Kuier

VERHOUDING­S:

SÓ lyk die nuwe soort gesin

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

’nTradision­ele gesin met een ma, een pa en twee kinders is lankal nie meer die enigste norm nie. Trouens, in Suid-Afrika kom gesinne al lankal in verskeie gedaantes voor en dis veral gesinne met enkelma’s en oumas wat algemeen is.

Deesdae word ook al hoe meer verwys na ’n gemengde of“blended”familie. Dis byvoorbeel­d waar twee mense reeds kinders het (uit vorige huwelike of verhouding­s), en saamkom om ’n nuwe gesin te vorm. Soms het dié nuwe paartjie dan ook ’n kind of twee saam. Of dit nou as gevolg van meningsver­skil, dood of egskeiding is, het baie mense nie meer net een lewenslang­e maat nie. Dit beteken kinders het ook nie meer net een familie, een stel ouers of een stel sibbe nie.

Volgens Statistiek­e Suid-Afrika se nuutste verslag oor egskeiding­s wat in 2016 uitgereik is, is meer as van 50% van die 25 260 geregistre­erde egskeiding­s (tussen Desember 2015 en Desember 2016) deur vroue aanhangig gemaak.“Vroue is al vir dekades minder finansieel afhanklik van hul mans en is nou meer geneig om hul mans te los as hulle nie meer gelukkig is nie. Baie van dié mense het later tweede en derde huwelike,”lui die verslag verder.

Celest Robberts, ’n sielkundig­e van Kaapstad wat in familiever­houdings spesialise­er, sê die aantal gemengde families in Suid-Afrika is nog nie so algemeen soos in Amerika nie. Maar dit kom tog al hoe meer voor en vir baie mense, veral in die middelklas, is dit deesdae die norm.

Skei makliker

Celest sê dit gee mense die vrymoedigh­eid om uit ’n ongelukkig­e huwelik pad te gee. Sy meen tien jaar gelede sou mense twee keer daaroor gedink het voordat hulle skei. Volgens haar was daar baie dinge om te oorweeg en vir ’n vrou was dit veral ’n baie moeilike besluit om te skei.

“Vroue en selfs mans was bang dat niemand anders in hulle sal belangstel nie omdat hulle reeds kinders het. Maar vandag is dinge baie anders. Mense is wel steeds versigtig om ’n nuwe persoon in hul kinders se lewens te bring, maar mense is nie meer bang om ’n verhouding te hê met iemand wat kinders het nie.”

Tog is daar heelwat uitdagings wat soms oorkom en lesse wat geleer moet word wanneer twee verskillen­de gesinne bymekaarko­m om een te vorm.

Só het Kapenaars Ashley Jooste (35) en haar man, Shane (37), uitgevind. Hulle is drie jaar getroud en het albei twee kinders uit hul vorige huwelike. Hulle het ook ’n 11 maande oue baba saam. Ashley het twee dogters, Mika (7) en Sasha (9), terwyl Shane ’n dogter, Gaby (6), en seun, Blake (5), het.

Dit was nie aan die begin maklik om hul families saam te voeg nie en dit is steeds iets waaraan hulle elke dag moet werk, maar hulle hoop dinge sal makliker word soos die kinders ouer word.

Shane se eksvrou woon oorsee en hy kry die kinders tydens vakansies, terwyl Ashley se eksman vyf jaar gelede oorlede is. Ashley sê haar kinders was baie klein toe hul pa sterf en hulle geniet dit om ’n vaderfiguu­r in hul lewens te hê. Maar, voeg sy by, Gaby is“’n regte daddy’s girl”en wanneer haar dogters iets met haar man wil doen, raak sy dogter baie jaloers.

Daar was aanvanklik baie bakleiery in die huis en sy en Shane moes aan die begin leer hoe om die kinders en hul eie verhouding apart te hou.

“Dit was maar moeilik aan die begin, want jou kinders kom altyd eerste en natuurlik wou ons albei ons eie kinders beskerm. Dit het ná ’n tydjie probleme tussen ons begin veroorsaak. Ons het kwaad geword vir mekaar wanneer die kinders nie oor die weg gekom het nie of as hulle ongelukkig was, maar ons het baie daaroor gepraat en soms baklei totdat ons besef het kinders sal maar kinders wees en dat dit oukei is as hulle nie altyd vriende is nie.”

Shane sê op sy beurt sy seun het vir Ashley as ’n tweede ma aanvaar, maar dit is soms nog moeilik vir Gaby en hy gee haar tyd om dit op haar eie te aanvaar.

“Dit sou nie reg wees van ’n ouer om ’n kind te blameer vir hul ongelukkig­heid met jou keuses nie. Hulle het nie vir hierdie situasie gevra nie en elke kind aanvaar dinge op hul eie tyd. Ek dink dit is net belangrik om hulle aanhoudend te herinner dat hulle baie ouers het wat lief is vir hulle en hulle ondersteun. Ons gesels gereeld met al die kinders en probeer om aktiwiteit­e te doen wat hulle sal help met bonding.”

Celest verduideli­k dit kan vir sommige mense moeilik wees om twee verskillen­de families bymekaar te bring. Elke kind is gewoond aan hul familie se manier van dinge doen en mag dalk nie so maklik aanpas as daar skielik ’n nuwe familie met nuwe reëls in die prentjie is nie.

alles vat tyd

Celest sê ’n gemengde familie is nie iets wat sommer oornag gebeur nie. Dit is ook nie ’n besluit wat ligtelik geneem moet word nie.

Sy raai paartjies aan om hul tyd te vat voordat hulle die kinders in die prentjie bring.

Dit is belangrik dat hulle eers mekaar leer ken en dan wanneer hulle regtig ernstig oor mekaar is, met die kinders verhouding­s begin bou.

“As daar dinge is waaroor julle nie saamstem nie, is dit beter om vooraf tussen julle te besluit hoe julle dit gaan hanteer. Dit sal dinge makliker maak vir die kinders. Jy wil nie voor die kinders baklei nie, dit kan hulle angstig maak oor die veranderin­g. Ek vind dit is ook makliker wanneer ouers eers hul lewensmaat se kinders leer ken en dan later al die kinders saam bring.”

Dit is presies wat Donna Martin (37) en haar man, Alex (41), van Stellenbos­ch gedoen het. Donna het ’n dogter, Kelsey (14), en Alex het drie seuns, Marco (9), Rocco (11) en Brendan (13). Die paartjie het ook ’n driejarige baba saam.

doen dinge saam

Hulle is albei geskei en het goeie verhouding­s met hul kinders se ander ouers, wat weer getroud is met hul eie families.

Volgens Donna was sy so lank enkellopen­d dat sy nooit gedink het sy ooit weer sou trou nie.

Sy en haar eks is geskei toe Kelsey drie jaar oud is en kort daarna het hy weer getrou. Kelsey was gewoond aan broers en al was sy die enigste kind in haar ma se huis, was sy gewoond aan sibbe by haar pa se huis. Dus was dit maklik vir haar om haar ma met ander te deel.

“Ek was bekommerd aan die begin, want dit was altyd net ons twee. Ek het nie geweet hoe sy oor ’n nuwe familie sou voel nie, maar al die kinders het my regtig verbaas. Die seuns is so lief vir haar en doen altyd spesiale goed vir haar. Hulle sal ook altyd vir my ’n kaartjie maak,”sê sy.

Alex sê hulle het eers met mekaar uitgegaan en toe later met die kinders, sê hy terwyl hy lekker lag.

Dit was vir hulle belangrik dat die kinders deel word van al hul besluite. Alex het eers alleen met Kelsey en Donna tyd deurgebrin­g, voordat sy seuns hulle ontmoet het. Donna het ook eers tyd met die seuns deurgebrin­g voordat haar dogter hulle ontmoet het. Toe eers begin die twee gesinne dinge saam doen.

“Ons is gelukkig dat hulle onmiddelli­k van mekaar gehou het. Om twee families saam te bring, is nie ’n maklike besluit nie, maar ons is lief vir mekaar en wou saam wees. Ons het dinge baie stadig gevat en met elke deel van die verhouding was dit belangrik om die kinders deel daarvan te maak.

“Toe ons die besluit neem om saam in te trek, het ons hulle ook saam geneem om na huise te gaan kyk. Dit is sulke dinge wat ‘n groot verskil maak.”

Dit mag dalk anders werk as met ’n “gewone”verhouding of gesin, maar wat hierdie families vir ons leer, is dat liefde dieselfde bly al lyk jou familie ’n bietjie anders.

Ek vind dit is ook makliker wanneer ouers eers hul lewensmaat se kinders leer ken en dan later al die kinders saam bring. Celest Robberts

 ??  ??
 ??  ?? die Nuwe gesin
die Nuwe gesin
 ??  ?? gesin 2
gesin 2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa