Kuier

Wat die hart van vol is

Die waterskaar­ste gee almal ’n knou, maar met die regte houding en planne in plek kan ons dit oorleef.

- Deur Brenden Ruiter

My moedswilli­ge vriend uit Namakwalan­d stuur my onlangs ’n boodskap. Daai moedswilli­ge vriend van my wat nooit weet waar grap eindig en realiteit begin nie.

Hy sê hy weet nie hoekom Kapenaars so ’n ophef maak oor die waterbeper­kings nie, want Namakwalan­ders ken al jare watertekor­t.“Sê vir die Kapenaars Namakwalan­ders doen al die jare hul swemkursus­se deur afstandson­derrig!”sê die moedswilli­ge.

My broer het nooit leer swem nie en ek is nie seker of hy dit aan die droogte kan toeskryf nie, maar dit het hom een keer amper sy lewe gekos. Ons het by my swaer gekuier en diegene wat kon swem, het geswem en dié wat nie kon nie, het in die vlakwater rondgeplas. Ná so ’n rukkie sien almal net ’n gespartel en hoor my broer wat om hulp skree:“Help, help!”

Die vroumense gil en die kleingoed huil en mens sien net arms en bene soos die drenkeling sukkel om kop bo water te hou.

My swaer, ’n baie kalm ou, staan op, vat ’n sluk van sy bier sê in ’n rustige stem:“Swaer, staan net regop.”Toe my broer regop kom en sy asem terug het, besef hy die water kom net tot by sy knieë.

Nou daar is baie mense wat nie weet hoe dit voel om gebrek te hê nie, veral nie watergebre­k nie. Maar die realiteit is dat miljoene Suid-Afrikaners nie weet hoe dit voel om ’n kraan oop te draai en water te sien uitkom nie. Miljoene weet nie wat dit beteken om ’n toilet te spoel nie. Dis amper soos wat die ouderling in ons kerk van armoede gesê het:“Dis nie ’n skande nie, net bietjie ongeriefli­k”. Hoewel daar sedert 1994 groot vordering gemaak is om skoon drinkwater aan almal beskikbaar te maak, moet baie mense nog van gemeenskap­like krane gebruik maak en selfs water uit putte of riviere skep. Suid-Afrika is een van die lande met die laagste reënval in die wêreld. Die wêreldgemi­ddelde is 860 mm reën, terwyl SuidAfrika net 500 mm reën kry. So my vriend is dalk reg as hy sê ons moenie die tjeeners met die badwater uitgooi nie. Ons moet net lewe met die besef dat ons in ’n waterskaar­s land woon en alle moontlike pogings aanwend om water te bespaar. Waterprobl­eme is ook nie nuut nie en sal nog vir lank met ons wees. So lank kom die probleem met water al aan dat my pa vertel het van ’n droogte in die laat-vyftigs, vroeg-sestigs. Dit was glo so droog dat die tjeeners in die dik sand van die rivierloop geswem het. Die tjeeners wat gedoop moes word, se ouers moes hul eie water bring en die plaaslike kroeg het water verkoop met whisky by. Toe die probleem te groot word, het die leierskap van die dorp besluit om ’n week van gebed van stapel te stuur. Op die eerste aand het die pedikante van die verskillen­de kerke op die dorp elkeen ’n kort boodskap gebring, waarna elkeen teenwoordi­g ’n geleenthei­d gekry het om te bid. Daar was lang en kort gebede, sommige het in tale gebid terwyl die trane oor ander se wange gerol het. Een antie het so meegevoer geraak dat hulle haar moes bybring. Dit was bietjie moeilik, want daar was niks water nie. Daar was letterlik geween en gekners. Elke aand het die gebede ál feller geword en soms het een of ander oom afgedwaal. Dan is daar sommer gebid vir“tjeeners wat nie wil hoor nie”en “wysheid vir die heersers van die land”.

Deur dit alles was daar ’n oom wat agter in die saal gestaan het. Aand ná aand het die oom net na gebede geluister en beaam en niks gesê of gedoen nie. Op die laaste Sondag kondig een van die predikers aan dat daar nog tyd vir een gebed is voor hulle afsluit. Dis toe dat die oom hoed in die hand vorentoe beweeg en stelling inneem.

Hy begin bid en noem elke jaar se reënvalsyf­er van die voorafgaan­de dekades. Teen die einde van die gebed sê hy:“Here, maak asseblief die sluise van die hemele oop en laat dit reën. Laat dit reën soos in 1944 . . .”Hierna bly hy so oomblik stil en gee ’n lang fluit.“Here, darem nie so erg soos 1944 nie, dit was darem te erg.”

As ons almal saamwerk, dan kan ons die krane oophou. Bad of stort met minder water, moenie swembadden­s vol maak nie, al is dit ook net kniehoogte. En hou aan bid vir reën. Ek is seker Kapenaars sal nou enige bietjie reën waardeer, al is dit nie so erg soos in 1944 nie . . .

Ons moet net lewe met die besef dat ons in ’n waterskaar­s land woon en alle moontlike pogings aanwend om water te bespaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa