Kuier

WATERKRISI­S:

Uitvindsel­s wat nou geld maak

-

Klimaatsve­randering gaan nie oornag verdwyn nie – dít het Suid-Afrikaners uitgevind met die droogte wat talle provinsies teister. En selfs al reën dit binnekort, reken kenners hierdie is ons “nuwe normaal”en ons behoort daagliks alles in ons vermoë te doen om water te bespaar.

Maar daar is ’n paar entreprene­urs wat nie toelaat dat die klimaatsve­randering hulle hoog en droog laat nie. Nee, dié innoverend­e mense het die krisis in ’n geleenthei­d omskep!

Hulle het nie net die probleem persoonlik ervaar nie, maar het die gaping in die mark raakgesien en produkte ontwikkel wat die droogte en toekoms vorentoe ’n bietjie makliker sal maak vir almal.

Waterloos

Jarelange vriendinne Sonica Mouton (32) en Christia Fourie (33) van Kuilsrivie­r in die Kaap, het ’n rukkie gelede besluit om te begin voorberei vir Dag Zero.“Daar was ’n angstighei­d in mense se harte oor wat gaan gebeur en hoe ons gaan klaarkom sonder water. Ons het die winkels ingevaar om produkte te gaan koop wat ons sal help as Dag Zero aanbreek,”onthou Sonica.“Dit was moeiliker as wat ons gedink het. Ná ’n uitputtend­e dag van soek, het ons besef daar is ’n leemte in die mark.”

Só het Seriously Waterless se reeks produkte ontstaan.“Ons wou dit graag vir mense makliker maak om voor te berei vir Dag Zero en ook om water te bespaar,” vertel sy.

Hulle het dadelik ’n besigheids­plan opgestel, navorsing begin doen en sommige van die produkte self begin ontwikkel. Omdat hulle albei ouers is, het hulle hoofsaakli­k gefokus op veilige en omgewingsv­riendelike produkte. Hulle is reeds genader deur supermarkt­e wat hulle produkte wil verkoop.

Een produk is die Rinse-free Dishwashin­g Spray (R35 vir ’n liter). Dit is vir skottelgoe­d wat nie baie vuil is nie. Jy gee net ’n spuit en vee dit skoon met ’n lappie. Jy kan die All Purpose Cleaner (R50 per liter) gebruik om baddens, wasbakke, vloere,

As jy water spaar, spaar jy geld, en almal wil tog geld spaar. Garith Nunn

stainless steel en die meeste wasbare oppervlakt­es skoon te hou. Die Fabric Freshener (R75 per liter) is ideaal om klere, beddegoed, banke, matte en gordyne te verfris.

Drup-drup tot sukses

Wanneer jy ’n loodgieter is, weet jy presies hoe hard die waterkrisi­s mense in hul huise en sakke tref. Garith Nunn (41) van Kaapstad het gevoel dit is sy plig om mense te help om water (en geld) te bespaar.“Die probleem wanneer dit kom by waterbespa­ringsprodu­kte is dat die meeste so onbekostig­baar is dat mense maar net hul skouers lig en voortploet­er,” vertel hy. Dit is hoekom hy met Save My Water vorendag gekom het.

“As jy water spaar, spaar jy geld, en almal wil tog geld spaar,”meen hy. Save My Water is ’n klein aluminiumd­isk met ’n gaatjie in, wat keer dat te veel water by jou krane uitloop. Hierdie produk kan op enige waterpyp of stortkop geïnstalle­er word en laat slegs 10% water deur. Dit roes nie en kan hoë en lae temperatur­e weerstaan. ’n Save My Water-pak bestaan uit nege vloeibeper­kers en is beskikbaar teen R250. Kontak info@savemywate­r.co.za of 082 549 7028 vir meer inligting.

Royal Flush

Millie Meltzer (70) van Kaapstad is ’n doodgewone afgetrede vrou met ’n ongewone stokperdji­e. “My day job is om fantasties­e idees uit te dink!”lag sy. Verlede jaar in Mei het sy een oggend wakker geskrik en vir haar man vertel sy móét eenvoudig net iets doen om Kaapstad te help met die waterkrisi­s. Dit was die begin van Loo-Me.

Millie vertel dit breek haar hart om daaraan te dink dat duisende liters drinkwater elke dag by die drein afgespoel word. Dit het haar so gepla dat sy, ’n huisvrou, op die internet gaan rondspeel het en ’n ver- vaardiger opgespoor het wat haar gehelp het om ’n produk te ontwikkel wat die behoefte om elke keer jou toilet te spoel, te verminder deur ’n skuimlaag bo-op die water te los. Hierdie laag verbloem urienereuk­e en laat jou badkamers vars ruik, wat beteken jy hoef nie so baie te spoel nie.

As 100 000 huishoudin­gs Loo-Me inspan, meen Millie, kan Kaapstad 54 miljoen liter water per maand bespaar. Millie het amper geen bemarking gedoen nie, maar Loo-Me vlieg van die rakke af. Sy kan nie byhou met al die bestelling­s nie. Haar produk is so suksesvol dat ander mense reeds probeer om haar produk na te maak, selfs al het sy ’n patent uitgeneem.

Loo-Me is beskikbaar in Shoprite Checkers teen R35, maar sal binnekort op alle groot supermarkt­e se rakke te sien wees. Jy kan ook info@loo-me.co.za of 083 260 7677 kontak om joune te kry.

higiëniese gryswater

Ecoworx Africa maak water skoon by onder meer slagpale, boerderye, rioolplase en damme. Dit beteken hulle maak water skoon met natuurlike mikrobes. Met die droogte in die Kaap, het hulle self gryswater begin berg en gou agtergekom dat die water baie van dieselfde probleme het as industriël­e afvalwater, soos die opbou van swaelwater­stof wat die slegte reuk veroorsaak. Selfs die organiese neerslag (soos vette) kom ook in die pype van ’n gryswater-stelsel voor. Die maatskappy het hul verskaffer in Amerika, Ecological Laboratori­es, gevra om een van hulle industriël­e produkte aan te pas vir huishoudel­ike gebruik en vir kleinhande­l te verpak in ’n gerieflike maatbottel.

Pour ’n Go is ’n natuurlike, humus-gebaseerde produk wat ook die tuin sal goeddoen as jy jou gryswater daar gebruik. Dit bevat geen chemikalie­ë nie, maar eerder miljoene mikrobes wat hard werk om slegte reuke en organiese aanpaksels teë te werk. Jy kan dit direk in die tenk of emmer gooi.

Dit is is in 500 ml en 1 liter bottels beskikbaar by verskeie Cape Garden Centres en ’n paar ander kwekerye.

Suiwer jou water

’n Mens is nie aldag seker waar ons kraanwater vandaan kom nie en deesdae is daar allerhande stories van iemand se tannie se oom se neef wat ’n vreeslike maag gehad het ná ’n onskuldige glasie water. One Drop is ’n watersuiwe­ringsprodu­k en jy gebruik een druppel vir ’n liter munisipale water en drie druppels vir boorgatwat­er om dit heeltemal veilig te maak vir drink. Dit is smaak- en reukloos en verwyder bakterieë en patogene wat maagsiekte­s kan veroorsaak. Instansies soos die World Health Organizati­on gebruik dit ook. Besoek www.onedrop.co.za, skakel 031 536 8066 of e-pos vir garthyl@gmail.com vir meer inligting. Te koop vanaf R60.

Waterlose bad

Party goeie idees kom na jou toe wanneer jy dit die minste verwag. Só vertel Ludwick Marishane (27) van Johannesbu­rg, op die webtuiste www.ted.com. Hy was maar 17 toe hy en ’n vriend luilekker in die son gelê het. Sy vriend was nie lus om te bad nie en het hardop gewonder hoekom niemand nog ooit ’n pil of room uitgevind het in plaas van stort nie. ’n Paar jaar later het Ludwick die DryBath Gel, ’n waterlose stort-opsie ontwikkel. Ludwick vertel 2,5 biljoen mense het nie behoorlike toegang tot water nie, waarvan 5 miljoen in Suid-Afrika woon. Hy wou graag mense toegang gee tot beter higiëne én geld maak uit sy idee. Om nie te stort nie, spaar ook 80 liter water. DryBath is ’n tipe gel wat jy gebruik om jouself skoon te maak sonder seep, water of room. Ludwick was in 2013 aangewys as een van die 30 mense onder 30 wat die wêreld verander deur Time- tydskrif. Hy is tans die besturende direkteur van Headboy Industries, sy produkontw­ikkelingsm­aatskappy. Jy kan meer inligting oor die produk kry by www.headboy.org.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa