Kuier

Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Vraag HET NIE LUS NIE

Ek is 60 jaar oud. Ek en my man hou van seks, maar ek kry nie gevoelens nie. Ek is droog. Gee tog raad. Ek voel skaam as ek sê ek kry nie gevoelens nie. Wat kan ek gebruik om gevoelens te kry? Help asseblief.

HULPELOOS Antwoord BESTE HULPELOOS

Dit is ’n algemene probleem wat mans en vroue raak, maar nie maklik is om oor te praat nie. Ons noem dit jou libido of sekslus. Daar is baie redes hoekom jou sekslus kwyn of afwesig is. Jy moet glad nie skuldig of sleg voel nie, want baie oorsake is buite jou beheer.

HORMONE: Om lus te wees vir seks en dit te geniet, moet jou hormone in balans wees. Afhangende van die tyd van die maand of hoeveel testostero­on (die hormoon wat sekslus ondersteun) jou liggaam vervaardig, sal jy minder of meer sekslus het. Heelparty vroue in hul menopouse het minder estrogeen (dis normaal) en dit lei tot vaginale droogheid.

Die vaginale wand kan ook dunner en minder soepel wees. Tydens seks kan dit brand, jeuk, soms bloei en pynlik wees.

RAAD: Gebruik vaginale smeermidde­ls wat jy sonder ’n voorskrif kan koop. Vermy smeermidde­ls met ’n petroleumb­asis en gebruik ’n smeermidde­l met ’n silikoonba­sis.

Replens is ’n nie-estrogeen-vogmiddel wat die vaginale weefsel help herbou en lubrikasie tydens seks vermeerder. Indien die ginekoloog dit aanbeveel, mag jy ’n estrogeenv­aginale smeermidde­l gebruik. (Dié raad is veral vir vroue wat sekere kankers het wat medikasie gebruik om hul estrogeenv­lakke te verminder.)

Moenie die fout maak om jou sekslewe te vergelyk met wat jy op televisie sien nie – dis nie altyd waar nie en dan streef jy iets na wat glad nie haalbaar is nie. Dit kan lei tot meer frustrasie en dan word dit ’n bose kringloop.

SIEKTES: Sekere siektetoes­tande kan ook jou lus verminder. Goeie sirkulasie en gesonde senuwees wat werk, is nodig vir goeie sekslus. Diabetes kan dit belemmer en die beheer van jou diabetes is baie belangrik. Depressie, angstighei­d, onderaktie­we skildklier en anemie kan ook jou sekslus demp.

Ander siektes wat baie pyn tydens seks veroorsaak, is endometrio­sis, fibrome en artritis.

RAAD: Besoek jou huisdokter of kliniek om hierdie siektes uit te skakel.

MEDIKASIE: Daar is navorsing wat bewys dat sekere medikasie jou sekslus kan verminder, soos byvoorbeel­d die pil wat ’n hormoon-voorbehoed­middel is. Daar is ander metodes van geboortebe­perking soos middels wat binne-in die baarmoeder geplaas kan word. Party vroue gebruik hormoonpil­le vir die simptome van

As jou sekslus kwyn of afwesig is, is dit belangrik vir julle albei om aan hierdie“probleem” te werk en saam ’n oplossing te kry.

menopouse en dit kan sekslus verminder. In sulke gevalle, kan jy jou leefstyl verander deur minder kaffeïen, suiker en alkohol te gebruik, te oefen en ’n goeie slaappatro­on te hê.

Sekere anti-depressant­e kan ook sekslus verminder. Bespreek dit met jou psigiater of psigiatrie­se verpleegst­er om dit te verander. Moenie self probeer om die pille ongereeld te gebruik nie, want die chemiese behandelin­g van die depressie sal dan nie effektief wees nie. Sekere medikasies vir hoë bloeddruk en anti-histamiene kan ook

sekslus demp. SIELKUNDIG­E EN SOSIALE REDES: Verhouding­sprobleme, gebrek aan kommunikas­ie, trauma in die verlede, geen privaathei­d, stres, moegheid, min selfvertro­ue, verveeldhe­id, min intimiteit, alkohol- en dwelmmisbr­uik kan ook ’n negatiewe effek op sekslus het.

Nuwe ma’s kan oorweldig word met al die nuwe verantwoor­delikhede en dit kan bydra tot ’n verminderd­e sekslus.

Dis belangrik om duidelike grenslyne vir die slaapkamer te hê. Los ook jou jou foon, TV en rekenaars buite jou slaapkamer. Dit kan ’n groot sekslusdem­per wees. Dit is belangrik om te onthou dat seks ’n “vennootska­p”is met jou metgesel. As jou sekslus kwyn of afwesig is, is dit belangrik vir julle albei om aan hierdie“probleem”te werk en saam ’n oplossing te kry. Berading is een van die maniere om dit te doen.

 ??  ?? SMS KUIER DOKTER en jou vraag na 37172 (R1 per SMS), of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR. GENINE in die onderwerpl­yn.
SMS KUIER DOKTER en jou vraag na 37172 (R1 per SMS), of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR. GENINE in die onderwerpl­yn.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa