Kuier

SKOONHEID:

Gebruik dié tips en truuks om vlekke en merke te verbloem

- DEUR KYRA LOUBSER

HORMONAAL

Melasma, ook bekend as die “merk van swangerska­p” kan ontwikkel as gevolg van veranderen­de hormone. Dié toestand kan donker vlekke aan albei kante van jou gesig (gewoonlik op die wangbene) veroorsaak.

OPLOSSING

Begin met ’n concealer om vlekke te verbloem. Dit skep ook ’n egalige basis vir jou grimering. ’n Cosmetic stick werk ook goed om vlekke weg te steek. Wend nou die foundation van jou keuse aan en rond af met ’n poeier om alles te seal.

WENK: Kies ’n rooskleuri­ge blush vir ’n jonger en varser voorkoms.

CHEMICAL PEELS

Vir ernstige skade of ’n meer blywende oplossing kan jy ’n chemical peel probeer. Dit is nogal ’n intense prosedure en nie geskik vir alle veltipes nie. ’n Chemikalie word aangesmeer om lae van die vel te stroop sodat die nuwe en gesonde vel kans kry om te groei. Daar is ’n verskillen­de peels in verskillen­de sterktes beskikbaar en daarom móét ’n geakkredit­eerde skoonheids­terapeut die behandelin­g doen. Pryse vir ’n chemical peel begin vanaf R500.

DONKER KRINGE

Moegheid veroorsaak dat baie vroue sukkel met donker kringe onder die oë.

OPLOSSING

Gebruik ’n primer op die probleemar­ea voor jy jou grimering aanwend. Dit help om die donkerder dele ligter te laat lyk en ’n goeie basis vir jou foundation te vorm. Ons het Yardley se Color Correcting Primer gebruik. Gebruik die foundation van jou keuse daarna. Rond af met ’n poeier om alles te seal.

WENK: Gebruik altyd ’n foundation wat ’n SPF bevat, want skadelike sonstrale kan die probleem vererger.

MICRONEEDL­ING

Dis regtig waar klein naalde in jou gesig gedruk word. ’n Roller met naalde of benaalding­pen (een naald in ’n pen) word gebruik om gaatjies in die oppervlak van die vel te prik. Die gaatjies stimuleer kollageenp­roduksie. En al klink dit uiters pynlik, word dit al dekades lank deur dermatoloë gebruik om littekens in die gesig te behandel. Dit is ’n bietjie duur, maar is bekend daarvoor dat dit goeie resultate lewer. Nie aanbeveel vir mense wat bloedverdu­nners gebruik of diabete nie. Pryse begin vanaf R1500.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa