passie uitleef en mense se lewens daardeur kan raak. Hoewel sy reeds aftree-ouderdom is, sê sy moes sy lank wag vir hierdie geleenthei­d en noudat ouer akteurs in aanvraag is, sien sy eers daarna uit om haarself in uitdagende rolle uit te leef. So solank as wat mense nog vir ouer mense rolle het, sê Theresa, sal ons haar nog beslis sien.

 ??  ??
 ??  ?? ONDER VAN LINKS NA REGS: Mrs J het kanker en is in die hospitaal. Haar vriendin, Mymoena (Jill Levenberg) en haar vriend Pastoor Ronald (Ivan Abrahams) besoek haar om haar op te beur.
ONDER VAN LINKS NA REGS: Mrs J het kanker en is in die hospitaal. Haar vriendin, Mymoena (Jill Levenberg) en haar vriend Pastoor Ronald (Ivan Abrahams) besoek haar om haar op te beur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa