Kuier

IN DIE NUUS: Treinheld draai dalk almal rat om die oë

Mense se harte het gebloei vir sy lewe wat so tragies verander het, maar noudat hy dalk gejok het, is almal lam van die skok.

- DEUR ernusta maralack

Een van die Amerikaans­e digter Maya Angelou se bekendste aanhalings is,“. . . mense sal vergeet wat jy gesê het, mense sal vergeet wat jy gedoen het, maar hulle sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie”. En ek onthou die warboel van emosies (empatie, simpatie, woede en magteloosh­eid) wat ek ervaar het nadat ek verlede jaar ’n onderhoud met die sogenaamde Kaapse treinheld, Darryn August (28), gevoer het. Onlangs moes ek weer deal met ’n oorvloed emosies nadat M-Net se ondersoeke­nde joernalist­iekprogram Carte Blanche dieselfde Darryn, wat ek ook voorheen as ’n held beskou het, as ’n“fraud”uitgewys het . . .

Darryn se storie het einde April 2016 groot opslae gemaak. Suid-Afrikaners, en veral Kapenaars, was diep beïndruk met dié barmhartig­e Samaritaan wat na bewering verlam gelaat is nadat hy deur nege boosdoener­s op ’n trein aangeval en daarna uit die bewegende trein gegooi is. Volgens Darryn, ’n fasiliteer­der wat in die nie-regerings- (NGO-)sektor veral met minderbevo­orregte jeug werk, was hy op pad na sy werk in Somerset-Wes toe nege mans sy treinwa begin beroof het. Hy het homself glo as ’n skans probeer gebruik sodat die mans nie by die vroue, van wie een swanger was, kon uitkom nie. Volgens hom is hy onder meer met ’n baseball bat geslaan, geskop en gesteek. Maar dit was toe hy uit die bewegende trein gegooi is en in die proses ’n boom getref het, dat hy ’n rugbeserin­g opgedoen het wat hom verlam gelaat het.

Dít is wat Darryn toe aan nuusmedia en die webtuiste www.lifechoice­s.co.za vertel het.

Sy storie was só aangrypend dat weldoeners – plaaslik en internasio­naal – geld geskenk het om sy mediese onkostes te dek. Darryn is gesien as ’n modern day superhero wat in ons gewelddadi­ge samelewing bereid was om sy eie lewe te waag om ander te red. Hy het kort ná die voorval uit sy hospitaalb­ed aan News24 gesê: “Ek glo nie ek sou dinge anders gedoen het nie, want dit was nog altyd in my om mense te help.”

Ná vele probeersla­e kon Kuier uiteindeli­k verlede jaar ’n onderhoud met Darryn vasmaak en was ek een van vele joernalist­e wat Darryn se“merkwaardi­ge”storie kon vertel. Die storie het in Kuier se 6 September 2017-uitgawe verskyn.

Ons het vertel van die nuusgebeur­e tot hoe dinge daarna ontvou het – hoe hy self ’n privaatspe­urder gehuur het om die boosdoener­s te vind; hoe hy self aan deure geklop het om“mense te probeer vind wat nie gevind wóú word nie”; en toe hy hulle wel vind, doen hy wat min mense in sy skoene sal doen – hy ontmoet hulle by ’n polisiesta­sie en vergewe hulle. Ons het ook vertel van die fisieke hel van pyn en lyding waardeur hy in sy herstelpro­ses gegaan het en moes leer om sy lewe voort te sit – hierdie keer in ’n rolstoel.

Ek was kwaad vir die vermeende boosdoener­s wat hom sommer so uit ’n bewegende trein gegooi het en dat hy verlam gelaat is. Ek was hartseer dat iemand met ’n hart wat oopstaan vir ander só lelik te nagekom is terwyl hy net probeer het om ’n weerlose swanger vrou te beskerm teen

HOOFFOTO: Kuier se artikelred­akteur, Ernusta Maralack, toe sy in 2017 ’n onderhoud met Darryn August gevoer het. BO: Darryn se storie soos dit verlede jaar in Kuier se 6 September-uitgawe verskyn het. REGS ONDER: Só het Carte Blanche in Februarie verslag gedoen oor Darryn se storie. treinrower­s. Ek was kwaad vir Metrorail dat daar nie genoegsame sekuriteit op hul treine is nie. Maar die oorweldige­ndste emosie van almal, was die een van totale magteloosh­eid dat ek nie spesiale kragte gehad het om hom weer te laat loop nie. Want dit is hoekom ek in die eerste plek ’n joernalis wou word, om op een of ander manier ’n verskil te probeer maak en as ek dit nie kan doen nie, voel dit of ek my medemens faal.

niks maak sin nie

Darryn se saggeaardh­eid, positiewe ingesteldh­eid ten spyte van wat met hom gebeur het en omgee vir mense, het my diep getref. Meer as ooit het ek toe gewens daar was baie meer van sy soort en baie minder van die soort wat sy lewe só min geag het dat hulle hom soos vullis uit ’n bewegende trein gegooi het.

Maar toe saai Carte Blanche op Sondag 11 Februarie ’n insetsel oor Darryn uit, wat só skokkend is dat ek nou nog probeer sin maak daarvan. Facebook het ook die volgende dag gegons hieroor.

Ek het die insetsel op die internet gaan kyk. Iemand kon my netsowel met ’n pap snoek deur die gesig geslaan het en ek sou dit nie gevoel het nie. Volgens Carte

is Darryn toe nie die held wat ons almal, wat ék geglo het, hy is nie. Terwyl ek sy menswees en deugde in ons tydskrif verlede jaar besing het, het Carte Blanche hom as ’n“fraud”expose.

Derek Watts, wat Darryn se storie saam met sy kollega, John Webb, gedoen het, het gesê hulle wou ook die heldestori­e vertel, maar hoe meer hulle probeer het om sekere feite te verifieer, hoe meer wou die legkaarte nie pas nie. Die grootste skokonthul­ling was toe die onderhouds­werker wat op hom op die spoor afgekom het, vertel het hy het nie bloed aan Darryn opgelet nie. In sy Kuier- onderhoud het Darryn juis vertel hoe“ek in my eie bloed gelê het en nie gedink het ek gaan oorleef nie”.

Volgens Carte Blanche het hy ook nooit sy nege vermeende aanvallers by Macassar-polisiesta­sie ontmoet nie. Die polisie dra nie kennis van so ’n vergaderin­g nie. Vir

Kuier het Darryn vertel hierdie ontmoeting het by die Somerset-Wes-polisiesta­sie plaasgevin­d. Hy het egter versoek dat ons nie die polisiesta­sie noem nie“omdat sy saak teen sy vermeende aanranders voortgaan”. Ons het dit respekteer en nie die polisiesta­sie genoem nie.

En die NGO’s wat Derek-hulle gekontak het om te hoor of Darryn wel daar gewerk het, het dit ontken. Carte Blanche het ook gespekulee­r dat Darryn dalk trein gesteel het en self van die trein afgespring het voordat dit by die stasie ingetrek het.

Derek het daarna vier keer probeer om weer met Darryn te praat om die teenstrydi­ghede te bespreek, maar elke keer was hy nie daar op hul afgespreek­te tyd nie.

My mond het oopgehang en ek wou só graag hê Carte Blanche moes hierdie keer verkeerd wees. Maar as joernalis weet ek ook as Carte Blanche iets sê, dan is dit 9/10 kere die waarheid. Maar steeds wou ek Darryn se kant van die saak hoor.

Dalk is daar ’n logiese verduideli­king vir alles. Ek het gevoel ek skuld Darryn dit; ek het gevoel ek skuld myself dit; en ek het gevoel ek skuld beslis Kuier- lesers dit, want ek weet hoe julle emosioneel invested kan raak in stories wat ons vertel.

Ek het probeer om Darryn in die hande te kry – voicemail gelos op die nommer waarop ek hom laas in die hande gekry het; ek het hom op Facebook ge-inbox; ek het sy broer, Bernard August, wat kort ná die voorval nog sy woordvoerd­er was, gekontak en my posisie verduideli­k.

Volgens Bernard het hy nie gekyk nie en was hy ook nie op Facebook nie, maar mense het hom gebel om sy opinie te hoor.“Dis moeilik om een te gee wanneer ek nie weet wat gesê was nie.

“Terwyl hy in die hospitaal was, het ons soortvan uitmekaar gegroei . . . Ongelukkig het ons nog nie enige kontak gehad sedert my ma se afsterwe (in Junie 2017) nie. Hy het meer as een nommer, so ek weet regtig nie hoe anders jy hom in die hande gaan kry nie . . .”

En dis juis die ding van Kuier, ons gee altyd diegene oor wie ons stories doen, die voordeel van die twyfel, maar dit beteken nie ons versaak ons plig om die feite na te gaan nie. Maar in dié geval moet ons bieg, Darryn het ons geflous – nes hy al die ander mediamense en weldoeners geflous het. Dis nie ’n verskoning nie, net die feite.

Die storie het my harde joernalist­ieke lesse geleer, maar ek voel steeds jammer vir Darryn en ek dink steeds hy het ’n goeie hart. Maar tot ons sy kant van die saak gehoor het, sal ons altyd bly wonder.

Maya Angelou is reg – ek sal nooit vergeet hoe Darryn my as mens en joernalis laat voel het nie. Ek is verward en weet nie of ek na dese iemand sommer die voordeel van die twyfel gaan gee nie. Ek hoop Darryn praat een van die dae, maar selfs al praat hy, gaan ons hom glo?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa