Kuier

KuierCoach

Wat jy van jouself dink is belangrik, want dit beïnvloed hoe jy jou lewe lei en hoe jy teenoor ander optree.

- DEUR SYDENE CLOETE Sydene Cloete is ’n geregistre­erde selfbeelda­frigter en persoonlik­e stilis op Stellenbos­ch. Dié gebore Namakwalan­der help vroue om nie net hulle klerekas en voorkoms met nuwe woema te benader nie, maar ook hul selfvertro­ue te verbeter.

Wanneer ons klein is, word selfstandi­gheid aangemoedi­g. Alles wat ons vir die eerste keer leer doen, word met groot applous aangepor. Van die eerste keer dat jy as baba op jou maag seil tot kruip en later ook die lomp treetjies en die waggelende drafstappi­e.

Sonder dat ons regtig daaroor dink, word ons aangemoedi­g om ons selfvertro­ue te ontwikkel sodat ons onafhankli­k kan regop staan en loop. Dis alles maniere om ons vertroue en selfbeeld op te bou.

Hoe gebeur dit dan dat ons jare later as grootmense dikwels met ’n swak selfbeeld of selfs ’n meer ernstige en sielkundig­e afwyking sukkel? Die antwoord is dieselfde. Die wêreld rondom ons kry ons onder. Ons word deur ander mense afgetakel of selfs meegesleur deur die negatiwite­it wat ons in die media sien. Soms is dieselfde mense wat ons selfvertro­ue help vestig het, skielik dié wat dit weer stukkie vir stukkie afbreek.

Net wanneer jy die dag dalk mooi en onafhankli­k genoeg voel, word dit weens ’n lae selfbeeld skielik ’n vreeslike ding om goed oor jouself te voel en nie bekommerd te wees oor wat ander van jou dink nie. Dit voel dalk vir jou asof almal skielik met jou foutvind en asof alles wat jy doen onder die vergrootgl­as geplaas word.

Jy word afhanklik van mense se goedkeurin­g en begin jouself deur hul oë sien. As iemand vir jou sê jy lyk mooi, maak dit jou dag. Jy koester hul kompliment­e en dit laat jou voel asof jy iets werd is.

As iemand egter met afkeur na jou kyk en/of ’n snedige aanmerking maak, voel jy heeldag sleg. Jy vroetel heeltyd met jou klere en koes vir jou spieëlbeel­d. Jy vergeet wie jy regtig is, want jy laat jou waarde bepaal deur mense. ’n Swak selfbeeld lei tot ’n gebrek aan eiewaarde. Dis byvoorbeel­d wat gebeur wanneer jong vroue by al die verkeerde mans emosionele en fisiese aandag soek. Dit is ook waarom vroue dikwels sukkel om weg te loop van verhouding­s waarin hulle mishandel word. Maar dis nie die ergste nie. ’n Swak selfbeeld kan ook tot narsisme lei. Omdat jy nie van jouself hou nie, gebeur dit soms dat jy ander mense as benede jou sien. Jy word venynig en beledigend teenoor enigiemand wat ’n goeie selfbeeld het; wie se teenwoordi­gheid jou ongemaklik of minderwaar­dig laat voel.

Om selfvertro­ue en ’n goeie selfbeeld te hê, is dus nie om te dink jy is beter of mooier as ander mense nie en ook nie om jou met ander te vergelyk nie, maar om te weet jy is die beste weergawe van jouself.

OUDERDOM

Die goeie nuus is dat dit vir die meeste van ons beter word namate ons ouer word.

Sommige van ons kyk egter vas teen die spieëlbeel­d van die samelewing. Ons weier om te aanvaar dat ons ouer word en selfs fisies verander. Die volwasse rondings

“There are no ugly women in the world, just lazy ones.” – Coco Chanel

en plooie word ’n vloek. Ons sukkel om weg te stap van die foute van die verlede; om ons minder te steur aan ander mense se menings oor wie ons is en hoe ons ons lewens lei.

Eintlik behoort ouderdom jou beste vriendin te wees – die een ding wat jou kan beskerm teen die oordeel van mense.

Dit behoort jou selfvertro­ue ’n hupstoot te gee en ons anders na onsself te laat kyk. Met ’n positiewe selfbeeld word daai ronde boude en breër heupe skielik kurwes. Jou groter borste lyk skielik meer sexy. Jy aanvaar jouself net soos jy is – tot jou natuurlike krulhare.

Ook met ouderdom groei ons emosionele intelligen­sie en ons leer om gevoelens te sif en wat ons in ons lewens toelaat en wat nie. Ons leer om kompliment­e met grasie te aanvaar en uit te deel. Maar ons grootste oorwinning in ons strewe na ’n goeie selfbeeld, is om die stem van jou siel te hoor bo die geraas in jou kop. Maak moeite met jou voorkoms. Kom uit jou gemaksone. Dis ons grootste rooisone. ’n Gesig kan mooi wees, maar ware skoonheid kom van binne.

Jou brein glo net dit wat jy vir jouself vertel en jou liggaam reageer dan daarop.

Ek daag elke vrou uit om haar skoonheid op te eis en haar selfvertro­ue te groei. Skryf sommer ’n positiewe boodskap op jou badkamersp­ieël wat jou elke oggend begroet. Lees dit, kyk jouself in die oë en glo dit.

Op my eie spieël staan geskrywe:“Good morning, beautiful”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa